Departement krabbel terug oor verbod op brandstof in kanne

(Argieffoto: pixabay)

Die departement van minerale hulpbronne en energie sê hy het die talle besware wat geopper is nadat ʼn verbod op die verkoop van brandstof in draagbare houers aankondig is, oorweeg.

Maroela Media het vroeër berig dié regulasie is aangekondig ingevolge die Wet op Petroleumprodukte van 1977 en stipuleer dat die verkoop van petroleumprodukte in draagbare houers in kleinhandel vir die publiek verbied word.

Dit is gedoen in ʼn poging om te verhoed dat mense brandstof opgaar en om te voorkom dat dit tydens voorvalle van brandstigting gebruik kan word. Voorvalle van brandstigting, en veral die uitbrand van vragmotors, het die afgelope ruk verskeie dele van die land lamgelê.

Die besluit het egter ʼn herrie veroorsaak en is uit talle oorde veroordeel.

Boere gebruik byvoorbeeld brandstof vir motorfietse en trekkers, asook vir kragopwekkers en pompe. Gewone burgers gebruik dit ook in enigiets van grassnyers tot gereedskap.

Die departement sê teen dié agtergrond het hy die besluit hersien. Vir die doeleindes van die regulasies verwys ʼn “houer” nou na iets wat nie goedgekeur is vir die opgaar of vervoer van petrol of diesel ingevolge SABS-standaarde nie.

“Die departement neem kennis van die angstigheid en verwarring wat moontlik geskep is, veral weens die moontlike negatiewe uitwerking op gereelde en geldige klante.”

Volgens die departement is die brandstofsituasie in dele wat deur die afgelope paar dae se onrus ontwrig is, gaandeweg besig om na normaal terug te keer.

Die departement sê geen brandstoftekorte word in hierdie stadium verwag in gebiede wat nie deur die onluste geraak is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Martie Smartie ·

Weet die arme regering dat mens n kar vol kan gaan maak en by die huis petrol uittap vir enige doel, ingesluit petrolbomme en opgaar in houers. Hou op met belaglike regulasies man en identifiseer die cronies wat hoogverraad en sedisie loop en opstook.

koos10 ·

Weereens die denk vermoëe van ‘n staatsdepartement wat nie lekker is nie. Duidelik word met niemand of niks gepraat voordat sulke “slim” besluite geneem word.
Dit het die afgelope 15 maande al hoe duideliker geword.

Phillip ·

Martie het ek ook mos gese Maak kar vol tap uit en maak weer vol altyd n plan B by ons

Wanda ·

Hulle praat nonsens oor dat mens petrol nie in enige houer kan gooi nie.Ekt fotos geneem laas week van n ou wat petrol in n water bottel laat ingooi het maar toe my man probeer het ruk terug was hy nie toegelaat nie en moes n jerry can gaan koop het

Martie Smartie ·

Die regulasie was nie laasweek al van krag nie, ek het self 40 L petrol in 2 kanne gaan koop Donderdag, die ding het Don middag/Vry oggend begin

Jaco ·

Jou man se ras is dalk “verkeerd”. Weet jy nog nie van SA se 2 stelle reëls nie?

Anel ·

Nou hoekom maak hulle nie land ook oop nie? Duisende mense sit al vir maande sonder werk want hulle regulasies werk nie. Red eerder die gesonde mense. Red die wat honger is. Daar sal altyd siekes wees. Wat is beter:duisende sonder werk en miljoene wat sterf van honger elke maand of ‘n paar honderd wat oor meer as ‘n jaar siek geword en dood gegaan het? (Meer as die helfde sou in elke geval het). Net soos met die brandstofregulasies en die drank. Niks word behoorlik oordink nie.

Cecilia ·

Daars net 1 woord vir d òu wat d regulasie in plek gesit het. STIKSIENIG!
Ek sal nou maar my kragopwekker aan my kar vasgespe en sleep na d nasste petrol stasie om vol te maak.
Wanda solank jy net nie wit is nie kan jy petrol in houers koop soos jy wil. Jou man moes maar n R50 xtra in gesit het.

Deon ·

Alhoewel die hele kannetjie storie nie deurdenk was nie is daar wel n risiko dat n brand kan ontstaan agv statiese elektristeit indien die kanne nie reg hanteer word by die vulstasie nie, dit is waarom hulle gewoonlik die kannetjie langs die pomp op die platform neersit en dan volmaak…. Party vulstasie eienaars laat ook nie toe dat daar sommer in enige kan of plastiek houer petrol gegooi word nie. Kyk bietjie volgende keer as jy brandstof ingooi waarvan word die tapkraan en pyp gemaak, hoekom nie sommer net n lekker goedkoop luislang en plastiek tapkraan nie.

Strandloper ·

Hoop die “na normaal terug keer”is bedoelende op die regeering wat n wonderwerk sal wees.

Dup ·

“Yesterday I thought I was wrong….but,I was mistaken”…….wat meer kan ñ mens nou sê?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Daar is ‘n geweldige groot verskil tussen brandstof vir ‘n Molotof-Cocktail en vir jou motor of grassnyer. Ons het ‘n vriendin wat nie ‘n tree uit haar garage kan versit nie, omdat haar motor se tenk dolleeg is. Haar besigheid staan doodstil as gevolg daarvan. En ons weet van iemand anders wat nie sy knie-hoë gras kan sny nie vir dieselfde rede. Ja, ‘n mens moet brandbomme voorkom, maar nou maak jy dit ekstra, ekstra, ekstra moeilik vir hierdie twee mense en ander in dieselfde bootjie.

Moedeloos ·

Weereens nie gedink voor die tyd nie. Eish slaan SA Regering weer sy naam met n plank

Eend Bessinger ·

Ek wil nou nie ekstra werk vir die munisipaliteite gee nie, maar elektroniese permitte vir die vervoer van brandstof petrolkanne vir noodgevalle en besigheidsdoeleindes kan dalk die oplossing wees. Elke aansoek moet vergesel wees van ‘n beëdigde verklaring met die rede vir die aansoek. Twee tipes permitte kan uitgereik word: eenmalige (nood) en hernubare permitte vir besighede en vir petrol-grassnyers. Alle brandstof moet dan in ‘n standaard houer vervoer word. Alle permitte moet geskandeer word deur die gewone kaartmasjien en noodpermitte moet dan in bewaring geneem word deur die stasie en terug besorg word aan die munisipaliteit. Noodpermitte kan ook per SMS verskaf word met ‘n verwysingsnommer wat op die kaartmasjien ingevoer kan word vir klaring.

Jacobus ·

Die probleme met al die wetgewing en regulasies, wat bedoel word om verkeerde optredes of gebruike te keer, veroorsaak net onmeetbare frustrasie en moeite aan wetsgehoorsame burgers.
Dink maar net aan die, wapenwet, bestuurderslisensies wat gereeld hernieu moet word, die skelms het geen van die probleme, en hulle word nooit vervolg

Danie ·

Jammer maar ek het min simpatie met mense wat sonder hulpmiddels gevang word nadat hulle (hoe lank nou weer?) weet van die spul breinloses wat al vir hoeveel jaar besig is met n revolusie om die land in n sosialistiese/kommunistiese staat te omskep.
Jy moet in jou huis altyd genoeg he vir ten minste 2 tot 3 maande se gas, gebottelde water, kos, medisyne (nie heeltemal moontlik met voorgeskrewe nie) en dan brandstof – karre altyd vol en ekstra in houers.
Wakker word mense daar is nie so iets soos die paradys nie.

Jack ·

So gaan met die man met die turkse konneksies. Geen behoorlike beplanning nie.

SjN ·

Weereens n bewys van totale onbevoegdheid wat foel aanbetref, wat is hul defensie van n foel houer, vra die minister om te verduidelik asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.