Departement reageer oor swangerskappe by skool

Argieffoto

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Maandag reageer oor berigte dat leerders by die Bothitong High School buite Kuruman in die Noord-Kaap swanger geraak het, en dat onderwysers glo hiervoor verantwoordelik was.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die provinsiale LUR van onderwys, het gesê die media het berig 30 meisies is swanger by die skool. “Volgens die departement se rekords was 16 leerlinge die afgelope drie jaar swanger by die skool. In 2015 was dit twee skoliere, 2016 was daar vier skoliere en tydens 2017, 10 skoliere. Tans is ses skoliere swanger. Tienerswangerskappe in die John Toalo Gaetsewe-distrik het ongetwyfeld ʼn groot invloed op die gehalte van onderrig,” het Van der Merwe verduidelik.

“Die Noord-Kaapse departement van onderwys het met ʼn program begin om aktief met leerlinge te gesels oor sake wat ʼn negatiewe invloed kan hê op hul skoolloopbaan. In meeste gevalle word leerders blootgestel aan maatskaplike euwels soos dwelm- en alkoholmisbruik wat tot tienerswangerskappe lei. Hierdie skoliere sal nie aan ons ekonomie kan deelneem nie, aangesien hulle nie die minimumvereiste in die arbeidsmark sal haal nie.”

Van der Merwe het gesê die departement het dadelik ʼn span ondersoekers na Bothithong High School gestuur om die bewerings te ondersoek, om voldoende inligting te verskaf om die regte besluite te maak wat betref dissiplinêre stappe teen die betrokke onderwysers en om berading te bied aan die betrokke leerders en personeel.

“Die ondersoek het aan die lig gebring dat geen onderwysers voorlopig geïmpliseer word dat hulle enige leerder swanger gemaak het nie. Drie onderwysers het egter onbehoorlike seksuele toenadering by leerders gesoek,” het Van der Merwe bygevoeg. “Die departement het reeds voorlopige skorsingsbriewe opgestel vir die drie onderwysers. Die drie onderwysers moet binne vyf werksdae hierop reageer.”

Hy het gesê die ondersoek duur voort en die departement bly toegewyd om die regte van alle leerders te beskerm.

“Daar was ook berigte dat twee van die betrokke onderwysers in hegtenis geneem is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dis belangrik om kennis te neem dat strafregtelike vervolging en dissiplinêre prosesse verskillend is en deur verskillende wetgewing beheer word. Bewyse in ʼn strafregtelike saak moet bo redelike twyfel bewys word en in ʼn dissiplinêre proses word daar gekyk na die balans van waarskynlikheid. Indien klagtes in die strafregtelike saak teruggetrek word, beteken dit nie dat dit enige invloed sal hê op die dissiplinêre proses nie.”

Van der Merwe het gesê die doel van die skorsing is ook om seker te maak dat die leerlinge nie verder blootgestel word aan enige emosionele of fisiese trauma nie, om seker te maak dat daar nie met ooggetuies ingemeng word nie en dat die departement se naam nie skade ly nie.

“Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die werkgewer besluit of enige verdere stappe gedoen moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hanna ·

Ek het jare in staatshospitale gewerk, kraamsaal… Die eerste vraag met opname: Sister, where I apply for the grant? Die meeste v hierdie pasiente is onder die ouderdom van 18. Stop die bleddie toelae! Glo my, sy is vlg jaar terug… En niemand voltooi skool nie. Hartseer!

Haan ·

Dit is sinvolle en insiggewende kommentaar, dankie Hanna.
hóe verduidelik mens dít nou aan hierdie onnosele departement/staat van ons??? Hulle soek buitendien net getalle sodat hulle die demografiese stryd kan wen. Ongelukkig ten koste van hierdie meisies (eintlik almal in SA) se toekoms.

snoefie ·

set ek ook Hanna. die toelae is die groot oorsaak van due swangerskappe. as hulle “groot” genoeg is om n kind te verwek, is hulle groot genoeg om due kind te versorg ook. as die pa nog self n skoolkubd is, moet sy ouers die kind finansieel versorg.

Melanie ·

Ek weet van mense wat babas “leen” om toelaes te kry. Hulle raak nou slim! Vir wat sal hulle kraam as hulle ‘n beter plan het?

w ·

Ek werk daagliks met mense uit agtergeblewe gemeenskappe. Weer Sat n klient gehad middel twintigs maar kind nommer vier oppad. Ek se ha nee hell jy sal jou moet laat steriliseer nou. Gaan absoluut oor Allpay. Govt worry ni want dis votes vi hulle?

Johann Marx ·

Ek verskaf ‘n inkomste aan ‘n blanke gesin wat swaarkry. Toe die vrou met haar 3de swangerskap (op 25) versoek om gesteriliseer te word, was die antwoord “Nee, jy is te jonk daarvoor, wat as jy later NOG kinders wil hê?” Hulle kan alreeds nie die versorg wat hulle het nie, en sy het swanger geraak omdat die plaaslike “kliniek” elke maand vir haar ‘n ander soort “pil” gee, sommiges verby die vervaldatum op die houer. Daardie drie kinders het GEEN hoop op ‘n toekoms in hierdie land nie.

alida ·

Hoeveel keer moet mens dit nog voorstel dat daar net “grant” toegestaan moet word aan 2 kinders per gesin. Die grants gaan die land nog bankrot maak. O ek het vergeet die land is reeds bankrot gesteel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.