Departement maan teen ontwrigting van skole

(Argieffoto)

Talle gr. 7-leerders keer Dinsdag terug skool toe en die departement van basiese onderwys het ʼn beroep op gemeenskappe gedoen om skole te beskerm teen indiwidue en groepe wat dreig om skole te sluit en onderrig te ontwrig.

Die departement het Maandag gesê hy is bewus van talle pogings deur skoolbeheerliggame om presies dít te doen. In Gauteng het sommige lede van skoolbeheerliggame Donderdag reeds onderrig by 38 skole in Daveyton en Etwatwa, 27 skole in Tsakane en agt skole in KwaThema ontwrig.

Daar is volgens die departement ook berigte dat die Congress of South African Students (Cosas) onderrig by skole in die provinsie ontwrig.

“Die departement wil alle lede van skoolbeheerliggame herinner dat die sluiting van skole ʼn wetlike funksie is wat by die provinsiale departementshoof berus. As lede van ʼn beheerliggaam buite die wetsraamwerk van hul rol en funksie optree, loop hulle die gevaar dat die hele beheerliggaam ontbind kan word.”

Die raad van onderwysministers het vantevore al gewaarsku dat enigiemand wat onderrig ontwrig by die owerhede aangemeld gaan word en dat hulle ook ingevolge die Wet op Suid-Afrikaanse Skole aangekla kan word.

Die departement het lede van skoolbeheerliggame gevra om nie sake in hul eie hande te neem nie en beskikbare kanale te gebruik om enige griewe wat hulle dalk mag hê te lug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Die lesers het in n vorige berig gekla oor die staatsamptenare wat volle salaris kry en by die huis sit. Hier is weereens n bewys daarvan.

marius ·

Beroep op die gemeenskap ? Te sleg om die polisie en weermag te ontplooi ?

JohanR ·

Kan UIF nie opgestoot word na R20000 per persoon ‘n maand vir die res van jou lewe, dan kan ek by die huis sit en niks doen, en die einde van elke maand kan daai SMS op die sel verskyn om te se die geld is in betaal. Maar as daar niemand werk om belasting in te bring, waar gaan die geld vandaan kom vir UIF? ANC jy moet ‘n plan maak man. Leen nog $20 biljoen by die IMF! Is daai R7 biljoen wat jy onlangs geleen het al uitgedeel? Wie het wat gekry? Ons die armes wil weet.

LANA is ELANè ·

Hoe kry enige persone dit reg om kinders van onderrig te wil weerhou. Dit gaan my verstand te bowe dat kinderregte so verkrag word deur mense wat nie wil werk nie, en dus skoolgaan heeltemal boikot.
Privaatskole funksioneer ongeag wat die unies voorskryf, en dus word weereens net die middelklas en armer mense se kinders benadeel deur hierdie “nie skoolgaan mentaliteit” van ‘n klomp mense wat ander onderdruk oor hul slegs hul eie agendas wil bevredig ten koste van kinders.

christo ·

Die bakhand staan en en ontwrigting ter selfde tyd het nog nooit vir my sin gemaak nie. Swak akademiese uitslae word toegeskryf aan hulpbronne. Snert, jy kan iemand al die geleenthede en bronne gee, en hy sal homself nie ophef, as die wil nie daar is nie. Daar is samewerking as dit by ontwrigting en vernietiging kom, maar selfopheffing? Nooit!

Johannes Andries ·

Een ding het ek gesien in al die komentare wat so dikwels geleer word is dat almal net kritiek het. Bv word hier gevra “hoe kry enige persoon dit reg om kinders te weerhou van onderig” REGTIG,?? REGTIG???
Wat my stom slaan is hoe onderwysers altyd ge blameer word as jou kind swak PRESTEER, JY nie gekyk het dat sy huis werk gedoen is nie, of hom swak gedra het (disipline moet in ouerhuis geleer word) as hy nie sy masker skool toe bring nie, EN WRAGTIG NOU OMDAT DIE REGERING DIE SKOLE TOEGEMAAK HET,
As skole nou oop gemaak word en jou kind kry Covid (wat dalk Sy lewe gaan kos) sal jul WRAGTIG sekerlik ook weer die onderwyser die gee!,
NEE MAN!! word groot, Jou kind is en bly JOU VERANTWOORDELIKHEID. HOU OP OM ALMAL TE BESKULDIG OMDAT JY JOU PLIG VERSAAK.
HOEKOM DOEN JY NIE TUIS ONDERRIG DAN HOEF JY NIE DIE ONDERWYSERS TE BESKULDIG VIR ALLES NIE.???
AS JY KLA OMDAT HULLE BETAAL WORD EN JY nie, jy kon mos ook ‘n onderwyser word as jy wou!!,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.