Departement pos werkers oor kwalifikasies

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van gesondheid in Gauteng het met stappe begin teen tien werknemers wat glo vervalste kwalifikasies het.

Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid in Gauteng, het gesê agt werknemers is afgedank terwyl een van die werknemers ʼn finale waarskuwing ontvang het en met drie maande se salaris beboet is. Volgens Mahlangu het die ander werknemer ʼn appèlproses begin en word daar op die afhandeling daarvan gewag.

Die werknemers sluit drie administratiewe klerke, twee mediese praktisyns, twee verpleeghulpbeamptes, twee huiswerkers en ʼn portier in. “Agt van die werknemers het vals matrieksertifikate gehad en die ander twee vals mediese kwalifikasies,” het Mahlangu gesê.

Die departement gaan intussen voort om kwalifikasies te verifieer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

V ·

Ja wel dit is niks nuuts nie.Dit is nuwe Suid Afrika hul wil alles te gemaklik he.

Leonard de Lange ·

Stem heel hartig saam. Meeste van ons het dit al ervaar.

Gert ·

Ag, die outjies daar onder tot die skoonmakers moet nou matriek he. Shame. Hoe kwailfikasies vir lae jobs. Dan weer std3 vir president. Wat van die gesondheids departement se bestuur. Hulle wil nie daarna kyk nie nou slaan hulle die maatjies op grondvlak. As hulle hul self moet ondersoek is hulle almal weg. Toemaar ons weet al by die tyd dit is net n rookskerm nou is almal tevrede want n ondersoek ?(na die verkeerde) personeel is gedoen. Bhwa bhwa bhwa Wa tn grap. Dis hoekom oom Paul ook moet trek sy kwalifikasies is ook the laag om op Kerkplein te staan. Hulle moet net daai voetstuk van die Kruger beeld vergroot sodat dit vir Maleme en sy Poo emmer kan dra

Theresa ·

Dis niks snaaks nie. Alles mos verniet hier in Suid-Afrika. Hulle is wonderlike wesens. Kan by enige plek in enige pos instap en ‘n wonderwerk gebeur. Het julle dit nog nie agtergekom nie. Urgh !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ai tog ·

Solank jou vel kleur en jou van reg is kan jy enige plek instap en die wonderlikste pos los slaan as jy die regte connections het. Ek wil net weet hoe op dees aarde dobbel jy met pasiente se lewens imagine “mediese praktisyns” As daai dokter klaar is met jou is jy seker of sieker of seker “morsdood” om jou verhaal te vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.