Departement gemaan oor nie-betaling van internskappe

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Solidariteit Jeug het die Gautengse departement van gesondheid gemaan om persone wat mediese internskappe doen en onlangs geplaas is, maar nie die afgelope week betaling ontvang het nie, dadelik te betaal.

Die organisasie het voorts bekend gemaak dat hy Maandag ʼn klag by die departement van arbeid gaan indien rakende dié nie-betaling.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat dié interndokters, -aptekers, en ander ondersteuningsdienspersoneel wat pas geplaas is, nie die salaris wat hul toekom aan die einde van Januarie ontvang het nie.

Volgens Paul Maritz, koördineerder van Solidariteit Jeug, het die betrokke persone op 29 Januarie ʼn e-pos ontvang wat aanvoer dat hulle nie ʼn salaris vir Januarie gaan ontvang nie, omrede hulle poste eers op 24 Januarie op die stelsel gelaai is, en dus te laat was vir die betalingstelsel.

“Meeste van die studente werk egter al sedert 2 Januarie, wat meer as genoeg tyd vir die provinsiale owerheid gelaat het om die studente se poste op die sisteem te laai. Dié persone het finansiële verantwoordelikhede wat hulle moet nakom, dus is dit nie regverdig dat hulle moet bontstaan as gevolg van die departement se ondoeltreffende administrasiestelsel nie.”

Persone wat hierdeur geraak word kan ʼn e-pos stuur na [email protected]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries du Toit ·

Hier kom nog n oopvlek van korrupte aktiwiteite. Siek spul die ANC regering

EP ·

Dit is a.g.v korrupsie dat die staatshospitale in toestand is, waar in hulle is. Hierdie arme “interns” het ses/ sewe jaar se studieskuld en dan werk hulle tot 36/48 uur skofte met geen betaling. “ Banana ?Republic.

Staatsamptenaar ·

Ek is self n staatsamptenaar en is baie baie benoud oor wat ek vandag in die Rapport gelees oor GEPF maar ook oor die algemeen die stand van sake by my Departement.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.