Departement onbewus van tolk-besware

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool (SAPA)

Die departement van justisie het Dinsdag gesê hy is onbewus van besware wat verband hou met die tolk wat in die Oscar Pistorius-moordverhoor in die Pretoriase hooggergshof gebruik word.

“Die departement neem kennis van mediaberigte wat verband hou met tolkwerk in die Oscar Pistorius-moordverhoor,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “Ons benadruk die feit dat die werksverrigting van ons hofbeamptes, veral tolke, baie belangrik is om seker te maak dat geregtigheid geskied. Die departement kan egter nie kommentaar lewer oor die huidige verrigtinge nie, aangesien die hofsaak voortduur.”

Mhaga sê regter Thokozile Masipa, wat die getuienis aanhoor, is besig met die hofverrigtinge en sy moet besware hanteer wat van altwee partye af kom. “Die departement is gevolglik nie bewus van enige besware nie,” het hy gesê. “Ons is vol vertroue dat geregtigheid sal geskied. Tolke sal egter deur die loop van die hofsaak roteer kragtens ons skedule waar en wanneer dit nodig is.”

Die vertaling van Afrikaans na Engels is Maandag in die hof bevraagteken. Barry Roux, vir Pistorius, het gehoor Michelle Burger getuig dat sy die aand na die skietery “deurmekaar” was, en die tolk het dit as “confused” vertaal. Roux het toe sy aandag gefokus op die woord “confused” en die regter het hom onderbreek. “Is daar ʼn probleem tussen jou en die tolk?” wou Masipa by Burger weet. Burger het gesê: “Sy tolk wat ek sê. Sommige woorde is egter nie wat ek sê nie, en dan help ek haar in Engels reg.”

Burger, die staatsgetuie, het Dinsdag in Engels getuig.

Pistorius (27) word beskuldig van die moord op Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 en dat hy die Vuurwapenwet oortree het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien toe hy haar deur ʼn geslote toiletdeur geskiet het.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ilse ·

Die hofsaak word wereld wyd uitgesaai, en hier staan en stry mense oor wat die tolk se en nie se nie, dit is baie onprofesioneel. Hulle moet ‘n tolk daar sit wat verstaan wat gese word en wat dit reg oor vertolk, tot my mond het oop gehang met die eerste sessie ek kon nie glo wat ek hoor nie, Ja nee dis suid afrika weer vir jou, hang my kop in skaamte

Hettie ·

Ilse, ek stem 100% saam met jou, ek kon ook nie glo wat ek hoor nie. So groot saak en hul kan nie eers ‘n ordentlike tolk kry nie. Pateties.

Slim Daan ·

Die vertolking na Engels merendeels vir die gerief vd Regter ! Hoe maak die madam indien skriftelike vertoe of hersiening van sake wat in laer howe in Afrikaans geskied het, op haar tafel beland ?
As daar n belaglikheid is, is dit nou die merrem. Sy straal geen vertroue as regkenner uit nie. Gn wonder die meer gesoute advokate speel woer-woer met die lot nie. So dom soos grond en so bot soos klip.

MartinS ·

Stem saam met julle.
Wat my egter pla is wat is die idee agter die tolkery. Duidelik kan die getuie beter Engels praat as die tolk! As dit ‘n trick van die Staatsaanklaer is, werk dit glad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.