Departement sal eerste onteienaars wees, sê Sisulu

Lindiwe Sisulu (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die departement van menslike nedersettings sal die eerste grondonteienaars wees sodra die wetgewing van krag word, het minister Lindiwe Sisulu Dinsdag gesê.

Sisulu het die media toegespreek voor haar departement se begrotingsdebat in die parlement. Volgens haar sal wetgewing wat die onteiening van onbesette grond in openbare belang beheer, noodsaaklik wees om meer behuisingsgeleenthede naby aan stede te verseker vir behoeftige persone.

“Ons sal seker maak dat ons eerste in die ry staan vir grond wat onteien word sodra die wetgewing goedgekeur is,” het die minister gesê. “Trouens, ons is van voornemens om ʼn klousule by die wetsontwerp in te sluit dat alle staatsbeheerde en openbare grond in die stede aangewend word vir behuisingsdoeleindes.”

Die onteieningswetsontwerp is verlede jaar onttrek om LP’s kans te bied om te besin oor die vraag of artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak. LP’s het verlede jaar ten gunste van die wysiging gestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Oujongvrou ·

Ja ja ja en ons glo elke woord wat uit ANC se monde kom.

James ·

So… klomp plakkers kampe en niks plase en plant nie.. OM kos te voorsien nie. Eerder nog plekke waar bevolking met 10X kan groei…..

Johanna Botha ·

Alles is bankrot …glo my dit gaan ook n flop wees !

Andreas ·

Koebaai parke, koebaai groen oop ruimtes, koebaai sypaadjies. Parkeerareas?

Gert van Wierdapark ·

Ongelukkig vir mini-ster Sisulu is alle grond nie geskik vir behuising nie. Sy sal soos ons in Centurion eers die “Red Tape” van geologiese verslae moet doen, om dit na “Groen Tape” te verander!!! Sy was mos al mini-ster van Behuising gewees, so hopelik sal Menslike Nedersettings haar nie te veel hoof-brekens besorg nie! Hoop ook sy sal nie hare kloof oor die onderwerp of dalk ander rolspelers die hare in vlieg nie. He-he-he!!
.

Jannie van Niekerk ·

Nevermaaind “Koebaai Parke”… Vaarwel Suid Afrika, Hallo Misdaadfrika.

Mariane ·

Beteken dit dat “Greenbelt areas” grond wat vir parke uit gesit is kan nou vir behuising
gegee word?

David ·

Kyk hoe praat sy haar mond verby. Grondonteiening is dus ‘n uitgemaakte saak !

PJC ·

Mariane net na 1994 het sommige ANC lede met planne rongeloop waarop alle openbare ruimtes gemerk was “low cost housing”. Dalk is dit nou hierdie drome wat Lindiwi Sisulu nou wil laat waar word so as ń mens nou naby sulke oop ruimtes bly moet jy seker al begin wonder of dit nie beter is om vroegtydig te verskuif nie.

François Joubert ·

Golfbane gaan eerste geteiken word. Is mos ‘n witmens ding

Jan ·

Maar waarom kerm julle dis mos wat julle ou afrikanerkies wou gehad het…

jaco ·

Begin by Wingfield in die kaap. 25 hektaar oop en onbenut en dit behoort klaar aan die Staat so die bouwerk kan eintlik al môre begin. BAIE plek daar vir klomp huise.

aj ·

…. ha …. ha …
Hoe ‘onteien’ jy grond wat reeds aan die staat behoort?
… daar’s ‘n ” varkie wat los rondhol …”

Juanita ·

Before all available land is dished out, Municipalities should make allotments available where town dwellers can grow veggies. Employment and income problem solved to a small extent but can make a big difference in providing fresh food

Andreas ·

Net solank hulle nie my blomme en plante vertrap nie!

En nie my oprit versper nie.

Ivan ·

Ek stem honderd persent saam en dink dit is prakties haalbaar. Goeie oplossing en goeie begin.

kolla ·

Ek hoor Kaapstad is eerste op die lys. Voorsiening vir die intog van meer Oos-Kapenaars met die einddoel dat ANC natuurlik weer die Kaap oorneem. Die DA beheerde Wes-Kaap irriteer die ANC grensloos want nou het hulle ‘n regering waarteen hul swak regering elders gemeet word.

Kobus ·

L.W. Die Dept. Onder leiding van Sisulu. Snr. Amptenare sal elke een eers vir hulle een of meer Standplase opeis dan hulle families en wat oorbly sal miskien gebruik vir Behuising wat ook deur die Families gebou sal word en oor 2 jaar sal omval. Wat maak sy nog steeds in die plek wat hulle die kamtige parlement noem.

Diefie ·

Wel mense die plakkers neem die Kaap oor. By die laaste verkeerslig van FW de Klerk boulevard aan die linkerkant is 3 groot plakkers plekke met baie plastiek en buitebande. (Ons weet as daar buitebande is en buitelanders wat gebeur. En so word daar geplak tot tussen inkommend en uitgaande bane en al op die skouer van die N1 van die Kaapstad tot by Tygervallei afrit. Tot langs die weermag grond en in die tronk gronde en is dit “”skoon”” daar ☺☺☺

fred ·

nog meer plakkerskampe vir onwettige buitelanders….. dit gaan oo n ramp afstuur…en wat van die infrastrukture wat nou al oorbelas is….?

Jacques ·

Stiks – Die probleem is dat die regering in n droomwereld leef op hulle eie planeet . Die dame praat net om haarself goed te laat lyk . Dit is nie net vir grond VAT nie , wat van werk vir dit wat jy wil he in die lewe ? Ek reken om arm te wees is nie n groen lig om morsig te leef nie . Dink net aan al die papiere wat in jou erf gaan le as daar schack langs jou huis gaan wees . Begin eers die mense opvoed .

Hansie ·

Juanita, ek het slegte nuus vir jou. Die selfhelp skemas werk nie. Hier by ons was so projek wat deur fabrieke en die gemeenskapkas aangepak was, duisende rande is ingesit vir oa tonnels en water. die projek het goed weggespring, en daar was baie groente, tot alles verkoop is, elektriese drade, sproeier sisteem en kraankoppe. Daar gebeur nou niks meer nie. Die mense kan nie boerderye bedryf nie, want soos die geld inkom word dit gebruik, en niks gebere vir die volgende saad of produkt nie. Kyk maar na die skandes van plase waar diere vrek van honger omdat hulle ook nie kos gekry het nie.

pJ ·

onteindie see baie oop en baie plek om te plak HBP dam net so groot is klaar frot so gaan plak op hom ook geen skaade nie

Grassie ·

As jou huis dan naby aand die kante van n dorp of naby ‘n parkie of oop stuk grond is sal jy moet planne maak, diefstal, moord en verkragting in daardie area gaan skerp klim!

Pietertjie ·

Die Staat gaan sy eie grond eerste onteien. Die grond gaan dus deur die Staat, vanaf die Staat na die Staat oorgedra word. Wat ‘n grap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.