Departement ontken rotavirus-uitbraak in Gauteng

stetoskoopDie departement van gesondheid in Gauteng het ontken dat daar ʼn uitbraak van die rotavirus in die provinsie is.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het reageer op die DA se bewerings dat daar ʼn toename is in die aantal babas wat gastro-enteritis opdoen ten spyte daarvan dat hulle teen die rotavirus ingeënt is.

Die rotavirus is een van die vernaamste oorsake van erge diarree wat gastro-enteritis tot gevolg het. Die simptome is dehidrasie, koors, naarheid, maagkrampe en waterige stoelgang.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid, het gesê hy het van bekommerde ma’s verneem dat hul babas ingeënt is teen die rotavirus, maar steeds gastro-enteritis opgedoen het. Volgens Bloom het die aantal gevalle by die Arwyp-hospitaal in Kempton Park aansienlik toegeneem.

Bloom het gesê die rede waarom die inenting moontlik nie behoorlik gewerk het nie, is omdat die serum moontlik nie behoorlik koud gehou is nie.

Mabona het egter gesê dit is belangrik om daarop te let dat die rotavirus nie die enigste oorsaak van gastro-enteritis by kinders is nie. “Ander redes is onder meer die oorgang van vloeibare na vaste kos, kosallergieë asook bakteriese en virale infeksies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Estelle ·

My dogter was gisteraand by daai hospitaal, hulle het vir haar gese sy het n virus. Maar dit nie n naam gegee nie. Sy was op n drip, en toe huistoe gestuur sonder n voorskrif.

Lance ·

Ontken ontken en nogmaals ontken …todat dit ontaard in iets wat onbeheer baar is ….netso het Eskom ontken dat ons nie genoeg krag het nie todat die ligte af was en dit te laat was ….hulle leer netnie uit hulle foute nie !

danie ·

Ek wens as partye aannames maak hulle dit staaf met bewys stukke, dit sal die argumente soveel makliker maak.

m ·

Die begin van n groot probleem?? Dit help nie om alles net te ontken nie. Vertel ma eerder die waarheid en se wat gedoen kan word om dit te verhoed of te beheer of wat ook al. Mense moet vroegtydig ingelig word oor die simptome. Liewe hel hou net op om alles in hierdie land te ontken dan sal dit ook beter gaan.

Karma ·

Sekerlik is die Rota-virus nie die enigste virus/kiem/wat-ookal wat gastoënteritis veroorsaak nie? Vuil, onhigiëniese omstandighede (soos babas wie se doeke nie gereeld genoeg omgeruil word en weggedoen word mee nie, vuil water wat ongesteriliseerd gebruik word vir formule-melk, gebottelde babakos wat oopgelos word, huis-vuillis wat nie verwyder word nie ens. ens ens.) veroorsaak meesal intenstinale infeksies. En dan ook die verpleegsters van vandag wat nie genoeg en gereeld en goed hande-was tussen pasiënt tot pasiënt nie. Dit is egter onverantwoordelik van die gesondheidsdepartement om te ontken dat daar ‘n uitbraak is.

vrede ·

My kleinkind het ook daai virus ek wens die paar dae se hel wat ons almal moes deurmaak vir niemand nie. Dankie Here hy is beter . Maar wie gaan ons onverskoning vra vir ander se nalatigheid of gaan almal maar weer net skouers optrek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.