Departement sal “geen-fooi”-skool ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van onderwys in Gauteng het Maandag met ʼn ondersoek begin oor ʼn skool in Centurion wat nie enige skoolfonds hef nie, maar ʼn leerling geskors het omdat sy nie skoolfonds kon betaal nie.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement, het gesê ʼn beampte van die distrikskantoor sal Maandag begin ondersoek instel. “Ons sal na afloop van die ondersoek op die verslag reageer,” het sy gesê.

Sekhonyane kon nie ʼn berig bevestig dat Laerskool Walter Sisulu in Olievenhoutbosch ʼn geen-fooi-skool is nie. Sy het gesê dit sal tydens die ondersoek bevestig word.

Volgens ʼn dokument van die departement van onderwys word ouers van leerders by geen-fooi-skole vrygestel van die betaling van verpligte skoolgeld, maar is nie uitgesluit uit die maak van vrywillige bydraes tot die skool nie. Skoolbeheerrade het glo ook steeds ʼn verantwoordelikheid om fondse in te samel selfs al is die skool as ʼn geen-fooi-skool verklaar.

Die Sowetan het Maandag berig dat ʼn sesjarige leerling egter by die laerskool geskors is omdat haar ma nie die skoolfonds kon bekostig nie. Die Graad R-leerling is nou al twee maande lank by die huis. “Ek het die hoof gaan sien, maar hy was ongenadig en het my en my dogter die deur gewys,” het die meisie se ma gesê.

Die skoolhoof, Garos Kabinde, wou nie kommentaar lewer op die berig nie en het alle navrae na die departement verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Praat afrikaans of hou jou bek! ·

Hoe verwag die klomp dat enige instansie kan funksioneer sonder enige inkomste? Ek verstaan subsidies word toegeken, maar die subsidies is is so klein dat die betrokke instansies nie anders kan as om ‘n klein maandelikse bedrag te verwag van die ouers nie. Dit is die groot rede hoekom dinge is soos dit is. Die subsidies is te klein om genoeg onnies aan te stel en die skool nog aan die gang te hou, dis hoekom klasse so oorvol is (35 tot 50 kinders per klas) en onderwysers liewers verkies om hulle dienste by privaatskole te bied, aangesien die voordele en werksomstandighede tien maal beter is as die by ‘n staatskool.

Ghost ·

Stem saam jou, enige instansie het geld nodig om te funksioneer. Maar die geen-fooi-skool kry groter subsidie as n fooi-betaal skool juis om voorsiening te maak vir al daai ouers wat nie kan betaal nie. En ja die sogenaamde skool is n geen-fooi-skool nie.
Dit is ook dat sulke skole swaar trek met die stygende ekenomie en veral die Water & Krag rekening wat jaarlik so stuig sukkel al die skole om kop bo water te hou sonder extra inkomste.

Praat afrikaans of hou jou bek! ·

Ek laat my nie vertel een van daardie ouers sal ‘n vrywyllige bydrae maak nie, dis mos dan nou te lekker om die gravy trein te ry!

Lindie Lourens ·

Ek was ook betrokke by ‘n geen-fooi-skool waar die graad R kinders skoolfonds moes betaal.Volgens my kennis is dit net die kinders vanaf graad 1 wat deur die departement as geen-fooi-kinders gesien word, omdat graad R nognie verpligtend is nie. Enige skool moet tog, as daar ‘n graad R-klas of twee is, êrens die nodige geld vandaan kry om te kan funksioneer. Dis soos ek dit nog altyd verstaan het.

Ghost ·

Lindie ek praat onder koreksie, maar tans dink ek die Graad R’s word nie vrygestel vir skool gelde nie want Graad R’s by die skole kry hulle eie subsidie en dis nie uitgemaakte saak dat Graad R elke jaar subsidie kry nie. Ek weet die Departement werk daarna toe dat al die skole Graad R verpligtend maak dan behoort dit te verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.