Departement glo sportkwotas ‘bring einde aan stereotipes’

Siya Kolisi, kaptein van die Springbokke.

Die departement van sport en ontspanning meen die departement se transformasiehandves sal ʼn einde bring aan stereotipering in sport en daartoe lei dat die meerderheid Suid-Afrikaners weerspieël word in die land se sportliggame en atlete.

Dit volg nadat Solidariteit vroeër vandag ʼn aansoek by die arbeidshof in Johannesburg ingedien het om die departement se transformasiehandves onwettig te laat verklaar. Die respondente in die saak is die minister van sport, tesame met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Krieket Suid-Afrika (KSA), Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Netbal Suid-Afrika (NSA) wat almal Solidariteit se aansoek teenstaan.

Vuyo Mhaga, woordvoerder van die departement, hou egter vol dat kwotateikens nie sal veroorsaak dat spelers in nasionale spanne beland wat dit nie verdien nie. “Solidariteit is teen transformasie in ons land en ons is hier om dit te verdedig. Indien ons versuim om dit te doen, sal die meerderheid mense in hierdie land nie in die sportliggame en ons atlete weerspieël word nie,” het Mhaga gesê.

Betogers buite die hof. (Foto: Reint Dykema)

Hy meen die handves sal Suid-Afrikaners dwing om weg te beweeg van stereotipes wat dit stel dat sekere sporte vir sekere rassegroepe is. “As jy na krieket gaan kyk, is die beste krieketspeler swart. Kagiso Rabada is die beste bouler nie net in Suid-Afrika nie, maar in die wêreld en hy is swart. Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, is swart en hy is nie daar oor die kleur van sy vel nie.”

Mhaga meen dat transformasieteikens vir spelers van alle rasse die geleentheid bied om hul talente ten toon te stel. “As ons nie hierdie transformasie afdwing nie, sal daardie soort talent en diversiteit van ons land nie gesien word nie.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in die hof. (Foto: Reint Dykema)

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër aan Maroela Media gesê die uitsluiting van sportmense op grond van velkleur is ʼn skending van die grondwetlike reg op gelykheid en menswaardigheid. “Op vele vlakke is daar geen regverdiging vir rasseteikens nie. Dit sluit mense uit wat op grond van meriete gekies behoort te word en daarom is dit ʼn skending van die reg op menswaardigheid en gelykheid,” sê Hermann.

Hy sê die transformasieteikens is ironies genoeg ook nadelig teenoor die bevolkingsgroep wat dié teikens veronderstel is om te bevorder. “Die hang ʼn permanente bordjie om swart spelers se nek wat lees ‘Ek is ʼn kwotaspeler’, selfs al is daardie speler eintlik volgens meriete goed genoeg om gekies te word.”

Die hof het uitspraak voorbehou om te beslis of die saak in die hof aangehoor sal word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Irma ·

Hahahaaaaaaa, lyk vir my hulle leer ook nie. As kleur in plaas van talent en prestasie die norm in sport gaan word kan ons maar net staan en toekyk hoe sport in skole dieselfde pad as bv eskom gaan loop. Totale verval. O jaaa, hulle sal darem sportsakke en sportklere kry, wat hulle nie tevore gehad het nie. Mens moet waarskynlik maar min begrip en verstand hê om steeds sulke uitlatings te maak en te dink dit gaan werk.

BR ·

Irma mooi volledig uiteengesit.Die beste rugbyspelers word oorsee gekoop. Dit maak ons rugby elke dag swakker, totdat dit n micky mouse speletjie is.

Akademi Buktu ·

Hoe gouer alle sportsoorte behoorlik “transformeer” hoe gouer sal hulle so puik presteer soos Bafana-bafana. Moet darem erken, dit lyk asof die meeste op pad is.

Werner ·

Vuyo Mhaga het ‘n nuwe woord geleer en dit glo hy sal die wa deur die drif trek … stereotiperning.

Chris Ws ·

Ek se nog Solidariteit en AfriForum moet die internasionale sportbeheerliggame wereldwyd inlig wat hier aangaan .Dis rassisme teen Blankes wat gaan afgedwing word so ‘n algehele wereldwye sportboikot sal van pas wees.

KaterinaKat ·

Ek stem saam. Ongelukkig het die hele wereld so polities korrek en anti witmens geword dat ek glo as Afriforum en Solidariteit die saak wel by internasionale sportliggame opbring, daar niks van sal kom nie. Vir witmense in hierdie helhool is daar die opsie van oorsee gaan as jy dit kan bekostig..of hier krepeer en van dag tot dag probeer survive. Die dae van iets in die lewe probeer bereik is Verby vir witmense hier, as jy nie kan bekostig om te ontsnap nie. Find your own coping mechanisms to survive mentally. Mine is wine, good food, cigarettes and art and my family. That’s as good ad it’s gonna get for those of us trapped here in hell.

JohanL ·

ChrisWs – ek stem saam jou. Maar ek moet s^e ek het al in my individuele kapasiteit aan die IKK geskryf in wat ek dink ‘n beskaafde en ordentlike argument teen kwotas was wat indruis met die Universele Verklaring van Menseregte meer spesifiek Artikel 2 wat deur die VN al in 1948 aanvaar is.

En die oortreding van SA Krieket was die amptelike beleidsverklaring van kwotas in provinsiale krieketspanne soos in die media destyds aangekondig is. So die oortreding van SA Krieket is nie net “praatjies” nie – dit is ‘n amptelike verklaring.

Die IKK se reaksie? Niks, niks niks nie. Miskien omdat ek in individuele kapasiteit geskryf het – ja dalk. So ek stem saam dat Solidariteit en/of Afriforum as organisasie by die IKK en die ander internasionale sportbeheerliggame moet probeer. Maar ek is nie optimisties nie. Die IKK het nou al bewys hulle is redelik ruggraatloos en word deur Indie voorgeskryf (wat al die geld het).

En die ironie is dat Dave Richardson van SA by die IKK is en definitief weet wat aangaan.

Daru ·

Watter stereotipes? Met meriete is daar nie sulke nonsens!!
Die regering is net nie bevoeg genoeg om hul werk te doen!!!

Manie ·

Die vraag is nie of mense wat nie plekke verdien in sportspanne gekies word. Die Springbok kaptein is n voorbeeld van so n persoon en so is daar honderde ander wat slegs op kleur span kry.

Duiwelsadvokaat ·

Ironies dat Kagiso Rabada genoem word….sy pa is ‘n chirurg. Kagiso was in ‘n peperduur privaatskool…hy is alles behalwe ‘n agtergeblewene wat van geleenthede ontneem is weens sy velkeur?? As hy goed genoeg is, maak sy ras nie saak nie….mens noem dit meriete.

David ·

Kwotas maak net van alle swart spelers kwotaspelers, ongeag talent.

Michael ·

Die ANC beledig eintlik sy eie sport mense om hulle kwotas te noem. En duiwelsadvokaat .Jou kommentaar is chub my maat.

John ·

…. Wag vir hierdie grap… hy kom… Gaan ons nou alle sportliggame in die wereld ‘n les leer. Gaan die ouens wat verloor nou die beker kry… blindes rugby speel en krieket met tennisrakette gespeel word. Wat van ‘n vierkantige tennisbal.

George in Bloem ·

Wel,dis sy,en sy korrupte onbevoegde party se ou afgesaagde storietjie so hulle kan hom seker maar vertel soos hulle wil of hoe? Spul flippen narre.

Johann du Toit ·

Ek wil regtig nie ‘n kwotaspeler wees nie want dit sal my minderwaardig laat voel.

Ai. ·

Waar is die kwotas in sokker dan? Hoekom nie meer blanke en gekleurde spelers nie??.
Dit kan swaarlik slegter gaan!
Daar sal altyd n vraagteken bo swart sport spelers se koppe hang in Suid Afrika rankende of hy daar op meriete of kwota is aangesien die politisie hul so brandmerk met hul beleid !
Hoekom nie kies op meriete nie?
Duidelik is die minderwaardigheids kompleks te groot. Duidelik is dit dat hul so bedreig voel en die blanke te na wil kom..foeitog hoe kleinlik…

Ai. ·

Natuurlik is koalisie daar oor sy vel!
As jy enigsins iets weet van die spel ou maat sal jy nie sulke twak kwyt raak nie! Hy kolisi is mees definitief nie die beste speler om daai posisie te vul nie!

Baardman ·

Wie dink jy behoort daardie posisie te vul,vra maar net .

Emma ·

As hulle nou nog nie agter kom dit werk nie .Dit is die dat ons in alles verloor jy kan net spelers op meriete kies, maar oral wil die regering n vinger he wat duidelik n gemors van alles maak.

Charles ·

Raak rustig mense. Daar is darem een ligpuntjie – nou kan julle almal julle Dstv kanselleer, want mens kan nie hierdie rassistiese kwota gedrewe brommerbollie wat deesdae opgedis word, sport noem nie. Ek hoop net dat die top rugbylande een van die dae weier om teen die amakrokke te speel.
Wat het hierdie regering in 25 jaar bereik? Niks!! Hier by ons begin breek die “apartheids” waterpype ook nou die een na die ander – hoekom? Gebrek aan beplanning. Los hulle dat hulle hele sport kaartehuis ook ineenstort.

Gert ·

Volgende gaan hulle soos Oprah maak: Almal moet ‘n prys kry, almal moet wen, so almal moet ‘n kans kry om in die springbokspan te speel, vrouens ook anders is dit diskriminasie.

Kry vir jou n bordjie ·

Dé. Kry vir jou n bordjie…want jou regering sê so. Ek weet jy verdien die regte span en jou tye is kwalifiserend, maar jy sal van nou af n bordie dra. Jammer jou regering kon dit nie so verstaan nie, maar jy is nou n kwota. Welkom kwotaspeler.

Kry vir jou n bordjie ·

Dê. Vat jou kwota bordjie en hang hom om jou nek. Jou regering het so besluit. Ek weet jy stem miskien nie saam nie, maar dra van nou af jou bordjie en. Jouminister sê so!!

So jy ia n kwota ·

Jou regering het besluit jy is n kwota. Mooi man!…moontlik sou jy nie wees nie, maar jy het nou die bordjie. Baie geluk.

MJ ·

En dis hoekom ek geen krieket of rugbyspeler kwalik neem wat oorsee gaan speel vir ‘n beter lewe vir hulself en hulle gesinne.

JohanL ·

En eintlik is die kwotastelsel ‘n indirekte erkenning deur die ANC dat swart sportmense oor die algemeen te swak is om juis op meriete plek te kry.

Hoe gaan die stelling wat meeste van ons al gehoor het: “SA is die enigste land op die planeet wat wette instel waar die meerderheid teen die minderheid beskerm moet word”.

En laastens – amptelike kwotas (transformasiehandves) en stereotipering loop hand aan hand. Kan Mhaga dit nie verstaan nie?

Snowball ·

???so hulle wil wegdoen met stereotipering?
Nou wat van die stereotipering wat nou reeds oor ons sport hang, nl dat alle swart sportlui gekies word agv kwotas?? Gekkeredenasie as jy al ooit een gesien het.

AH ·

Jou kommentaar is in die kol JohanL! Ek wonder ook hoekom hulle so behep is met kwotastelsels, maar wat van Bafana-Bafana en Banyana-Banyana? Hulle het oorgenoeg “kwotaspelers”, maar wat prestasies aan betref is dit uiters pateties. Niemand sê ooit iets daarvan nie!

Schalk ·

Kan sien waarin julle glo dis hoekom sport in chaos is.Mooi julle vorder great gaan net so aan julle is self vernietigend.

Baardman ·

Wie dink jy behoort daardie posisie te vul,vra maar net .

Judge Dredd ·

Rabada se pa is ‘n dokter en sy ma’n prokureur.
Rabada was op hoërskool by St Stithians Boys College.

So hoe kan hy nog moontlik kwalifiseer vir die sportliggame se kwotas behalwe op ras?

Sport Kwotas is rassisties – punt.

Baardman ·

Wie dink jy behoort daardie posisie te vul,vra maar net .

D B ·

Sokker sal bly soos wat dit is, want dit verteenwoordig reeds die meerderheid van die bevolking, aldus die swaap, dus moet sporte soos krieket en rugby volg. Mense, ons moet vinnig verstaan, praat help nie, die mense het geen eer of trots nie, hulle kan net roof en plunder, dis al wat hulle ken, so saamleef en bou sal ons nooit nie, hulle is maar net nie op ons vlak nie en sal nooit daar kom nie. Dis vir hulle heel aanvaarbaar om spanne te kies wat nie die beste spelers bevat nie, solank die spanne net swart is, en klaar.

Wat Kolisi aanbetref, hy is nie die beste in sy posisie nie, en ons almal weet hy’s kaptein oor hy swart is. Ek is ‘n groot WP / Stormers ondersteuner en is glad nie trots op hom nie, want daar is beter spelers as hy.

Se ma net ·

Wat hulle eintlik se is as ons nie kwotas in sport het nie sal “ons” mense dit nie op hulle eie maak nie. Daarom help ons hulle…..maar op internasionale vlak is daar nie kwotas nie, so as die mense daar uitval mag hulle nou nie huil nie…..want sorry julle is eenvoudig nie goed genoeg nie. Julle het nie daarvoor gewerk nie….dit is vir julle op ‘n skikbord gegee. SHAME!!!

Meisie Dewing ·

Jammer, maar ek stel glad nie meer belang in enige sport in S-Afrika nie,want daar is geen mededinging meer nie. Die meeste spelers is daar agv. ras en nie uit verdienste nie.??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.