Departement sê aikona vir ‘sampioenbiltong’, ‘vleislose frikkadelle’

Die departement sê hy gaan stappe doen teen vleisvervangingsprodukte wat beskrywings gebruik wat vir verwerkte vleis voorbehou word. (Foto: Unsplash)

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het ʼn stokkie gesteek voor produkbenamings wat “uitsluitlik voorgeskryf word vir verwerkte vleisprodukte”. Dit beteken beskrywings soos sampioenbiltong, plantgebaseerde frikkadelle en vegan-ribbetjies vir produkte wat vleis met ʼn ander bestanddeel vervang, is nou daarmee heen.

Die departement sê dit het onder sy aandag gekom dat daar verskeie van hierdie produkte op die mark is, maar dat regulasies bepaal dat “verwerkte vleis” gedefinieer word as vleis waarvan die vorm beduidend verander is deur byvoorbeeld verhitting, rook, fermentering, veroudering, ʼn droogproses of marinering – of ʼn kombinasie van hierdie prosesse.

Dit sluit rou, verwerkte vleis uit.

“Vleisvervangings mag nie die produkname voorgeskryf en gereserveer vir verwerkte vleisprodukte gebruik nie, omdat die bestek van die regulasie [oor verwerkte vleis] nie vleisvervangings insluit nie,” lui ʼn brief van die departement.

Hy waarsku ook dat die Voedselveiligheidsagentskap, as die aangewese instelling oor die inspeksie van verwerkte vleisprodukte, beslag gaan lê op enige vleisvervangingsprodukte wat produkname gebruik wat gereserveer word vir verwerkte vleisprodukte.

Dit is boonop ʼn oortreding om name wat voorbehou word vir verwerkte vleisprodukte wel in die verkoop van vleisvervangingsprodukte te gebruik.

Die organisasie ProVeg Suid-Afrika het die stap as ʼn “oorlog teen plantgebaseerde produkte” bestempel.

ProVeg is ʼn internasionale voedselbewustheidsorganisasie wat hom beywer om die wêreldwye kosstelsel te transformeer deur konvensionele diereprodukte met plantgebaseerde produkte te vervang.

Donovan Will, direkteur van ProVeg Suid-Afrika, sê dit is ʼn geweldige terugslag vir die regering se stryd teen klimaatsverandering.

“Regulasies soos hierdie is juis wat ons nie nou nodig het nie, wanneer die wêreld se wetenskaplikes ons maan om ons vleisinname te verminder om klimaatsverandering se brieke aan te draai.”

Will sê plantgebaseerde vleisalternatiewe is nie die enigste in die departement se visier nie. Die voedselveiligheidsagentskap het volgens die organisasie die kettinggroep Woolworths in ʼn brief gewaarsku dat hy nie “Just Egg”, ʼn plantgebaseerde eierproduk, as “eiers” mag verkoop nie.

Indien die kleinhandelaar nie binne sewe dae gehoor gee nie, kan die produkte in beslag geneem word.

Luidens die brief is dit die Just Egg-produk se bedoeling om eiers te vervang en na te boots en dat dit dus meeding met eiers. Die brief waarsku voorts dat die gebruik van die naam “eggs” in die beskrywing van “Just Egg” en “4 folded plant eggs” misleidend is.

Just Veg sê dit is duidelik deur die eierbedryf se optrede dat hy eerder sy markaandeel wil beskerm as die gebruikers, wat hy aanvoer deur eerlike en duidelike verpakking mislei word. Volgens die organisasie kan die verbod op die gebruik van ʼn vleis- en eierbenaming meer verwarring veroorsaak onder gebruikers wat die produkte geniet en selfs benodig.

“Daar is geen bewyse dat mense verwar word deur vleisbenamings vir plantgebaseerde vleisalternatiewe nie. Inteendeel, daar is bewyse van Australië, Europa en die VSA dat dit nie verwarring skep of gebruikers mislei nie.”

Hy sê die vleis- en eierbedryf eien hulself ʼn monopolie toe op die terme “vleis” en “eier” en soortgelyke terme. Dít terwyl alternatiewe produkte ook toegang tot hierdie benamings behoort te kry, omdat dit die ware jakob doeltreffend naboots in terme van smaak, tekstuur en die uiteindelike gebruik van die produk.

“Solank die produkte duidelik gemerk word as ‘vleisvry’, ‘veganisties’ of ‘vegetaries’, sal die terminologie nie misleidend wees nie. Die produkte word bemark as alternatiewe tot dierevleis en nie die egte ding nie,” sê Will.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

kaboueterpierre ·

Hierdie is die liberale se volgende aanslag op ons lewens om ons vryheid te vernietig deur definisies te verander.

LANA is ELANè ·

Plante sal en kan nooit ooit in dieselfde kategorie as vleis geplaas word nie, maak nie saak wat hulle die sg nagemaakte vleis wil noem nie!
Dit kan en sal ook vleis nooit ooit vervang nie, en dit is vlg my smaakkliere smaakloos en lyk heeltemal onaptytlik, ongeag wat al die sg slimmense soos Gates, met sy obsessie oor “beespoep”, wat kamtig aardverwarming veroorsaak, ons wil wysmaak! Net sodat hulle ons kan siek maak met hulle nagemaakte “GMO” kosse.
Ons het vleis, regte egte vleis nodig, nie die nagemaakte produk wat as vleis opgedis word nie, en dan wil die spul ons oortuig dit is gesonder as vleis.

Manie ·

‘n Vriend van my se dogter was nou die naweek erg beswaard toe ek haar duur groente worsies op dieselfde rooster gebraai het as waarop ek die vleis gebraai het, Sy het geweier om dit te eet.

LANA is ELANè ·

Lag ek nou vir haar, nee lag ek haar sommer net uit, wat het sy gedink gaan gebeur as sy na ñ braai genooi word waar mense regte vleis braai?

Nettie ·

Groente “worsies”? Sien, dis die probleem waaroor die artikel gaan. Dis geensins ‘n “worsie” nie! Miskien moet sy maar nie weer ‘n “braai” bywoon nie, of mag ons daardie term ook nie meer vir ons vleisbraai toeeien nie?!

Henri ·

Ek skaar my by die departement. Dit ís misleidend. Klink in elk geval baie soos die transgenderdebakel in sport. As iets NIE eiers bevat nie, kan jy waaragtag nie sê dis NET-EIER nie.

VaalDonkie ·

Ek wil he hierdie mense wat my wil beheer moet almal op een slag ‘n kramp in die nersderm kry.

LANA is ELANè ·

Ek ooookkkkk, so oor dit, dit maak die rebel in my wakker!

Carel ·

Hulle weet nie wat ‘n nersderm is nie, hulle weet net wat wortels is…

JohanR ·

Ek se ook nee dankie…..lekker sirloin saam met aartapels dankie. Lyk na nog ‘n WOKE ding.

Amelia ·

Mense eet al vleisvervangingsprodukte vir honderde jare. Niks met woke uit te waai nie.

Anel ·

As ons nie moes vleis eet nie, sou dit nie beskikbaar gewees het. As ons grasvreters moes wees, sou ons samestelling anders gewees het, tot ons tande sou anders wees. Die wat gras wil vreet of plastiese vleis of wat ook al, los ons GESONDE mense uit om ons vleis en eiers wat van beeste,skape,varke kom en eiers wat deur hoeders gelê word, te eet. Wat is nou lekkerder as ‘n stuk biltong met so ‘n lekker stukkie geel vet!! Maar my! My oupagroit het 106 geword en hy het elke dag, 2x per dag, VLEIS geeet! En hy was gesond!!!

Robert ·

Jip, die beste plantaardige kos is die wat verwerk is na vleis.

Samuel ·

Ek stem saam met die departement. Niks op aarde kan die ware ding vervang nie. Ek eet regte egte eiers en vleis, geen namaaksel nie.

Buitendien kos die namaaksels baie duurder as die regte ding.

Carel ·

Nou wat sal ProVeg as ons nou “Meaty Vegan” produkte op die mark plaas? Vra sommer net….

VaalDonkie ·

Vleis is eintlik maar net “metabolised vegetables” as jy mooi daaraan dink. Sal voorts my biltong so bemark.

Blikkantien ·

Ek kon nog nooot verstaan hoekom vegans iets wil eet wat se naam gebaseer is op ‘n vleisproduk nie. Hoekom vegan patties, wors en ander name as dit juis die kos is waarvan jy wil wegkom. Ek sou dink jy sal juis ‘n nuwe naam wil uitdink eerder as om jouself te probeer troos/flous.
Die vegan “wors” wat ek al geproe het was oneetbaar en vreeslik sout.

Gawie ·

Ek verstaan nie mooi hoekom die vegetariërs so ongelukkg is oor hierdie regulasies nie.
Hulle wil nie vleis eet nie (en dis heeltemal hulle keuse), maar hulle wil die vleis se benaming gebruik vir hulle groente-produkte? Is dit nie ‘n bietjie dubbele standaarde nie?
Ek dink hulle weet dat vleisname beter verkoop as groentename, so hulle wil op die rug van vleis se komersiële sukses ry om hulle produkte te verkoop.
Dink hulle dat Rolls-Royce sal bëindruk wees daarmee as iemand ‘n Datsun adverteer as ‘n ‘Luuks-lose Rolls’?

Nettie ·

Ek het die yster in vleis nodig. Julle misleiding is gevaarlik vir mense soos ek. Plant-namaaksels bied ongelukkig NIE dieselfde tipe of hoeveelheid yster nie. Dus stel julle my lewe (letterlik) in gevaar hiermee. Dit is my REG om te weet presies wat in dit is wat ek koop. As julle nie wil he mense moet vleis eet nie, hoekom wil julle so graag julle produkte “vleis” noem???

Dis vieslik om vir mense te wil lieg!!!!

Jessey ·

Het so wyle terug lekker gelag toe iemand my ‘n grappie vertel dat die naam vegetarieer was die naam wat in die oertye gegee is vir die ou wat nie geweet het hoe om te jag nie

Hennie ·

As jy net dierkos wil eet soos plante, kry vir jou! Ek en my gesin sal VLEIS EET tot Jesus ons kom haal.

Dorry ·

“Dít terwyl alternatiewe produkte ook toegang tot hierdie benamings behoort te kry, omdat dit die ware jakob doeltreffend naboots in terme van smaak, tekstuur en die uiteindelike gebruik van die produk.”

‘n Eier is ‘n eier en ‘n wortel is ‘n wortel, klaar!
Is ‘n aap dan ‘n mens omdat hy ons kan naboots?

ENFM ·

Volgens die “Foodstuffs, cosmetics and disinfectants act, (54 of 1972)”, verwys na “SANS 885 standards Act no 29 of 1993” 3.3, (verkort) beteken vleis: gesonde skeletspier van gesonde diere…wat natuurlik daarmee geassosieer word.
Produk Naam beteken: ʼn woord wat ‘n ware, voldoende en akkurate beskrywing gee van die aard van die betrokke voedselproduk, om te voorkom dat die verbruiker mislei of verwar … wat dit moontlik maak om sodanige produk te onderskei van produkte waarmee dit verwar kan word…
Dus mag plante nie vleis genoem word in Suid-Afrika nie. Beide bevat proteïne, maar dit maak nie van ʼn plant ʼn dier nie.
Vraag is, waarom sal ʼn maatskappy, iets wat nie vleis is nie, wil vleis noem en rusie maak daaroor as hulle oor die vingers getik word? Wat as iemand mislei word deur die inligting op die verpakking en dink hulle eet vleis en dan is dit soja, waarvoor die persoon allergies is. Mense kyk na die prentjies en lees nie die fynskrif nie..

Nommer 7 ·

Nou wat dan van hedendaagse vla en vla poeier. Albei is n namaaksel van regte vla waarvan die hoofbestandeel eiers moet wees. Die namaaksels bevat geen eiers nie. So ook is hedendaagse roomys en yogurt eintlik namaaksels.

Frikkie ·

Donovan Will ons sal vannaand om die braaivleis vuur jou stelling dat vleisvreters aardsverwarming veroorsaak bespreek.

Cherokee ·

Reg so, terwyl julle stry gaan ek die varkore in die tuin natgooi.

AH ·

Ek stem saam! Hoekom moet die plantgebaseerde kos wat vleis vervang dan nog na vleisprodukte vernoem word? Kan die vegans of vegetariërs nie met oorspronklike, beskrywende name vir hul kos uitkom nie? Of nog beter, noem dit wat dit is. Sojaboon poffertjies of gedroogde sampioene…..Daar is dan geen skuilname nie en enigiemand weet dan wat hulle van die rak af haal!

DieKriek ·

Nou kyk, as jy nie vleis eet nie, hoekom moet die plaasvervanger dan soos vleis lyk? Dit hoef mos nou nie na n “hamburger patty” te lyk nie. Ek sien nou die dag n resep vir kaas wat nie suiwel bevat nie, gemaak met neute. Dan IS DIT NIE KAAS NIE!

Bart-Man ·

Vleis is vleis en groente is groente. Einde van die storie.

Atta ·

Klimaatsverandering… As jy aan die wêreld ʼn bol tjol wil verkoop, gooi net klimaatsverandering by en … voila! jy het ʼn wenresep!

Johanna ·

Wie het nou wragtag tyd om elke ding onder n vergroot glas uitmekaar te trek..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.