Departement hof toe gesleep oor verpleegster se plasing

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag hofstukke teen die departement van gesondheid asook die betrokke minister ingedien nadat die departement glo versuim het om ʼn afgestudeerde verpleegster meer as ses maande nadat sy haar studie voltooi het, by ʼn hospitaal te plaas.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het verlede week ʼn brief aan die departement gestuur om te eis dat Dané Hertz binne sewe dae by ʼn hospitaal geplaas moet word om te voorkom dat die vakbond regstappe doen.

Nadat Hertz ná hierdie aanmaning steeds nie geplaas is nie, het die vakbond hom nou namens Hertz tot die hof gewend. Die saak word op 11 Julie in die hooggeregshof aangehoor.

Hertz se aansoek vir gemeenskapsdiensplasing is einde verlede jaar by ʼn bepaalde hospitaal goedgekeur, waarna die plasing in groot omstredenheid teruggetrek en sy per SMS hieroor ingelig is.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het Dinsdag gesê die minister en die departement van gesondheid is wetlik verplig om Hertz te plaas. “Indien sy nie geplaas word om haar een jaar verpligte gemeenskapsdiens te voltooi nie, kan sy nie as ʼn professionele verpleegster geregistreer word nie,” het Van der Bijl gesê.

Van der Bijl voer aan dat die dringende aansoek noodsaaklik is omdat die finale siklus vir 2016/’17 se plasings reeds teen 9 Junie gefinaliseer was. “Hoe langer Hertz se plasing vertraag word, hoe langer word sy weerhou van ʼn inkomste en bevordering,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maya Roon Joubert ·

Watter hospitaal is in jul prentjie? Kan julle garandeer nog Garankuwa, Brits of Steve Biko Hospitale lyk soos hierbo! Mens kan seker maar droom!

MCH ·

Herhinner my aan een van die die tagtigerjare se slagspreuke tydens toi-toi : “The people will govern” lyk deesdae meer na : ” The courts will govern!”

Stella ·

Wie wil nog verpleeging doen in die land van ons? Hulle gaan dalk n pos kry,,,MAAR..gaan hulle betaal word daar is dan nie eens geld om die “hospitale”reg en skoon te maak nie…eish

Riaan ·

Mooi Solidariteit! Ons kort so n toetssaak. As die goewerment jou nie plaas in n billike tyd nie moet jy jou “zumajaar” kwytgestel word en privaat kan gaan werk.

Alet ·

Hoeveel wit verpleegsters sien julle nog in hospitale? Amper niks. Hulle word net eenvoudig nie gekeur nie.

Hennie ·

Ek stem 100% saam met Riaan. Indien die betrokke student nie binne ‘n redelike tydperk deur die Departement geplaas kan word nie, behoort hy/sy sonder versuim vrygestel te word van die “Zuma” jaar. Die student moet egter erkenning kry dat die verpligting teenoor die staat nagekom is sodat sy/haar loopbaan nie in die toekoms daardeur geskaad kan word nie.

w ·

Skaf Zuma jaar af dan kan die dame by n ordentlike privaat hosp aansoek vi werk. Net Weskaap Staatshospitale is netjies.

Stefaans ·

Hou hierdie spasie dop – sy gaan na ‘n plek soos Umbumbulu uitgeplaas word, sou sy suksesvol wees met die geding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.