Departement gereed vir matriek-eksamen

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het Dinsdag bevestig hy is gereed vir die 2016 Graad 12 Nasionale Sertifikaat-eksamen.

Die portefeuljekomitee oor basiese onderwys het met ʼn span van die departement vergader oor hul gereedheid vir vanjaar se eksamen.

Die departement het in ʼn verklaring gesê alle sentra en kandidate is geregistreer en die data word nou finaal geverifieer. Eksamenvraestelle is opgestel en ekstern gemodereer.

Daar is 677 141 geregistreerde voltydse en 150 183 deeltydse kandidate wat aan die eksamen sal deelneem. Dit is 9 000 meer kandidate as in 2015 en die grootste aantal kandidate is in KwaZulu-Natal en Gauteng, onderskeidelik 169 769 en 112 069.

Daar is ʼn afname in kandidate wat wiskundegeletterdheid gekies het, maar ʼn toename in wiskunde.

Rufus Poliah, departementele hoof van openbare eksamens en assessering, het aan die portefeuljekomitee gesê dat daar verbeterings gemaak is in toegang, regstelling en gelykheid. Hy het ook gesê die departement het op stelselgereedheid gefokus, maar ook programme geïmplementeer om seker te maak dat leerders ondersteuning ontvang. Dit sluit taalondersteuning, vakspesifieke inhoudondersteuning en ondersteuning vir gevorderde leerders in.

Alle stoorfasiliteite oor die land heen sal geoudit word om seker te maak dat dit ten volle voldoen aan die minimumveiligheidstandaarde sodat geen vraestelle uitlek nie.

Die eksamen begin op 26 Oktober en duur tot 29 November. Die uitslae sal na verwagting op 4 Januarie 2017 bekend gemaak word.

Matrieks van 2016 kan hul matriekuitslae, danksy Maroela, in Januarie kry op die beste moontlike plek: tuis, op hul fone, op die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet. En dis boonop gratis. Registreer nou om ʼn SMS te ontvang sodra jou uitslae beskikbaar is.

Maroela Media wil vanjaar ook erkenning gee aan Afrikaanse skole se toppresteerders in die matriekeksamen. Ons nooi alle matrikulante, wat na verwagting AGT of meer onderskeidings gaan verwerf, om aan die projek deel te neem. Registreer hier indien jy agt of meer onderskeidings verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tonginniekies ·

Ek “worry”saam, die “A” op die vraestel wil juis begin lyk na die internasionale simbool vir anargie…

Basson ·

Net jammer die vraestelle wat in Afrikaans afgele gaan word, word deur ‘Google Translate’ gejaag? (Te oordeel aan sommige van die Rekord eksamenvrae se sinskontruksie en taalgebruik.)

m ·

Mens wonder ma net hoe gereed is die lot wat hele jaar afgebrand en klippe gegooi het of gaan hulle weer op hope deurgesit word………..

Kiepie ·

Sterkte aan al die kandidate wat die eksamen gaan aflê. Baie dankie aan elke onderwyser wat daardie ietsie ekstra ingesit het omdat julle omgee vir ons kinders. Mag julle elkeen beloon word in die komende eksamen volgens die insette wat julle gelewer het.

Louise E. ·

Dis asof als wat die ANC “doen” mens tog vir hul goue sterretjie moet gee? Is die prosedures nie standaard in elke land?

Maar ag, mooi so hoor…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.