Departement ondersoek dood van gevangenes

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Twee gevangenes van die Tswelopelo-tronk in Kimberley is dood ná ʼn voorval waarin hulle glo ʼn wag met hangslotte aangeval het.

ʼn Volskaalse ondersoek is nou deur die departement van korrektiewe dienste van stapel gestuur.

Drie gevangenes het ʼn beampte glo met hangslotte aangeval en is beseer toe ander beamptes op die voorval gereageer het.

Luidens ʼn verklaring deur die departement is die beseerde gevangenes na buitehospitale vervoer waar twee van hulle aan hul beserings beswyk het. Die derde gevangene word steeds in die hospitaal behandel.

Die aard van hul beserings is nie bekend gemaak nie. Dit is ook nie duidelik of enige van die beamptes tydens die voorval beseer is nie.

“Die erns van die voorval noodsaak ʼn volskaalse ondersoek. Die Suid-Afrikaanse polisiediens en regterlike inspektoraat vir korrektiewe dienste is ook in kennis gestel,” lui die verklaring.

“Bykomende beamptes is sedert die voorval by die gevangenis ontplooi om normaliteit by die tronk te bewerkstellig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wondermaarnet ·

Minder vir die belastingbetaler om te sorg voor. Daar is ‘n rede hoekom hulle uit die samelewing verwyder is en steeds sal hulle amok maak in die tronk.

Misky ·

Vanuit die artrikel, klink dit of dit òf die gevangenes òf die beampte sou wees. So klink of die uiteinde goed is. Sterkte aan beseerde beamptes.

Swerwer ·

Die wag moes homself beskerm teen die skuldenaars. Hy moes hulp inroep, waarom nog geld mors op ondersoeke.

lodewyk ·

Wys jou n krimineel in SA het meer regte as die landsburgers wat maar moet gebuk gaan onder die geweld en misdaad ??

Suzette ·

Wat het van die spreekwoord “SLAAN DOOD EN SLEEP WEG” geword. Vir al die misdadigers in hierdie land word daar n Ethopia belowe. Op die belastingbetalers se geld. Wanneer gaan die “ondersoeke” ophou?????????? Tyd om te doen met daad en krag, magtig wat sukkel die onbeholpe mense nog, die probleme gaan moet stop gesit word. Dit gaan nie self verdwyn nie.

Maggies ·

Gaan die wagte veroordeel word indien vasgestel word dat die gevonnisde gevangenes gesterf het agv. selfverdediging?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.