Departement het geweet Bushiri’s is vlugrisiko – Motsoaledi

Dr. Aaron Motsoaledi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die departement van binnelandse sake het goed geweet dat die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, ’n vlugrisiko inhou.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het Dinsdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake gesê sy departement was daarteen gekant dat borgtog aan die Bushiri-egpaar toegestaan ​​word.

Motsoaledi moes tydens die sitting omtrent bont staan en talle vrae beantwoord omtrent die Bushiri’s se vlug landuit.

Die minister het gesê sy departement het maande lank geweet dat die egpaar se identiteitsdokumente bedrieglik is en het dit ook so aan die polisie deurgegee tydens die egpaar se uitgerekte borgtogverhoor.

“Ons standpunt was, aangesien al die dokumente wat Bushiri gebruik het onreëlmatig was, dat hy ʼn vlugrisiko inhou en nie borgtog moet kry nie.

“Ons bekommernis spruit uit ʼn welbekende feit. Dit is ʼn algemene feit dat ons swak grensbeheer het.”

Die Bushiri-egpaar (Foto: ANA)

Die Bushiri-egpaar staan saam met hulle medebeskuldigdes tereg op aanklagte van onder meer bedrog en geldwassery wat nagenoeg R102 miljoen beloop. Hulle was sowat twee weke lank in aanhouding voordat borgtog van R200 000 aan hulle toegestaan is.

Die egpaar moes onder meer hul paspoorte indien en moes ook gereeld by die polisie aanmeld.

Motsoaledi het alle bewerings dat die Bushiri’s aan boord van die Malawiese president, Lazarus Chakwera, en sy afvaardiging se vliegtuig landuit is, in die kiem gesmoor.

Motsoaledi het gesê die Valke het die vliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria deursoek kort nadat hulle inligting van die Bushiri’s se ontsnapping ontvang het. Almal behalwe Chakwera en sy vrou is ook ondervra.

Die afvaardiging is toe wéér ondervra by die OR Tambo-lughawe waar die vliegtuig geland het om ander amptenare op te laai wat vroeër na Suid-Afrika gereis het om vir Chakwera se besoek aan Suid-Afrika voor te berei.

Motsoaledi ontken dat Chakwera sleg behandel is voor sy vertrek hoewel hy toegegee het dat dit lank geneem het vir die vliegtuig om eindelik na Malawi te vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adriaan ·

Nieteenstaande al die waarskuwings dat hulle n vlug risiko is, is borg toegestaan. Kan die regter aanspreeklik gehou word?

Persheks Adri ·

Nee seker nie, want regters is ook mos bo die wet eish…

Danie ·

Die regering gooi walle so ver as hulle gaan. Hoe weet ek en jy hulle was nie op daai vliegtuig van hul president nie. Ek kan ook se dat die vliegtuig deursoek was maar ons almal weet hoe korrup die regering en sy magte is. Jammer die ou en sy vrou het nie landuit geloop of met n kar gery nie dus dink maar vir jouself.

Ian ·

Dit is noual die soveelste keer n regter traag is om die regte besluite te neem. Dis asof hulle aan n gewildheidskompetisie deelneem en die beoordeelaars is kriminele.

Persheks Adri ·

So as julle weet die identiteitsdokumente is onreëlmatig en die grensbeheer is swak (wat ons ook weet) word hulle steeds borg toe gestaan pffft ons kon dit ook vir julle gesê het. Wie was die slim regter?

Casper ·

As die egpaar se dokumente onder verdenking was:
1 Ek was self 37 jaar lank ‘n immigrasiebeampte.As die ondersoekbeamote bang was beskuldides gaan borg kry dan bel hulle my in die geval van buitelanders.
2 Die oomblik as hulle by die hof uitstap arresteer ek hulle en hou hulle aan ingevolge immigrasie wetgewing en ondersoek dan hulle verblyfstatus.
As die tydperk 30 dae gaan oorskry doen ek aansoek by die hof vir verlenging.So Kan jy verlenging vra vir tot ‘n maksimum van 90 dae.
3 Borg wetting nie mense in die land nie.Dit is net ‘n manier om te verseker dat die beskuldigde weer sal hof toe kom.
4 Hoekom is dit nie in hierdie geval gedoen nie.Minister verduidelik vir ons

Mad Mike die Rhodesiër ·

Geld praat en daar gaan ‘n nadraai wees…

Marius ·

Dit was nie ek nie , dit was hulle ……. Die besluite wat sekere mense maak in die land spreek boekdele . Die regter is te slap sy het n baie groot fout gemaak . Siestog .

Strandloper ·

Wens so die depatrement wil ons n guns doen en ook vlug!

Swerkater ·

Natuurlik het hulle geweet!! Sluit die hele spul toe en vergeet waar is die sleutel.

Dirk Mostert ·

Daar behoort ‘n swartlys te wees vir regters wat onbevoegte/korrupte besluite neem. Wie het die borggeld betaal?

JM ·

Dit is ‘n lieg- en skelmkompetisie en só word die res van die bevolking se intelligensie onderskat. Een onbeholpe en gemors spul!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.