Departement ontken verpleegkollege gaan deure sluit

Foto ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Die Gautengse departement van gesondheid het gerugte ontken dat die Ann Latsky-verpleegkollege in Auckland Park, Johannesburg, vir ’n onbepaalde tydperk sy deure gaan sluit.

Prof. Mkhululi Lukhele, die hoof van die departement, het in ʼn verklaring gesê hy wil dié gerugte in die kiem smoor. “Die teenoorgestelde is inteendeel waar. Die Gautengse verpleegkolleges Ann Latsky, Chris Hani Baragwanath, SG Lourens, Ga-Rankuwa, Bonalesedi en die Rahima Moosa-verpleegkollege het reeds op 7 Januarie vanjaar heropen. Klasse soos primêre gesondheidsorg en eerste jaar verloskunde het reeds begin en studente wat oorbruggingskursusse doen, woon ook reeds klasse by,” sê Lukhele.

Die gerugte kom nadat derdejaarstudente by die Ann Latsky-verpleegkollege verlede jaar volstrek geweier het om hul eksamen aan die einde van die akademiese jaar af te lê. Die studente het glo gevoel hulle het te min voorbereidingstyd vir dié eksamen ontvang.

Lukhele erken dat verlede jaar se studentebetogings ’n negatiewe invloed gehad het op die kollege se bedrywighede, maar verseker dat die kollege vanjaar ten volle sal funksioneer en “onderrig en opleiding reeds plaasvind”.

Hy verduidelik verder dat die protesaksie van verlede jaar geensins vanjaar se studente-inname beïnvloed nie aangesien alle studente wat vanjaar hul kursusse by Bonalesedi Kollege vir Verpleegkunde en SG Lourens Kollege moes begin, reeds begin het.

Volgens Lukhele het die departement destyds probeer om die kwessie by die kollege op te los deur nog ʼn eksamendatum te verskaf waartydens die studente hul eksamen wel kon aflê. Dit is glo gedoen deur middel van ‘n remediëringsproses. “Daar moet kennis geneem word dat eksamenreëls nié bloot verander kan word nie en die departement nie op aandrang van die studente ’n benadering kan toepas waartydens almal bloot deurgesit word nie. Dit is teen die reëls.”

Die departement sal wel die nodige stappe volg om studente die geleentheid te gun om tog na die volgende akademiese vlak te vorder – dit sluit in ’n hereksamen en die moontlikheid van appèl indien nodig vir studente wat verontreg voel.

Lukhele sê dat daar sommige studente is wat hul uitstaande eksamen wil aflê en dat die departement bereid is om hierdie studente te help indien die proses verloop soos uiteengesit in die eksamenreëls. Hierdie reëls sluit in remediëringsklasse en toekenning van verlofdae vir studie sodat studente nie benadeel word nie.

Hy sê sommige van die Ann Latsky-studente is ook reeds besig met ervaringsopleiding in Gautengse hospitale aangesien ʼn sekere aantal praktiese ure nodig is om hul akademiese jaar te slaag.

Dit het ook intussen onder die departement se aandag gekom dat sommige studente glo ander intimideer. “Dít bekommer ons en ons sal die saak ondersoek. Ten spyte van al hierdie uitdagings, bly Gauteng die leier wat in die toekoms van verpleegkunde in Suid-Afrika belê,” sê Lukhele.

Dié departement bestee jaarliks sowat R140 miljoen aan beurse vir 1 310 studenteverpleegkundiges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gertryda kotze ·

Eens n trotse beroep om te volg…. eens n trotse kollege om opleiding te gedoen het…. bly ek verpleeg nie meer nie… ek sak my kop in skaamte

ZENO ·

As ek nou weer as `n verpleegkundige moet gaan werk, dan jaag hulle my voor tee tyd weg.
Standaarde uiters swak, laat sak ook my kop in skaamte. Jy moet `n passie vir die werk hê,en hou politiek uit die beroep en nie net werk vir `n salaris nie. Elke item wat jy aan vat in `n hospitaal,raak jy aan `n mens se lewe.

Hanna Hoekom ·

Het self aan een v hierdie genoemde instellings geswot en glo my, hierdie gedrag is ou nuus! Hulle betoog en verniel vir geen rede nie. Voor eksamens, tydens eksamens en na eksamens! Hoeveel keer moes ons nie vlug wanneer die voornemende verpleegsters begin klip gooi en brand nie? Dan vra mense hoekom dit in ons staatshospitale gaan soos wat dit gaan… Hierdie mense het GEEN passie vir hul werk nie!

John ·

… en as dieselfde vraestelle vir die laatskrywers as vir die ander gegee word, soveel makliker om goed te slaag sonder om te leer… So maak universiteitstudente ook. Plannetjies… plannetjies…

Stuiwer ·

In hierdie land is daar ‘n gevoel van entitlement. Waar in jou lewe het jy al gehoor van studente wat demands stel t.o.v. deurkom. Leer of vat die pad. Ek sal in elkgeval nie deur een van hierdie sogenaamde verpleegsters behandel wil word nie. Aan die een kant word klip gegooi en aan die ander kant wil hul pasiënte versorg. Who is fooling who. En die Deprtement van Gesondheid trek skouertjies op. Ek wonder wie kry die beurse? Obviously daai mense wat nie eintlik belangstel in die kursus nie. Dit maak my siek!

Santie ·

Mens sien amper nie meer wit verpleegsters nie. ? Daar is baie wittes wat WIL verpléég, maar nie keuring kry nie. Ek ken iemand wat jare gesukkel het om keuring te kry. In Tehuise vir bejaardes gewerk. Uiteindelik deur ‘n (swart) voet ingeskop wat haar potensiaal raakgesien het. Vandag is sy ‘n geliefde Suster ICU en pasiente huil as sy van skof af gaan. Gee wittes weer ‘n kans vir die werk.

Elna ·

Santie ek stem 100% met jou saam. Gee wittes weer kans om te werk. Ek amen daarop. Dankie vir elke liewe suster en verpleegster wat nog hulle werk met volle passie doen terwille van die liefde vir n ander mens se lewe.

kallie ·

Daarom,behoede enigeen wat in ‘n staatshospitaal beland. Almal is lui en wil deurgesit word soos die berig meld. Die wil om te studeer en goed te doen is nie daar,die wil en deernis vir siek mense ontbreek.daarom dat elke staatsdepartement sulke gebrekkige dienste lewer en in ‘n staatshospitaal, is dit absoluut noodlottig, mense sterf!

Hennie ·

Ek stem volkome saam het nog verlede week met n staats hospitaal te doen gehad wat na 4 maande nie kan besluit wat om met n kanker pasiënt te doen nie. As jy daar kom wag jy die hele dag net om te hoor kom volgende week weer terug
Verpleegster personeel uiters slordig en gee nie om nie praat op cell fone terwyl jy iets wil uitvind uniforms uiters swak .dan moet jy nog sit en wag vir die dr en in die wagkamer langs die toilet te lande kom broer dit is soos n perd wat 7 dae terug gevrek het jy kan nie waag om n iets te eet nie so erg is dit
Was nooit so gewees nie in die ou dae.Dankie tog vir mediese skemas al is dit duur.

Foxi ·

Nee hel…..in n private hospitaal kan daar nie eens n ‘drip’ reg ingesit word nie. Wil soveel rekke en verband om jou arm sit om n aar te kry. Dan wil hulle nog oorgesit word om te verpleeg? Soos jy studeer so sal jou werk wees.

Hannah ·

Tragies!! My opleiding by Andrew Mc Colm en Nichol huis voltooi jare terug. 3 maande prakties by hospitaal en 3 maande klasdraf. Jy moes jou tyd so bestuur om deur alles te kom, wat wou “weier volstrek om eksamens af te lê”. Dis ‘n vrot spul nou-se-dae. Geen eerbaarheid nie. Wat’ n skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.