Departement sal Grace Mugabe-uitspraak bestudeer

Gabriella Engels saam met Kallie Kriel van AfriForum (Foto: Brenda Masilela, ANA)

Die departement van internasionale betrekkinge het gesê hy sal die uitspraak, wat Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer is, bestudeer. Die hof het beslis dat die diplomatieke immuniteit wat aan Grace Mugabe toegestaan is, ter syde gestel word.

“Die departement sal die uitspraak bestudeer en later kommentaar lewer indien nodig,” lui ʼn verklaring wat die departement uitgereik het.

Maroela Media het vroeër berig regter Bashier Vally het gesê die besluit, om diplomatieke immuniteit aan Mugabe toe te staan nadat sy na bewering ʼn Suid-Afrikaanse vrou Gabriella Engels, aangerand het, was ongrondwetlik.

Vally het ook beslis dat die minister van internasionale betrekkinge AfriForum en Engels se regkoste moet betaal.

Mugabe het na bewering die model in Augustus verlede jaar aangerand toe sy haar saam met haar twee seuns by ʼn hotel aangetref het. Mugabe beweer sy het uit selfverdediging opgetree. Sy is toegelaat om die land te verlaat sonder enige vervolging.

Die departement het in Mei aangevoer hy het nie diplomatieke immuniteit aan Mugabe toegestaan nie, maar dat hy dit eerder kragtens internasionale wetgewing erken het.

James Selfe, federale raadsvoorsitter van die Demokratiese Alliansie, het die departement se besluitnemingsproses bevraagteken en gesê daar is niks in Suid-Afrikaanse of internasionale wetgewing wat bepaal dat Mugabe diplomatieke immuniteit verdien het nie.

Selfe het gesê Mugabe het bloot immuniteit gekry om haar te beskerm teen ʼn verhoor en dat die besluit nie op enige wetgewing gebaseer is nie en dus nie in die belang van Suid-Afrikaners kan wees nie. “Ons het vandag geregtigheid gekry. Dit is belangrik, want ʼn ernstige misdaad is teen me. Engels gepleeg.”

Selfe het gesê ʼn lasbrief vir Mugabe se inhegtenisneming moet weer uitgereik word en die regering moet seker maak dat sy na Suid-Afrika terugkeer om verantwoording te doen vir haar optrede.

Die burgerregtegroep AfriForum het intussen gesê die Nasionale Vervolgingsgesag het geen rede om Mugabe nie te vervolg nie. “As die NVG nog steeds voete sleep en niks doen nie, sal adv. Gerrie Nel voortgaan met privaat vervolging namens Gabriella Engels,” het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ellisras ·

Een of ander regsgeleerde het gesê dit sal “dom” wees van Tannie Grace om haar gesig in Suid-Afrika te wys. Soos ons haar ken met al die dom dinge wat sy op ‘n streep gedoen het. Ons soen haar binnekort.

Louw ·

Ons sal jou afvaardig om vir haar al die soene te gee wat jy wil.

Avra ·

Uiteindelik. Het dit nog altyd gesê. Hoe kan jy eers die daad pleeg en dan diplomatieke umminiteit kry…

Frikkie ·

Wonder wat daar kwansuis sou wees om te gaan bestudeer, behalwe om dalk net nog meer geld uit die staatskas te gaan vermors?

Ag tog ·

Wat is daar om te “bestudeer”? Alweer tyd- en geldmors!

tamboti ·

Kom ek stel dit so polities korrek as moontlik vir die sensorraad: Is die departement se regsspan dan verstandelik uitgedaag omdat hulle die uitspraak moet bestudeer om te verstaan dat dit wys hul is verkeerd.
(ek hoop ek het die ‘woord’ filter nie verstop nie)

jaco ·

‘n Indiër regter lewer uitspraak ten gunste van wit mense wat ‘n kleurling kliënt verteenwoordig teen ‘n swart vrou. Daars geen manier wat die swart ANC-regering hierdie uitspraak gaan aanvaar nie. Beskuldigings van rassisme en “julle is sell-outs en house slaves van die wit mense” gaan binnekort gehoor word. Afriforum se hulp aan iemand wat nie wit is nie sal seker ook gesien word as “window dressing”.

Koos ·

Dis ‘n kans om die nuus te haal. Die DA was ook deel van die aansoek maar AfriForum het eerste oor hulle voete geval om die dame te help, hoewel sy nie ‘n lid was nie maar pelle met die Mugabe-broers.

Grassie ·

Op die foto lyk me Engels so onskuldig asof botter nie in haar mond kan smelt nie. Toe Grace in haar seun se kamer ingestap het – ek wonder wat het sy gesien wat haar so woedend gemaak het dat sy geweldadig geraak het.

Koos ·

Nou hoe lyk iemand wat onskuldig is? Sy is ‘n bekende model, so tel jou woorde! ; )

Katerina ·

Grassie – Die Mugabe seuns Wou haar seker in die kamer he,en was seker tevrede met wat ookal Me. Engels besig was om te doen..Ek glo nie sy het ingebreek by die jong mans se kamer nie. En ek glo nie sy was besig met gruweldade nie. Grace het nie nodig gehad om haar aan te rand nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.