Departement sal ‘binnekort’ sê oor Covid-19-regulasies

(Argieffoto: Unsplash)

Die departement van gesondheid sê hy word oorval met navrae deur die media en die publiek oor Covid-19-regulasies.

Maroela Media het vroeër berig die oorblywende maatreëls ingevolge Suid-Afrika se ramptoestand wat verlede maand vir 30 dae verleng is, verval Woensdag om middernag – en miljoene Suid-Afrikaners wag op hete kole om te sien wat die verwagte nuwe gesondheidsregulasies gaan inhou. Die maatreëls verval outomaties vandag (4 Mei) en sou daar nie binne die volgende paar uur nuwe regulasies bekend gestel word nie, sal niks Suid-Afrikaners dwing om voortaan byvoorbeeld ʼn masker in die openbaar te dra nie.

“Die departement is tans besig om ʼn openbare kennisgewing te finaliseer oor hoe die land vorentoe sal beweeg om die verspreiding van die huidige Covid-19-pandemie en toekomstige mediese toestande te beheer,” sê Foster Mohale, woordvoerder van die departement.

“Ons word oorval deur navrae van die media en die publiek en wil die publiek graag gerus stel dat alles onder beheer is. ʼn Aankondiging sal binnekort gemaak word en ons is bewus van die verval van die huidige maatreëls.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jakkie

Bla Bla Bla Bla. Dis al wat ek hoor!!

domheks

African time!

Johann

Onbesonne onbevoegd! En bloot GEEN gevolge nie. ANC LEGACY van uistel en afstel.en aanpass.

Papsak

Ag asb ek stel nie belang in hulle reels nie want niks verander

Johan

Julle gee hul baie mag as jul so aan hul lippe hang vir instruksies. Dis nou klaar, lis dit net.