Departement maan ouers om aansoek te doen

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het ouers wat nog nie die aanlynaansoekvorm vir hul kinders wat volgende jaar gr. 1 en gr. 8 toe voltooi het nie, herinner om dit so gou moontlik te doen.

Aansoeke sluit om middernag op 12 Junie.

Maroela Media het vroeër berig meer as 150 000 aansoeke is teen 4 Mei op die Gautengse departement van onderwys se aanlynstelsel vir skoolaansoeke ingedien.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, het gesê teen 4 Mei is soveel as 154 916 aansoeke ontvang. “Dit is amper die helfte van die 350 000 aansoeke wat vir die 2018-skooljaar verwag word,” het Bodibe gesê.

Dié suksesvolle registrasies volg ná 2016 se ineenstorting van die webwerf waarop ouers hul kinders kon registreer.

Die plasing van leerders sal van 24 Julie gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.