Departement moet opdok ná ‘kwaadwillige saak’ teen boer

Argieffoto

Die sakeorganisasie Sakeliga het ʼn Noordwes-boer bygestaan om van die regskostes te verhaal wat hy moes aangaan om ʼn kwaadwillige eis deur werkers oor beweerde verblyfregskendings af te weer.

Sakeliga het uiteindelik die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling laat opdok vir die kostes, aangesien die departement die saak teen die boer sonder meriete aangehits en finansier het.

Volgens Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by Sakeliga, is dié sakeorganisasie genader om die kostes te help verhaal. Sakeliga het besluit om ʼn aanmaning vir die kostes aan die departement te stuur, aangesien die applikante in die saak geen bates gehad het waarop daar beslag gelê kon word nie. “Die departement se prokureurs is boonop deur die hof oor die kole gehaal omdat hulle hierdie tipe kwaadwillige en beuselagtige eise, sonder behoorlike merietebepalings, voortgesit het. Hierdie tipe sake het dus gereeld die gevolg dat boere, soos mnr. Strydom, hulself suksesvol teen beuselagtige eise kan verweer, maar dan uiteindelik nie die kostes van die regsaksie kan verhaal nie. Hierdie finansiële las kan noodlottig wees vir talle boere, selfs al het hulle niks verkeerd gedoen nie.”

Greyling sê hy is verheug dat die departement nou boete gedoen het vir sy vroeëre onverantwoordelike gedrag.

“Hierdie situasie is besonders en dui op die feit dat die departement self ook moes erken dat hul fouteer het deur hierdie saak te finansier. Uiteindelik het hul bloot net hierdie werkers – wat geen regmatige eis in elk geval gehad het nie – in ʼn posisie geplaas het om finansiële skade aan ʼn onskuldige boer te berokken. Die departement het, in terme van die betrokke wetgewing, geen saak teen mnr. Strydom gehad nie.”

Greyling is oortuig dat hierdie saak ook vir ander boere van hulp kan wees. “Ander boere in soortgelyke situasies sal hierdie saak as presedent kan gebruik in hul eie eise teen die departement. Dit is net reg en billik dat hulle, na al die onnodige swaarkry, minstens hul regskostes van die staat kan verhaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ellisras ·

As ‘n plaas eienaar weet ons dat die Dept van Grondsake die gebruik om biere finansiëel te ruïneer. Net soos Zuma sy eie regskoste moes betaal sal die twak stop as die amptenare uit hul eie sak moet opdok.

Anoniem ·

As dit wel die geval is, bestaan daar enige regsgronde waarvolgens die plaaswerkers van die plaas verwyder kan word?

Sarel Strydom ·

My Bekommernis is dat alhoewel die Departement moet opdoek dit nogtans gedoen word met Belastingbetaler se geld.

Nettie ·

@Sarel Strydom – ek wou nou net presies dieselfde ding sê. Die “Departement” betaal nie die boer se regskostes nie, dit word van die reeds-voosgeslaande belastingbetaler geïn d.m.v. persoonlike en besigheidsbelasting.

Chrisjan ·

My kommer ook, Sarel. Belastingbetalers word voos gemelk agv onbevoegdheid en kwaadwilligheid.

Stephan de S ·

Dankie vir die plasing vd berig….dis goeie nuus en dank aan Sake-liga.

Sakeliga ·

Beste Chrisjan en Sarel,
Die vermorsing van belastingbetalers se geld om hierdie tipe sake te voer is onaanvaarbaar. Sakeliga hoop om deur die regspresedent wat hierdeur geskep is, boere wat moontlik dieselfde paadjie geloop het te kan help om minstens hul verliese op te maak. Ons het die beginsels getoets en dit is nou gevestig. Ons hoop ook dat ons deur hierdie aksies die Departement oor tyd beter kan laat besin (in belang van belastingbetalers!). Intussen, het Sakeliga ook ‘n platform bekendgestel wat grond- en besigheidseienaars inligting en raad gee in die geval van onwettige besettings. Onmiddellike en korrekte (wettige!) optrede bly die vinnigste om so ‘n geval te hanteer, hoewel selfs dit ‘n beslommernis is met groot kostes. Mense probeer dikwels die reg in eie hande neem en dan word die proses tot hul eie nadeel baie langer uitgerek. Sakeliga hoop om mense deur praktiese oplossings soos hierdie by te staan terwyl ons die geveg teen skadelike wetswysigings op beleidsvlak ook pak. Besoek http://www.sakeliga.co.za of http://www.grondgryp911.co.za vir meer inligting.

Sakeliga-groete

Nettie ·

@Sakeliga – vat hulle, Flaffie!

Ons boere – blankes, om dit blatant te stel – het met harde werk, bloedsweet en trane hierdie land getem, ontwikkel en doen dit steeds. ‘n Oorgrote meerderheid van die meerderheidsras in hierdie land het “sweet blue bugger all” gedoen om die land te kry waar dit eens was. Instansies soos julle laat mens weer hoop kry dat alles níé verlore is nie en dat daar vir ons geveg sal word, indien nodig.

Chrisjan ·

Dankie Sakeliga vir terugvoering. Ek is o.a. lid van Sakeliga en wil hiermee my besondere dank uitspreek vir dit wat u voortdurend in belang van SA doen.

Hendrik UAE ·

Maar ten minste gaan ons belasting geld dan na n Boer toe en nie gatsak toe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.