Departement kap terug oor seksvoorligting

Die beplande inhoud vir seksvoorligting in skole.

Die departement van basiese onderwys het die voortgesette “opsetlike wanvoorstelling” van feite rakende sommige aspekte van die inhoud in die vak Lewensoriëntering met minagting verwerp.

“Ons het met kommer kennis geneem dat ʼn sekere organisasie aanhou om die publiek te mislei deur die verkeerde inligting te publiseer wat lei tot onnodige verwarring en paniek onder Suid-Afrikaners,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, gesê.

Mhlanga het benadruk dat daar geen nuwe inhoud is wat by die Lewensoriëntering-vak gevoeg is nie en dat die omvattende seksvoorligting reeds sedert 2000 deel van die kurrikulum is. Hy het wel bevestig dat daar deur die jare aanpassings gemaak is.

Navorsing oor tienerswangerskappe en tieners wat reeds op ʼn jong ouderdom seksuele geweld ervaar, het volgens Mahlangu die departement genoodsaak om geskikte ouderdomspesifieke opvoeding te bied aan jong mense wat baie keer nie eens weet wanneer hulle die slagoffers van sekspeste is nie.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys. (Foto: Twitter)

“Die departement verwerp die idee dat die seksvoorligting kinders seksualiseer. Dit is moedswillig om net enkele sinne uit die voorgeskrewe lesplanne aan te haal om sodoende onbehoorlike en ongegronde indrukke oor die kurrikulum te skep. Die lesse fokus op onderrig oor respek vir die self, vir die liggame van ander en die belangrikste, dat kinders onvanpaste fisieke interaksies moet kan identifiseer.

“Dit is jammer en grens aan kwaadwilligheid dat sekere organisasies voortgaan om die publiek verkeerdelik in te lig met verouderde lesplanne wat op openbare platforms gedeel word, en om nie net mense verkeerdelik in te lig nie, maar die departement se omvattende plan te diskrediteer,” het Mhlanga gesê.

Die departement het ook daarop gewys dat tienerswangerskappe onaanvaarbaar hoog bly en dat daar tussen April 2017 en Maart 2018 ʼn totaal van 117 010 meisies was wat tussen tienjarige en 19-jarige ouderdom swanger geraak het.

Die beplande inhoud vir seksvoorligting in skole. (Foto: Skermgreep)

Volgens Mhlanga is daar baie navorsing gedoen oor seksvoorligting en is daar onder meer bevind dat dit nie lei tot die seksualisering van kinders nie, maar eerder veilige seksuele gedrag bevorder. “Die departement het breedvoerig oor die seksvoorligting gekonsulteer en is steeds oop vir verdere raadpleging en insae hieroor.”

Maroela Media het vroeër berig dat die departement se nuwe omvattende seksuele onderrig-kurrikulum glo behels dat leerders hul geslagsdele in die klas identifiseer, kommentaar lewer op kaal foto’s wat gebruik is in seksklets-boodskappe (sex texting) en leer wat behels vaginale, orale en anale seks. Die inhoud is onlangs aan lede van die parlement beskikbaar gestel en op die groep Freedom of Religion South Africa (FOR) se webtuiste gepubliseer.

Die departement het egter nou op elk van die bewerings wat deur FOR gemaak is rakende die kurrikulum gereageer:

Bewering: Gr.4-leerders sal tydens groepbesprekings hul eie en hul klasmaats se “skaamdele” moet identifiseer. 

Departement: Les 4.2 in die gestruktureerde leerprogram vir gr. 4’s oor respek vir ander se liggame en die groepbespreking in aktiwiteit A verwys nie na leerders wat mekaar se private dele identifiseer nie; dit vra die leerders eerder om te bespreek watter dele van hul liggaam privaat is en nie deur ander aangeraak mag word nie met behulp van ʼn werkblad met ʼn foto van ʼn seun en ʼn meisie, en nie deur hul eie liggame te gebruik soos wat beweer word nie.

Bewering: Gr. 5’s sal leer van die risiko van indringende lesbiese verhoudings, homoseksuele molestering en seksuele aanranding.

Departement: Die onderwerpe in die gestruktureerde leerprogram vir gr. 5’s sluit in: liggaamsbeeld, verhoudings, om veilig te bly teen misbruik, die hantering van seksuele geweld, die stigma van MIV en of meisies en seuns anders hanteer moet word. Volgens die departement handel die leerprogram oor die identifisering van seksuele geweld by skole en praat leerders oor situasies wat ʼn moontlike risiko vir hulle in die alledaagse lewe inhou, en dat hierdie geweld nie net met meisies nie, maar ook met seuns gebeur. Die les rus leerders ook toe met vaardighede om seksuele geweld te hanteer, hoe om te reageer en hoe om hulself te beskerm en waar om hulp te vind.

Bewering: Gr. 6’e sal gevra word wat hulle dink van foto’s van kaal persone wat in WhatsApp-boodskappe gestuur word. 

Departement: Dit is nie waar nie. In gr. 6 word leerlinge geleer oor boeliery en spesifiek kuberboeliery as een van die vorme van boeliery. Daar word van scenario’s gebruik gemaak om leerlinge te leer dat die stuur van nare of vernederende boodskappe op die internet of sosiale media om iets te sê wat nie waar is nie of ander seer te maak, nie reg is nie.

Bewering: Gr. 7’s word geleer oor masturbasie en dat dit heeltemal normaal is.  

Departement: Gr. 7’s word geleer om puberteit te verstaan. In die deel van die les word daar gepraat oor die veranderinge wat adolessente tydens puberteit ervaar, en leerlinge word aangemoedig om met hul ouers of ʼn dokter te praat as ʼn goeie manier om inligting te kry en vrae te vra wat hulle mag hê oor hoe hierdie veranderinge hulle en hul verhoudings beïnvloed. Dit bevat ʼn lys vrae waarop leerders moontlik antwoorde benodig, insluitend oor soen, verhoudings, masturbasie en seks. Die leeswerk rakende die vraag bied ʼn paar antwoorde wat leerders kan kry, insluitend oor masturbasie, maar wat nie deur ʼn onderwyser bespreek of aangebied sal word nie, aangesien die leerders na hul ouers verwys word met hierdie vrae.

Bewering: Gr. 8-leerders se onderwysers sal hulle inlig oor wat gebeur tydens orale, vaginale en anale seks. Kinders kry ook ‘seksuele helde en rolmodelle’ en word aangemoedig om hulle te respekteer en na te boots. Die meeste van die ‘helde’ is MIV-positief en 80% van die ‘helde’ identifiseer as LGBTQ.

Departement: Daar is nie so ʼn les of aktiwiteit vir gr. 8-leerders in die goedgekeurde gestruktureerde leerplan nie. Geen seksuele helde en rolmodelle word in ons kurrikulum genoem nie. Dit is pure bespiegeling en ʼn blatante leuen. Les 8.3 vir gr. 8’s handel oor die maak van gesonde seksuele keuses en om jou perke te ken.

Bewering: Die materiaal vir gr. 9’s blyk om die belang van heteroseksuele verhoudings tussen ʼn man en ʼn vrou te minimaliseer ten gunste van homoseksualiteit, transgender of enige ander ‘alternatiewe’ seksuele leefstyl.

Departement: Die lesse vir gr. 9’s sluit onder meer in die stel van doelwitte en om jou potensiaal te bereik, een maat op ʼn slag. Is die leerder byvoorbeeld gereed vir ouerskap, seksuele instemming en mag en beheer in verhoudings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Boerseun ·

So gaan dit maar gaan in sie toekoms met julle 1000 leerling Afrikaanse skole.

Lizelda ·

Dan verstaan ons NOG STEEDS nie hoekom is die verkragting statistiek en tienerswangerskappe so hoog nie.

JohanL ·

Ek is werklik jammer om dit te skryf, maar ek glo nie Mnr Mhlanga nie. Sy regering het nie ‘n goeie geskiedenis van waarheid praat nie.

So – ek sou graag eers die ware en regte feite wil sien. My kinders is in die onderwys en wat my seun my gewys het itv info wat hy gekry het, is kommerwekkend. Hoe korrek sy inligting was – wel daarom dat ek graag die regte ware feite sal wil sien.

Die kommer is egter ook of die onderwysers wat die inhoud moet oordra die regte agtergrond het om dit korrek en op die regte manier oor te dra.

Gelukkig weet ek ook daar is skole wat ‘n besluit neem dat die inhoud nie geskik is nie en dan eenvoudig dit nie hanteer nie. Welgedaan aan daardie skole wat nie net “ja en kapittel” skreeu as die Departement praat nie.

Gawie de Beer ·

Is hierdie nou geplaas om hulle gewete te sus. Hulle plant die saadjie in baie vrugbare grond, gee dit water en verwag dan misoes. Rerig!!!!!
Ek sê nee vir CSE of seksvoorligting of wat hulle dit ookal wil noem.

TwaalfBoor ·

Mnr Mhlanga. ONS belasting geld betaal jou en die Dept om behoorlike kurrikulums daar te stel. DOEN JOU WERK en luister vir dìe wat jou belaglike groot salaris betaal.

Sanna ·

Wat het alle SA reeksmoordenaars tans in aanhouding in gemeen? Die mans was almal aan pornografie blootgestel tussen die ouderdomme van 8 en 12. Julle speel met vuur.

RP ·

Korrelasie het niks met oorsaak te doen nie. Ek sal eerder sê hulle almal was seksueel mishandel.

Anoniem ·

Sanna, jy is reg. Statistiese navorsing het bewys dat pornografie uiters skadelik en gevaarlik kan wees.
En ja, hierdie onderwys plan gaan net AIDS en losbandigheid bevorder. Wonder net of die ANC hulle onskuldige meisietjies en seuns hieraan gaan blootstel?

Johan ·

Hierdie storie gaan ‘n onding word. Die ouers moet en het die reg om te weier dat hulle kinders aan die belaglikheid deelneem.

Ongeduldig ·

Ek stem ook saam! My magtig dis waarvoor ouers daar is. Dis NIE vir die departament om te besluit om ONS kinders so in te lig nie. Hopeloos te veel detail vir n jong, onvolwasse kind!

@ALMAL WAT JUDGE ·

Ek persoonlik sien nie fout met die Lewensorintering nie, ek het dit ook op skool gehad, en dit help regtig veral met vandag se lewe dat kinders kan weet wanneer hulle seksueel aangerand ens word.

Peper ·

Dit gaan niks help as ‘n kind weet hulle word aangerand nie… Daarvoor sal selfverdediging beter wees…
Hulle se vir jou, moenie daardie boom klim nie want jy gaan val. Twee ure later val jy en jy leer jou les. Dis dieselfde hier ook. Daar is kinders wat werklik “innocent” is, geen denke in daardie rigting. Nou plant jy daardie kinders vol sade. Jy wakker gedagtes… Kennis is slegs tot voordeel as jy volkome bekwame is om dit te hanteer… Daar is ‘n rede hoekom kinders volgens wet, kinders is en ander na hul omsien. Los die volwasse goed vir die volwassenes (die bietjie wat daar is)…
Hierdie is nou weer ‘n geval van Jannie in gat-gat se oplossing vir Sanie in PTA. Nie almal in hierdie geval het hierdie nodig nie. Van ons ouers weet hoe om met ons kinders te werk en ons het ‘n oop verhouding… Ons het Maniereeeee. Miskien moet hulle dalk eerder begin met die basiese Maniere voor hulle leer oor die goed. Kry sommer die ouers ook in vir dit (as julle weet wat ek bedoel).

Cathy ·

Dis die grootste nonsens ooit!!!. Dan leer jou ouers jou. My kind moet nou kaal voor ander staan waar is jou self respek heen. Sorry daar sal keuses gee vir mense wat se JA en mense wat se NEE. EN EK SÈ BESLIS NEE!!!! DIS ABSURD MALLEGEID NEE. Eks so kwaad wens ek kan daai persoon in die hande kry wat dit wil inbring

Jessica ·

Well me myself as a mother of a 17 year old daughter, i will not give permission for any teacher male or female to teach my child about sex, that is something very private and that’s why i am there for to teach her the facts of life and waht’s right and what’s wrong, no one gave birth to her I’M THE MOTHER!!!!!!

Peper ·

I agree with you Jessica and I will join you on this. No other person has the right to “teach” their beliefs, experiences and opinions without my consent.
There are many other avenues for this subject. The setting needs to be appropriate. Not in front of your fellow cchildren. Peer pressure in a public setting….
Vroeg ryp, vroeg vrot!!

Cathy ·

I fully agree with you its parents right to say NO!!!!!. I wount allowe it !!!

Gert van Wierdapark ·

Kamoeflering van Opleiding Vir nog toekomstige kindertoelaes? Nog verdere Bollie wat in ons Kakistokrasie aangejaag word!

Koos ·

Kinders moet kinders bly solank as moontlik. As n kind sulke dinge geleer word op so vroeë ouderdom is hul nie meer n kind nie, want dan gaan hulle wil eksprimenteer en dit is dan waar die “popo die fan strike” (nie seker van spelling)

Berdéhan Brand ·

As ouer was dit my voorreg en reg om my kinders die nodige opvoeding rakende geslagtelike voortplanting te gee. Norme en waardestelsels verskil en die beste keuse sal wees on dit in die hande van die ouer te laat.
Ongelukkig is daar baie gevallle waar kinders oningelig is. Die kurrikulum soos dit tans daarna uitsien, is ter beskerming van die kind en kan, indien dit omsigtig aangebied word, tot voordeel wees.
Ek sou steeds nie my kinders hieraan wil blootstel nie.

Jan ·

“As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.” Spreuke 29: 2
Sedert 2000 word dit in die skole verkondig sê jy- geen wonder dinge ruk so handuit nie.
“Knowledge without repentance will be but a torch to light men to hell.” Thomas Watson.

Anoniem ·

Is kinders daar om opgevoed te word om hul deel vir ons land se toekoms te verseker of om nog meer “grant” kindertjies te maak? Die regering sien dat ons land se werkloosheid syfer so groot is, maar daar word ‘n kultuur van seks wakker gemaak in die skole. Wat weeg die swaarste in ons land? Seks=werkloosheid of om ‘n bydrae tot die land se ekonomie te verseker. Mens kan sien dat waardes in gemeenskappe verskil.

Jan GL Janzen van Vuuren ·

Dit gaan oor waardes wat aan die jong kinders gegee word asook die waardes van die gemeenskap. Peuter daarmee en jy sit met ‘n gemors. Deur ‘n sekere geloof te ontken en te verbied op skole word sekere waardes afgebreek. Vroeer jare was die probleem nie so groot soos vandag nie. Die gemeenskap het enige buite egtelike seksuele verhouding streng afgekeur wat vandag nie meer die geval is nie en dit aanvaarbaar gemaak deur invloede van buite af. Dink aan die sensuur raad wat nie meer bestaan nie want dit druis in met die reg op vryheid van spraak. (TV, films, ens.)

Dit gebeur ook waar die enkeling meer regte het en minder verantwoordelikheid of pligte wat veronderstel is om daarmee saam te gaan.

Die regering vergoed ook die tienerswangerskappe deur n bedrag geld maandeliks aan hul te betaal indien hul nie die gratis voorbehoed middels gebruik nie. M.a.w. toestemming te gee vir buitegtelike seksueele verhoudings (toestemming deur stilswye).

Careltjie ·

Seks is nie eers veronderstel om deur skole hanteer te word nie. Ek dink dit is ouers se plig. Indien daar nie ouers is nie, is dit die direkte voog se plig. Die Onderwysdepartement oorskry sy magte en perke. Dit is elke ouers se eie reg om sy kind in te lig op ‘n tyd wat vir daardie kind se persoonlikheid sal pas. Julle tas elke ouer en kind aan. Nie alle kinders is vroeg ryp vir die tipe opvoeding nie.

Jacques ·

Careltjie – Ek 100% saam met jou . My mening is ook dat kulture te veel verskil , wat reg is vir een is nie noodwendig reg of goed vir n ander een nie . Dit is net jammer Maroela Media sien my punt nie en “Delete” my mening sumier . Dit is my as wit ouer se reg en voorreg om my kind op die regte tyd en plek te leer oor die van die lewe . Vroeg ryp , vroeg vrot .

Anjelik ·

Dis kommerwekkend. Al maak Dept die vak LO nie verpligtend nie, sal die kinders onder mekaar praat en jou kind sal wel blootgestel word. Ons gaan sielkundiges se menings met stawende bewyse hiervoor moet kry om dit te verander/stop. CVO skole kan dalk beter opsie wees

Viss ·

Ek sal weier dat my kinders sulke klasse bywoon op grond van hulle Christelike oortyging.
Hulle kan maar op ‘n grasperk gaan sit terwyl die klasse aan die gang is.

Dommer ·

Dan word jou kind groot en weet nie wat om met die drange te doen nie en verander daarna n paar mense se lewens. Juis dalk nog die 1 wat in die voorligtingklas gesit en luister het en verstaan dat dit wat jou kind gedoen het verkeerd is.. Of wat se jy!

Viss ·

Verstaan nie mooi wat jy wil sê nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,laat ek weer verduidelik, my kinders is Christene, die dinge wat hulle by die klas sogenaamd moet “leer” is eerder dinge wat tussen ouers en kinders bespreek moet word. So as sulke klasse aan die gang is kan my kinders maar daai klasse “bank”. Ek het nie sulke klasse op skool gehad nie en ek het baie mooi met alles ingeskakel wat die moets en moenies is van seks,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

se net ·

Nou as daar so kommerwekkend hoog swangerskappe is onder tiener meisies is? dan werk julle seksvoorligting mos nie? Dan doen dit mos die teenoorgestelde is dit nie? Nee wat julle is besig om groot marakas aan te jaag GROOT!

Mb ·

Dit sê ek ook. Maar hulle gee eerder die onderwysers die skuld vir die tienerswangerskappe. Hulle pas glo die kinders nie goed genoeg op nie!!!! Verbeel jou.

Andrea ·

Hahaha! Presies! Ek’t n paar jaar gelede Amerikaanse navorsing gelees wat bepaal het dat hierdie eksplisiete seksopvoeding gelei het tot groot toename in seksuele aktiwiteit, tienerswangerskappe en aborsies.

Karolis ·

Sekere meisies raak swanger met die vooruitsigte dat daar ‘n geldjie per maand betrokke is.

Marie ·

Wat help voorligting as die swangerskappe al vanaf 10jr voorkom, nie verkrag nie maar seksueel aktief. Gee hul net meer skietlood
Meeste glo in elk geval nie aan voorligting nie, bou ‘n nasie daar is mos SASSA

Frans C ·

Dit is wat gebeur as jy Christus uit skole verban en die Bybel aan stukkies skeur.

Tweetie ·

Daar is genoeg riglyne in die Bybel wat voorkomend is, maar helaas, ons land is n mishoop.

Jacobus ·

Waar rook trek brand ‘n vuur.

Die stelsel is soos menigte ander gefaalde stelsels van oorsee ingevoer.

Kinders se breine is nog nie volledig ontwikkel nie en glo alles wat ‘n volwassene hulle sal vertel omdat hulle nie die kritiese denke het van ‘n volwassene nie.

Kyk na die geval in Amerika waar ‘n 7-jarige seun se ma hom laat glo dat hy eintlik ‘n dogter is. Die selfde ma wil die seun chemies laat kastreer en medies omskep in ‘n dogter. Die pa veg daarteen en het ‘n klein oorwinning behaal in die hof maar die stof het nog nie gaan lê oor die geval nie.

Die linkses in die wêreld will hê dat die kern-familie bestaande uit ‘n vader, moeder en kinders nie meer moet bestaan nie. Hulle is voorstanders van vrou gebaseerde enkel ouer huishoudings en selfde geslag gebaseerde huishoudings.

Wie onthou nog die katastrofiese onderwys beleid gelei deur Kader Asmal en Mary Metcalfe wat vandag nog die land skade berokken. Die stelsel gaan die selfde negatiewe langdurige effek hê op die kinders van vandag.

ana ·

Soos al die handelsname in SA wat op seks hul adverts baseer. Dis al waaraan S.A Se regering dink.

Catherine ·

Disgusting. Parents should decide when they tell their children what. Parents who don’t must bear the consequences. I myself am a teacher. Will NOT adhere to this shocking program

Alex ·

If you teach in a public school, you already adhere. This is old news.

Liezl Venter ·

My arme, arme kinders!!! My graad 9 meisiekind het kwartaal 2 se Lewensorientering gedruip omdat sy geweier het om oor kondome te leer. Sy sit in n klas van 27 leerders waarvan net 5 meisies is. Dink julself net in die kommentaar wat daar uitkom. Wat word van ons skole!!!!!! Ek dink inteendeel dat die swangerskappe en verkragtings eintlik meer raak omdat die kinders nou alles wil toets!!!

Cathy ·

My kinders kan ook maar op die grasperk gaan sit as daai walgelike klas besig is en hulle kan dit 100x druip. Maar my kinders sal NIE aan sulke gemors blootgestel word nie

No fool ·

Indien kurrikulum ontwikkelaars nie self hoë seksuele waardes het nie, gaan hul nie die misleidende klein jakkalsies in die wingerd kan identifiseer nie. Immoraliteit op elke vlak…en om die gevolge van immoraliteit te probeer stop? Probeer dit verlig deur meer immorele leerstof. Wat het geword van reg en verkeerd? Grys is nie ok nie. WWJD?

Bekommerede ouer ·

Ek het ook geleer van seks op skool, ek het nie eers geweet dat meisies maandstonde kry nie. Ek was total geskok toe ek begin het, en my ouers het my niks vertel nie.
Ek dink hulle was miskien skaam of ongemaklik of het nie geweet dat ek so iets moes weet nie. Sommige kinder het geen ouers wat omgee nie en somige kinder word in hulle eie huis mishandel or gemolesteer. As wat Mhlange die waarheid praat dan glo ek dit is reg. Ons moet ons kinders beskerm nie net teen swangerskap nie maar HIV, STD’s en dat niemand aan jou mag vat nie, slefs jou famalie.

Dig ·

Jy moes opgelet het in die biolgie klas.
Behalwe dat dit sekere dinge sal aanwakker in onskuldige kinders, sal dit ook dieselfde doen vir sekere perverse “onderwysers”.

Elsabie ·

Jammer maar ek glo nie ‘n woord wat jy sê nie. Jou regering lieg te veel. Sal sien wat volgende jaar in daardie boeke is. En dan skeer ek dit sommer op en stuur dit vir jou! Julle is walglik man!

Annie ·

Ek lees almal se kommentaar en is self ‘n ouer van ‘n tiener dogter. Daar is net een ding wat ek wel wil vra oor die onderwerp… ouers: mammas en pappas het julle ‘n oop verhouding met jul kinders, kan hulle met vrymoedigheid na jul toe kom en seks met jou bespreek. Kan jy met ‘n oop gemoed sonder om te oordeel vir jou dogter of seun verduidelik wat is ‘n blow job? Wat is dit om gay te wees? Hoe sit mens ‘n kondoom aan. En ja nou gaan baie van julle vir my se dis privaat en ja ek stem saam MAAR asb moenie voor my gooi dis privaat en dan kan jy nie voor jou dogter of seun selfs die woord SEKS noem nie.. asb ouers ontwikkel ‘n verhouding met jou seun of dogter, praat met hom/haar oor seks al is dit vir jou ongemaklik want as jy dit nie doen nie .. die kerk gaan nie en die feite word verdraai deur die skool.. SEKS onderrig begin by jou as ouer.. asb moenie dat jy te laat spyt kry omdat jy nie ‘n verhouding met jou kind gebou het nie

Peper ·

@Annie
Hiedie dinge hang seker maar af van die huishouding se fondasie van oortuiging… As mamma en papa hoer en remoer, dan sal hulle maar moet verduidelik hoe kondome werk voor die huwelik…. hahahaha.

Ruby ·

Liewe Annie, my ouers het my nie geleer nie. Nog minder hoe om kondome te gebruik, hoe om voorbehoed te gebruik, wat ‘n “blow job” is, wat seks is of enige van bogenoemde nie. Hul het my die Bybel geleer en Christelike waardes en my innerlike persoon het my weerhou omdat ek weet wat reg en wat verkeerd is. Hoekom moet skaam kinders (met waardes) op skool geteiken en geboelie word om dinge te leer, waarvoor hulle nie reg is nie?

RP ·

Stem volkome saam Annie. Hierdie lot glo nog mens moet wag voor jy trou om seks te mag hê.

@Geskok, glo my, jou 14 jarige weet lankal wat dit is. Of hy/sy dit doen is ‘n ander saak. Of was jy nie 14 nie?

Dank die vader my ouers het my geleer oor die lewe, want as ek met sulke oogklappe deur die lewe moes gaan sou ek seker vandag gelowig wees.

Dink ·

RP, om gelowig in ons Skepper te wees is allermins veroorsaak deur ‘oogklappe’. Dit is as gevolg van Sy genade en liefde, en laat mens toe om als wat in hierdie land en wereld gebeur met oordonderende duidelikheid te sien. Haal jou eie oogklappe af en maak jou hart oop vir die Waarheid. Die afwesigheid en verval van Christelike norme en waardes is die rede hoekom daar so baie (meer) gemors op geestelike, psigologiese, ekonomiese, fisiese vlak vandag die dag is. Gaan dink mooi daaroor, as ons land se burgers as een volk die Here se wil bely en probeer navolg het, hoeveel te meer sou ons samelewing vrede, liefde, goedheid, vriendelikheid en samewerking bevind?

Annie ·

En ek het hierdie kommentaar geskryf omdat ‘n meisie van 16 jaar oud wat baie na aan my is verkrag is onlangs.. ja sy kon nie die verkragting voorkom nie.. maar ongelukkig het sy nooit geleer hoe om ‘n kondoom aan te sit nie .. die verkragter het vir haar ‘n kondoom gegee en gese sy moet dit aansit.. sy kon nie.. en nee ek praat nie kondome goed of se dat dit reg was om dan te verkrag nie.. wat ek probeer se is dat die meisie baie beskermd groot gemaak is en sy is verkrag by ‘n atletiek byeenkoms so sy was dus ook nie uit of het gaan drink nie.. ouers ons kan nie in vandag se tye nog nie wakker geskrik het nie. Ongelukkig is dit ‘n werklikheid elke 5 sekondes word ‘n meisie iewers in SA verkrag .. kan ons ons meisiekinders leer en nee dit is nie vroeg ryp vroeg vrot beginsel nie… dis ‘n beginsel van ek kan oorleef as ek seksueel aangerand word.

Santjie ·

Dis omdat die kinders groot “gedruk” word, dat daar so baie swangerskappe is – in my jare het my ma geantwoord as ons gevra het, maar ook genoem dat dit nie openlik bespreek mag word nie. Ek dink as ons iets ongehoords moes sien daai jare het jy gedink dis iets wat met ‘n plank doodgeslaan moes word. Laat die kinders normaal en op hul ouderdom deur die fases gaan. Blok die geweld en seks flieks op die tv en laat hulle buite gaan speel en bal skop. Nie met vierkantige ogies sit nie en ook nie saam grootmense in die geselskap sit nie.

Jimmy ·

In my dae het ons al in Std 3 alles geweet, sonder seksonderig of “gesprekke” met ouers.

Mariette Hammann ·

Seksuele inligting hoort in die huis en NIE in klaskamers, waar dit vernederend is vir kinders om dit voor die ander geslag te bespreek nie. Die syfers van tienerswangerskappe is SKOKKEND en die onderwysdepartement moet hulle aandeel daarin dat kinders se belangstelling op ‘n te vroeë ouderdom in seksuele aktiwiteite, erken en DIT STOP!! Dit is baie belangriker om kinders te leer om respek teenoor mekaar en meerderes te hê en gebruik die LO periode soos vroeër vir LIGGAAMSOEFENING!! Die kinders sal dan nie tyd hê vir al hierdie twak nie.

Ruben ·

Vir my is dit bloot n afdruk van wat hulle glo in ons keel gat af. Self die prent bo aan die artikel sal ek nie vir my 7 jarige wys nie.
Dit is die ouers se keuse oor wat waar en wanneer en hoe daai inligting gedeel / geleer word.

Suzette ·

Hoekom kan hul nie maar ekstra klasse vir die ouers aanbied hoe om die inligting aan hul kinders oor te dra wanneer hul voel dit is die regte tyd vir hul kinders nie, i.p.v om kinders wat nog kind moet wees, hierdie geweldige inligting in te stop en dan is hul nog nie gereed daarvoor nie. Lyk my tuisonderig gaan uiteindelik die oplossing wees en almal kan dit nie bekostig nie.

Pottie ·

N Gr. 9 leerder moet gereed gemaak word vir ouerskap. Wat se waansin is dit?

Kallie ·

Maak seksopvoeding vrywillig. Die wat nie wil deelneem nie kan buite ronddrentel of bossies uittrek.

Helen ·

Die departement moet dan die handboeke beskikbaar stel om af te laai sodat ons ons eie besluite kan neem of dit geskik is of nie! Wat ek tot dusver gesien het wat in ander lande gebeur rakende CSE is skrikwekkende. Gaan maar net op Unesco se webwerf en laai van die hanboeke af wat hulle daar het vir verskillende lande.

LOLA ·

Ek sal graag wil sien hoe die “tiener swangerskappe” getalle gelyk het 20 of 30 jaar terug, voor die waansinnigheid? Sal interessant wees om te kan sien hoe dit vergelyk met die getalle van nou?

KO ·

LOLA dit was laer want kinders is geleer om wiskunde en wetenskap te doen.

Marelize ·

Ek was op 3 en 4 jarige ouderdom seksueel aangerand deur ‘n huisvriend, buurman van my ouers. Gaan mnr Mhlanga nou die kleuterkurrikulum ook aanpas?

Pervert ·

Ek moes by n kollege toesig hou in n pc-lokaal waar dié voorligting grafies uitgebeeld is. Wit- en swartstudente, ouderdom +_ 16 tot 20. Blanke dames as modelle, vernederend, getuig van swak smaak. Pornografie as jy my vra, onder die dekmamtel van LO. Hou dit uit skole en kolleges. Hou jul besig met swak uitslae, belaglike slaagsyfers ens

JV ·

Ag nee sies man, los die grootmens goed vir grootmense. Kinders moet nog pop speel en met karretjies en goed speel buite nou is party op 10jaar al swanger, nee ons lewe het so verander en snaaks party ouers se nogal ja dis maar net hoe dit is die lewe het verander. Kinders hoef nie meer pop te speel ens nie. Dankie tog ek het nog so groot geword en my kind probeer haar kind wat nou 6word ook so groot maak. Lekker in die buitelug speel en hardloop en skree en bietjie nerwe afval, bo-oor die hond val ens ens. Waar is my kinderdae!

Klip inni Bos ·

Het een van julle wat so raas al ooit n LO boek van julle kinders oopgemaak en gelees? Hulle leer al lankal oor seksvoorligting en nou gaan die Dept n paar goed bysit. Ek en my kind praat oor alles. As sy vrae het is ek eerlik met haar. Niks wat hulle in die klas gaan leer elke jr gaan haar skok of skaam laat voel nie. Dis die realiteite van die lewe en sy moet wakker loop.

Christa ·

Die land is reeds oorvol. Hoekom kinders Nou Wil leer en wys hoe grootmense lewe werk. Daar is genoeg dinge wat Kinders Kan leer. Hulle Kan in matriek skaars spel. Wat nog van lees.

Verwonderd ·

Ek bly verwonderd oor lewensvaardigheid as vak. Boonop verpligtend tot matriek. Grootste vermorsing van tyd en geld.

MK ·

Wow, jy stel dit so mooi en laat dit mooi klink, ek haal aan, “…, maar eerder veilige seksuele gedrag bevorder.” Is hy van sy sinne beroof!!! Kinders moet juis nie sulke gedrag beoefen nie!!!

WESKUS NOOI ·

Ek bid dat ouers, onderwysers en skoolhoofde sal saamstaan en NEE sê vir hierdie gemors!

@Bollabek ·

Hoekom mag ouers weier dat Godsdiens aan hulle kinders geleer word, want dit is privaat, maar seksonderrig mag nie geweier word nie? Is dit nie PRIVAAT nie!

Se maar net. ·

Wens ons het dit op skool geleer. Dan kon ek in graad 3 vir iemand vertel dat ek elke aand verkrag word in my eie huis in my eie bed. Daar waar ek veronderstel was om veilig te wees. En dit is my mening. Dit wat die kinders leer is glad nie so erg soos dit wat ou vieslike dronk mans aan klein dogtertjie doen nie. En dan praat ek nie eers van seuntjies nie. Het julle n idee hoeveel kinders in hulle eie beddens deur familie en vriende verkrag word. Gewoonlik word jy die skuldige gemaak. Dis hoekom kinders moet leer wat is reg en wat verkeerd is.

Anoniem ·

Ek stem nie saam nie. Kinders hoef nie al hierdie details oor seks geleer te word om te weet misbruik en verkragting is verkeerd nie. Hulle kan dit geleer word sonder al die details en pornografiese blootstelling.

Danie ·

Ja nee maar alles begin by die ouer huis hoe jy opgevoed word en keuses wat mens maak in die lewe….

Waar gaan dit heen ·

Toe ek op skool was, was LO wawiele, swem en sport aktiwiteite. Waar gaan dit heen?

Nee dankie ·

Ons het genoeg gehad. Ons neem ons kinders na ‘n land waar ons nie verdruk, omsingel en verswelg voel nie.

Andrea ·

Julle is só gelukkig. Gaan, en leef voluit in vrede en veiligheid. Hope seën vir julle

Humbug ·

MY KIND MY REELS. Afskuwelik. Losbandigheid dishoekom dit nou gedoen wil word en hier kom nog meer tiener swwngerskappe. Ouers moet toestemming gevra word nie gese word. Maar dis Mos lekker ons maak wat ons wil. All hell will brake loose as hul dit op my kind wil afdwing. As ander kinders Se ouers te slapgat is om iets wat so mooi veronderstel is om te wees nie wil vertel Vir jou kind bring hul Vir iemand wat op die regte manier Vir hul sal vertel. Nie so. Ek leer my kind nou reputasie Kan nie teruggekry word as jy dit verloor het nie. Sterkte Vir ons arme kinders.

Tharina ·

Skokkend !!!- Los LO vir ouers – en bring liewers Godsdiens terug in die skole in. Dink die minister nie die kinders gaan beproef wat hulle leer nie – nee asseblief kom by. Dit is hoekom 90% van ons kinders nie vandag weet of hulle n seun of n dogter is nie. In die jare 60’s en 70’s was ons skole nie so n gemors soos vandag nie – en ek glo ons het almal goed groot geword. Asseblief ouers staan op vir julle kinders en baklei hierteen.

Pieta ·

Vat weg die sassa grands en hou die onderwys soos dit was. Los die pakslae in skole en by huis. Dit het beter gewerk as al die gemors wat hul nou wil doen. Straf die mense wat hul kinders fisies mishandel. Beklemtoon die regt probleme. Nie probeer kom metboplossings wat nid werk nie. Kan mos sien hoe lyk sekere lande wat al die gemors van al jare voor ons probeer het.
Los n ding wat gewerk het.

Heleen Bruwer ·

Jip…… Ek was al van 2000 af geskok en bekommerd oor die inligting wat aan my kinders gegee word sonder my toestemming. Dit het my ook bekommer dat die skool/departement namens my besluit wat goed is vir my kind. Gelukkig is hulle nou klaar net skool maar nie sonder letsels nie, want hoewel ek my kinders streng beginsels geleer het, het baie van hul klasmaats slegs die prentjies in die boek eerder as die “inligting ” bestudeur. Dalk moet die departement eerder die verantwoordelikheid van opvoeding teruggee aan die ouers en hulle daarby bepaal om kinders se kennis te verbreed met feitlike inligting soos tale, wiskunde ens.

Susan ·

As die seksvoorligting al sedert 2000 gedoen word en daar is geen afname in seksuele oortredings nie asook geen afname in swangerskappe nie, dan beteken dit mos dat dit NIE WERK NIE

E ·

In die “ou” dae van my oumas en oupas het hulle sommer op 15 en 16 al getrou en kinders gehad. Ja, ons eie volkie. Sommer so 5 na 6 kinders. Baie van hulle het arm grootgeword en eers in die hoërskool ordentlikke skoenne en klere gehad. Vandag se jongmense trou eers baie later en het later kinders as voorheen. Hoekom? Want hulle kennis is soveel meer en hulle beplan hul lewe beter. Dit gaan nie vir my oor wat als geleer word nie, maar eerder oor die waarheid in vandag se lewe en hoe om jouself te respekteer. Kennis is mag en dit gee selfvertroue.

Christine ·

Ek dink elke kind moet van die vroegste tyd af die ware feite van die lewe geleer word, natuurlik op ñ kinderlike manier wat hy/sy verstaan. Die ouvrou storie van “die Stork” bring babas is gladnie aanvaarbaar nie, inteendeel dis ñ blatante leun! Leer jou kind reg op ñ eerlike en eenvoudige manier wanneer hulle begin vrae vra. Ek is oud en ek dink terug aan my skooldae, St. 7 (gr9) tydens voorligtings klas was seksvoorligting met ons bespreek, dit was in die 1960’s.
Ouers werk bedags, saans te moeg vir vrae antwoord. Ek reken dis beter dat kinders vroeg leer, dit voorkom wanbegripte.

A Mac ·

Gesels nou die dag met ‘n gr. 7 seun terwyl hy vir sy pa wag. Tydens die gesprek gaan dit oor skoolvakke en vra ek hom wat dink hy van seksvoorligting op skool. Sê hy vir my “Tannie, hulle kan ons niks leer. Meeste van die seuns wat hy ken wat deesdae fone het kyk porn op die fone en stuur die goed ondermekaar. Van hulle kyk selfs porn op die rekenaar by die huis as hul ouers hulle alleen los want hulle weet hoe om hulle brows history te delete.” So, moet nie altyd dink dis altyd die skole nie. My persoonlike opinie is net dat dit jammer is dat daar soveel aandag aan lesbiese, homoseksuele, transgender, en nog ander dinge aandag gegee word dat die heteroseksuele verhouding wegraak tussen al die ander. Wonder of ouers tot ‘n boekebrand-aksie sal oorgaan as hul kind met so ‘n boek by die huis aankom?

Juffrouw ·

Stem saam, A Mac.
Almal raas en blaas en skree en skerm vir ‘n vale (ek ook!), maar helaas ouers, moenie dink julle kinders weet niks nie. Maats praat onder mekaar. Berei eerder jou kind(ers) voor hoe om ‘n wysneusige, besonder goed ingeligte kind wat jou kind oor sekskapades op ‘n lelike manier wil leer op sy/haar plek te sit (en te hou). Grootste geskenk wat ouers deesdae vir hul kinders kan gee is om emosionele intelligensie te kweek.

Prok ·

In die CVO skole leer die kinders in LO goeie maniere, selfrespek en leermetodes. CVO skole het Bybelonderrig as verpligte vak tot in gr 12. In CVO skole speel die kinders handtjietennis, albasters, sokker. Sodra jou kind on ‘n CVO skool is weet jy dat jy jou doopbelofte gestand doen. Wees lief genoeg vir jou kinders om hulle na ‘n CVO skool te skuif.

Zan ·

Hy moet dalk verduidelik hoekom een uit agtien dogters van Randfontein swanger is met n kliniek en simpatieke onderwysers op skoolterrein. Die groot probleem is dat die kinders hul “onskuldige” LO ” prakties begin beoefen.
Vroeg ryp , vroeg vrot.

Kleintjie ·

Klip in die bos. Is daar nie miskien so baie tiener swangerskappe omdat hulle staats toelae kan kry vir elke kind?

Nico Uys ·

Ons moenie nou huil wat gebeur is alles ons eie skuld ons wou dit so gehad het

Nico Uys ·

Moenie nou kom huil nie ons het mos gevra daarvoor toe die land op ‘n skinkbord weggegee is.

Liza ·

As christenouer sal ek die eerste wees om my eie kinders van sulke lesse te onttrek.
As onderwyseres (wat alreeds hierdie kurrikulum aanbied) in ‘n staatskool, kan ek u verseker dat wat in die artikel staan i.v.m. die inhoud van die huidige kurrikulum, korrek is.
Omstandighede in ons land en heel waarskynlik in die wêreld ook, maak ons agterdogtig, met goeie rede.
Maar ek moet ook vra: Almal wat so besorg is oor hul kinders se sedes, aan watter musiek stel jy jou kinders bloot? Ek kry koue rillings oor die vulgêre Afrikaanse musiek (om maar een voorbeeld te noem) wat so vrolik (en skynbaar sonder dieselfde weerstand) by skoolfunksies blêr. Kla oor sedeloosheid – natuurlik – maar moenie uit twee monde praat nie.

Ingenieur ·

Dan stuur ek maar my kinders na huis-skool of oorsee, skandelik, hel ek’s regtig geskok.

Ingenieur ·

Dan stuur ek eerder my kinders na huis-skool of oorsee, skandelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.