Departement inspekteer omstrede leeuplaas

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Geen “omgewingsoortreding” is begaan by die Weltevrede-leeupark naby Heilbron in die Vrystaat nie. Dít volgens die Vrystaatse departement vir ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake.

In die jongste voorval is die vierjarige Dinamari de Beer ernstig beseer toe ʼn leeu haar pa tydens ʼn besoek aan die leeupark deur ʼn draadheining aangeval het. Klein Dinamari was in haar pa, Pieter, se arms tydens die voorval. Dit was boonop die tweede voorval binne ʼn week by die park.

“Die jongste aanval op ʼn besoeker by die Weltevrede-leeupark is betreurenswaardig. Wanneer ʼn plek interaktiewe besoeke met leeus aanbied, geld minimum spesifikasies vir heinings, permitvoorwaardes en regulasies met betrekking tot spasie, voor die departement ʼn permit vir leeuboerdery uitreik,” het die departement gesê.

Hy sê dit is ook die geval by die Weltevrede-leeupark.

“Die daaglikse veiligheid van besoekers bly die verantwoordelikheid van die plaaseienaar.”

Die departement sê een van sy amptenare het die plaas op 14 Mei vanjaar besoek, nadat die voorval op die plaas bekend geword het.

“Verslag- en perseelinspeksiedokumente is voltooi en daar was geen omgewingsoortreding nie.”

Die departement sê hy bring deurlopende oorsigbesoeke aan plase om voldoening aan regulasies te monitor.

Die nasionale departement van omgewingsake het ook verlede jaar, saam met die provinsiale departement, ʼn oudit van alle leeuplase in die provinsie gedoen.

“Daar is nagenoeg 124 leeuplase in die Vrystaat en die regering steun die wettige en volhoubare gebruik van wildlewe, maar is nie verantwoordelik vir die welstand van dié diere nie. Die NDBV (Nasionale Dierebeskermingsvereniging) is verantwoordelik vir die afdwing van die Dierebeskermingswet.”

Die voorvalle die afgelope ruk het intussen gelei tot hernieude oproepe vir strenger regulering van veral leeuboerdery.

Die NDBV het vroeër gesê mense moet bewus wees van die siklus waarin leeus beland wat as welpies vir interaktiewe vermaak gebruik word.

Welpies word dikwels op ʼn jong ouderdom van hulle ma’s weggeneem sodat mense met hulle kan speel. Wanneer die diere groter en te gevaarlik word om deur die publiek vertroetel te word, word hulle dikwels die slagoffer van “geblikte jag”, of is bestem vir die leeubeenhandelbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piesang

Is omgewing- en veilgheidspesifikasie dan dieselfde ding? Leeu se lyf kan nie uit die kamp uitkom nie, maar kan sy pote vergenoeg deursteek om mense te beseer. Belaglik!

Ellisras

Die mense moet ook maar ‘n klein bietjie logika gebruik en vir hul eie veiligheid verantwoording neem. Niks is foolproof teen ‘n fool nie,

Adam

Wildsplase bied die regering ‘n ideale geleentheid om grond te onteien, mits dit teen billike vergoeding gedoen word. Daar is hopeloos te veel landbougrond wat vermors word op onnodige wildsplase.

humor

n Dubbele heining tussen die leeu en besoeker kan so n geval verhoed en ek is oortuig dat dit n spesifikasie moet wees. Verder moet hierdie geplikte leeus se getalle ernstig beperk word.

Ekke

HA-HA humor geplikte leeus….dit wil gedoen wees.