Departement maak klein mistykie met brandstofprys

Die departement het intussen die flater met die petrolprys reggestel. (FFoto: Maroela Media)

Die departement van minerale hulpbronne en energiesake het ʼn berekeningsfout met die brandstofprys gemaak wat hy vroeër vandeesweek aangekondig het.

Hy het dié fout nou reggestel – en dit is minstens goeie nuus vir motoriste.

In Gauteng en ander binnelandse provinsies het die petrolprys vandeesweek vir die eerste keer die R20 per liter-kerf verbygesteek – en nie eens die afwaartse aanpassing kon dié prys ongedaan maak nie.

Die departement het aanvanklik aangekondig dat die prys van petrol met 81c per liter styg, terwyl die styging eintlik net 75c per liter moet wees. Die styging het om middernag in werking getree.

Volgens die departement is die 6c-verskil toe te skryf aan die aanpassing van lone vir werkers by vulstasies wat reeds in September vanjaar in werking gestel is.

“Hoewel dit die eerste keer is dat ʼn fout in die geskiedenis van die vasstelling van die basiese brandstofprys in Suid-Afrika gemaak is, vra die departement opreg om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is,” lui ʼn verklaring wat Woensdagoggend uitgereik is.

Die res van die pryse wat vroeër bekend gemaak is, bly onveranderd. Die prys van diesel het om middernag met tussen 72,5c per liter en 74,5c per liter gestyg. Die prys van paraffien het 42,2c per liter gestyg, terwyl die kleinhandelsprys vir gas met R1,83 per kg verhoog is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Nie Verbaas ·

Wel ons is alreeds ten volle bewus dat hulle absoluut niks reg kan doen nie.

Misky ·

Die laaste 27 jaar is een GROOT “mistykie” en ons betaal al jare die prys.

Esme ·

Misky, jy stel dit presies soos wat dit is. Dit is ‘n Massiewe Mistykie en raai wie betaal.

boerie ·

Net een wat hulle erken, net omdat daar so baie gekla is, hoeveel ander is daar wat ons nie van weet nie.

JohanR ·

Kom ons sien nou…… 15 December gaan die brandstof prys AF met 25c. 4 Januarie 2022 gaan die brandstof prys OP met 75c. Wonder hoe eienaars van besighede met 40 trokke of meer op die oomblik oorleef? Kan nie net aanhou en aanhou en aanhou om prys verhoogings deur te gee aan die man op straat. Naderhand staan hy of sy ook by SASSA vir R350. En daar vlieg ‘n minister se blou lug 16 voertuig konvooi nou verby. Daai konvooi maak moes vol by die regering se pompe, soe kos die minister niks!

Inge ·

Weet jy, ons wat ‘n klein tuindienste besigheid het, het dit regtig moeilik. Ons werk net met petrol gereedskap. As ons die pryse opsit met R50 dan kla die mense en kanselleer sommer ons dienste. Dit is regtig moeilik daar buite. Ek weet nie waarheen ons gaan nie.

Jacobus ·

Dit is presies waar die kommunistiese terroriste elke inwoner in die land wil he, om elke maand bakhaand te staan by SASSA. Dan kan die ANC mos jou hele bestaan beheer. KOMMUNISTIES.

Gabriel Hoffman ·

Fout gemaak? Gaan mense terugbetaal kry? Ek gister vol gemaak na hulle fout gemaak. En goeie nuus. dis grap nog steeds glad nie goeie nuus nie. Staat betaal niks die brandstof vir toer of besoek of wat ookal nie. So hulle voel niks nie.

cccp ·

Seker maar bereken deur ‘n kader wat met ‘n 30% matriek slaagpunt spog.

Vernon ·

Ek sal nog aanvaar as hulle nie die werk wil doen nie omdat hulle te lui en sleg is…maar die feit is hierdie ouens kan eenvoudig nie die “job” doen nie!

Anel ·

6 sent!!! Toe ek die opskrif lees het ek gedink die mistykie is dal 50 of 60 sent!!! Nou is hulle so in hulle skik, en dit vir 6 sent!!! Wat dink hulle van ons???

FC ·

Ek noem die mistakie “Diefstal”
Moet daar nou saak teen ANC Goverment ingedien word”

Althes ·

Ses sent per liter minder gaan definitief nie ons alreeds leë beursies verligting gee nie.

Anoniem ·

Nou wat het die brandtof prys dan met die werkers by vulstasies se lone uit te waai? Betaal die verbruiker dan nou vir loonverhogings in plaas van die vulstasie eienaars? Dis hoe dit klink volgens die berig???

Willem ·

Die verbruiker betaal ALTYD vir die loonverhogings in enige bedryf. Dis waarom alles elke jaar duurder word. Die werkgewers moet die loongelde íewers vandaan kry. Raai waar.

Chris dupreez ·

Dit gebeur nou as jy n kader daar het wat net standerd 6 sonder somme het.

Willem ·

Net jammer dat die gashandelaars nie die BRANDSTOFPRYS VERLAGINGS aan die verbruiker deurgee nie. ‘N 19 kg gas kos al oor die R500 en wanneer die brandstofpryds opgaan gaan die gasprys ook op maar wanneer die brandstofprys daal bly die gasprys onveranderd. Dit vreet arme huishoudings wat van gas en parrafien afhanklik is uit.

Nuustak ·

MM moes die berig as die ‘Grootste Afrikaanse Grap” geplaas het. Dit is relatief geskik

WILLEM ·

Klein mistykie se voet!! Hoeveel ander foute word gemaak.
Dis hoog tyd dat ons as verbruikers ‘n volledige uiteensetting van die berekeninge maandeliks kry, as ook alle komponenete wat ‘n inpak maak op die finale maandelikse prys. Ons mor en kla maar betaal maar, dis mos maklik om die publiek in die duister te hou. Is daar dalk ook korrupsie betrokke by die berekeninge??

Swerwer ·

Wat ‘n grap……………en diè popos dink ons is onnosel om die bollie te glo wat daar gegorrel word. Hoeveel heffings wil hul nog laai, help betaal die petroljoggies, die ANC ministers se brandstof………………en so gaan die lys aan en aan.

VaalDonkie ·

Die petrolprys styg saam met die COVID golwe lykit my XD

Quina ·

WOW 6c kyk daai gaan nou n verskil maak. moet meer so R6 wees

Mariana ·

Mistakie nê. Wonder hoeveel ander mistakies so gebeur en steeds is petrolprys te hoog.

Johann ·

Lekker man lekker. Moenie worry nie….ons kinda al geprep vir die “foutjies” van die bekwame ervare offisjils.

Robert ·

Wat se berekenings foute het hulle in die verlede al gemaak… onaanvaarbaar!

Louis ·

Elke keer as dit opgaan is dit n fout aangesien Botswana en Swaziland minder vir petrol betaal as ons en hul kry dit va SA

Tanja ·

Van wanneer af moet die verbruiker diè werkers se lone betaal?

piket ·

Hulle moet nie omverkoning vra vir hulle “mistykie ” nie.
Hulle moet omverskoning vra vir hulle onbvoegdheid, traagheid om hulle werk te doen,
luiheid om ten minste te probeer om hulle self bekwaam te kry vir die pos. En dan moet hulle bedank en vra dat iemand wat bevoeg is aangestel moet word. Maar nee, ons sorg mos net vir onsself, ons eie sak
en te hel met alles en almal.

Annamarie ·

Ag siestog, hoeveel “mistykies” is in 27 jaar onder die mat ingevee?? Was die calculators sonder batterye????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.