Departement gekap oor plasing van leerders

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is in die proses om ’n regsbrief aan die Gautengse departement van onderwys te rig om die departement te verplig om toelatingsregulasies korrek toe te pas wanneer hulle gr. 1- en gr. 8-leerders by skole plaas.

Ouers het tot einde Julie geleentheid gehad om hul kinders deur middel van die departement se aanlyn platform by ’n skool van hul keuse in te skryf.

Volgens Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS, het die departement egter die afgelope week met ’n baie eensydige proses begin om leerders in skole te plaas, sonder inagneming van skole se insette.

Die SOS het van verskeie skole verneem dat die departement leerders wat die naaste aan skole woon, voorkeur gee bo leerders wat ook binne die voedersone woon, al het hierdie leerders se ouers nie eerste aansoek gedoen nie.

“Volgens die regulasies moet leerders wat eerste aansoek doen en binne die skool se voedingsgebied woon eerste geplaas word. Die SOS wil ook verseker dat die departement die leerder en skool se taal van onderrig en leer in aanmerking neem by die plasing van leerders,” sê Buys.

Afrikaanse leerders wat binne sekere skole se voedersones woon en binne die eerste uur aansoek gedoen het, word nou van die lys verwyder ten gunste van Engelse leerders wat nader aan die skool woon, maar baie later eers aansoek gedoen het om toelating, aldus die SOS.

“In die meeste gevalle waar hierdie leerders hul plek verloor in Afrikaanse enkel- of parallelmediumskole is daar geen ander Afrikaanse skole binne die voedersone nie.”

Die departement het ook Maandag ’n boodskap aan verskeie ouers gestuur waarin hulle vereis dat ouers fisiek hul woonadres by die departement se kantoor in Johannesburg moet gaan bevestig.

Die SOS is egter bly om te verneem dat die boodskap Dinsdag teruggetrek is, aangesien die regulasies bepaal dat stawende dokumentasie vir aansoeke slegs by die betrokke skool ingedien moet word.

“Volgens die departement behoort die aanlyn platform ouers en skole moeite te spaar, maar ons sien toenemend dat dit net meer moeite en chaos veroorsaak,” sê Buys. Sy raai ouers aan om enige soortgelyke boodskappe vanaf die departement te ignoreer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ra Amon Khan ·

Al die moeite en kinders weet nog steeds niks na matriek nie …bring terug die ou 80’s en vrroëe 90’s se sillabus …en boeke.

Swanna ·

Hirdie is met opset gedoen om sodoende die Afrikaans sprekende skole oor te skakel na engels mediam. Weereens alles gemik teen die afrikaans sprekende persone. Maar dan wil ek ook by se dat ons ook skuldig is in die saak. Die dag toe almal begin het met hierdie “SUPER” skole idee wat eintlik ‘n siekte is om jou kind te laat koop om by ‘n “sekere” ” super skool” in te kom en as iets wat uit die hemel neer gedaal het te laat sien, is dit maar net ‘n ander manier van “kinder arbeid” en jy as ouer te sleg is om na jou kind om te sien en te betaal soos jy moet maar nou moet die kind werk vir sy skool gelde en as hy/sy so beseer word in baie gevalle word die beurs net daar gestop en sy/hy word net nog ‘n arm laastige leerder in daai skool. Weet van heelwat gevalle waar dit gebeur het.

Ronel ·

Eks glad nie verbaas hierdeur nie. Overvaal-debakel wat wag om te gebeur.

Mamma ·

Dis baie duidelik dat die departement se doelwit om Afrikaans in skole tot niet te maak hier in werking gestel word.

Hanna Hoekom ·

En die rede daarvoor is doodeenvoudig die standaarde wat in hierdie skole gehandhaaf word. Solank daar uitnemende, Afrikaanse skole is, sal die aanslag voortduur! Lesufi sal eers gelukkig wees as alle skole op dieselfde standaard is: laag.

JohanL ·

Hoekom is daar skynbaar net (groter) probleme in Gauteng as dit by skole kom? Mens lees nie van sulke probleme in die Wes-Kaap of ander provinsies nie.

Dell ·

Dit is in gauteng ‘n probleem, want Lesufi met sy haat vir afrikaanse skole en hulle etos is die LUR. Sy politieke agenda beteken die uitwissing van Afrikaanse skole met hierdie stelsel.

Hanna Hoekom ·

Toemaar, die Weskaap “ontvang” elke jaar duisende leerders uit die Ooskaap! En dan moet daar omtrent geskarrel word om vir hulle plek te vind.

koos ·

Maak soos almal maak wat nie aansoek doen nie. Vat jou kind op die eerste dag van skool na die skool van jou keuse. Indien jy nie plek kry nie, maak ‘n klomp mense bymekaar en betoog tot daar plek is. Dis die Afrika manier.

Zumie ·

Nou wanneer kom ons agter dit is ‘n proses wat ingestel is om die demografie van ons skole te verander?

Ongeduldig ·

Hulle WIL Afrikaans UIT hê en dis nou een manier wat hulle gebruik om dit te doen! They rule the rooster!

Veritas ·

Dit gaan alles oor die haat wat teen die Afrikaner gekoester word. Lesufi en sy kornuite kry elke jaar bloedneus deurdat Afrikaanse skole so goed presteer op akademiese gebied. Dit moet ‘n bitter pil wees om te sluk wanneer resultate daarop dui dat Afrikaner-kinders bogemiddeld presteer ten spyte van die departement se veldtog om Afrikaans, op enige moontlike manier, te onderdruk. Die gehalte van onderrig en dissipline by Afrikaanse skole is van ‘n baie hoër standaard as dié van Engels-medium skole as gevolg van die Afrikaner se nasie- en taaltrots maar die Departement van Onderwys sal dit nooit erken nie.
Solank ons as Afrikaners, in hierdie land, die standaard in Afrikaanse skole hoog hou, sal die aanslag teen ons taal nooit ophou nie. Die vyand probeer hul bes om ons standaard af te breek sodat hulle beter kan vertoon en dus nie meer minderwardig hoef te voel nie.

John ·

… maak soos hy wil en Cyril is tjoepstil. Dit gaan nie net oor Engels nie. Op diè wyse kan die huidige onderwyskorps ook uitfaseer word en die handjies die geldlaai bykom… onthou die Creamora staan bo. Duidelik gaan wit leerders, al sou hulle oorslaan na Engels, ook nie by die school nextdoor welkom wees nie, want hulle is te slim… en die Lefoefie-plan loodreg gerig op die ANC-droom vir rommelstatus.

Alma ·

Dit is kommerwekkend! En wat die ergste is is dat dit nie oor die kinders gaan nie maar om Afrikaans dood te maak. Daardie Engelse leerders gaan sukkel om te vorder as hul skielik in n ander taal moet onderrig kry. Maar hel, wie gee om, solank Afrikaanse skole tog net vernietig kan word. En tien teen een gaan al daardie leerders ook nie skoolfonds betaal nie, so die skole verarm. Op die ou end het hulle wat hulle wil he – ordentlike skole in die patetiese toestand waarin alles anders is.

Ditsem ·

My Kind gaan volgende jaar Gr 1 toe en ons het binne die eerste halfuur my kind ingeskryf. Die hel gaan los wees as my kind nie in die skool geplaas is van my keuse nie!

Liekie ·

Lesufi het altyd ‘n agenda !!
Wens hy kan verkas …. uit onderwys uit.

kolla ·

Ek reken dis ‘n goeie ding dat alle skole en opleidingssentrums net in Engels klasgee siende dat almal in elk geval Engels as vak MOET neem of jy nou tans of in die verlede in ‘n Afrikaanse skool is/was of nie. Jy kan mos jou eie taal uitleef by die huis en in enige ander plek.

Schalla ·

Glad nie! BAIE belangrik om dit nie net by die huis uit te leef nie, maar in die openbare sfeer. Woon Afrikaanse inisiatiewe by. Doen navrae by besighede in Afrikaans, veral as jy sien die persoon van Discovery met wie jy emails verwissel se van is Botha of Van Rensburg – vir wat sal julle dan in Engels voortsukkel???

Ek neem my suster in NZ as voorbeeld…. Hulle praat Afrikaans in die huis (het) , maar hul kinders kommunikeer 80% van hul dag in Engels…. Dit syfer deur na die huis en mens verleer jou taal. Daai kinders is nou regte Kiwis.

In hulle geval, glo ek nie dis sleg nie want hulle het immers gekies om te emigreer en dit was een van die goed wat hulle moes prysgee. My punt is dis alles goed en wel om te sê jy kan mos nog jou taal by die huis praat, maar ek vind selfs in my eie lewe, dat oor ek so konstant by die werk in Engels werk en kommunikeer ek myself begin uitvang dat ek in Engels begin dink en dit laat my skrik, want dit sê vir my ek is besig om te verengels!

So nee, as hulle jou taal tot kombuistaal begin beperk dan wen hulle die stryd om jou taal uiteindelik heeltemal uit te wis.

Ons Afrikaners en Afrikaanses, sal buite die huis ook ons taal moet uitleef as ons wil hê hy moet oorleef. Beperk hom tot die huis en hy sal doodgaan…

kolla ·

My kinders is almal na Engelsmedium skole toe gestuur. Ek kan dit aanbeveel, dit het hulle net goed te pas gekom in hul loopbane.

Penellope Jones ·

Dis maar net houvas wat die departement op ouers het om te maak soos die departement wil – subtiele ‘diktatorskap’

Swanie ·

Hulle wil meerderheid in skool wees, meer wit kinders met messe en skêre te steek en onderwysers se bloudruk op te jaag

Disselboom ·

Die verontwaardiging oor staatshantering van onderwys is geregverdig, maar die reaksie bly maar reaksie: neem pro-aktiewe aksie en gaan klop by die privaatskole aan. Daar is meer as net Curro, en daar is pragtige Afrikaanse Christelike skole wat onafhanklik is en die stille mag in wording is in die onderwys. Dis pro-aktief om daardie skole te ondersteun – om staatskole se dinge te verander, moet daar ‘n bewindsverandering wees, wat nie maklik gaan gebeur nie.

TDW ·

Kan ons nie maar vir die Clintons op Lepufi sit nie? Ek hoor hulle het 100% sukseskoers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.