Departement sê binnekort oor opvolginentings

(Foto bloot ter illustrasie: AFP / Pedro Pardo)

Die departement van gesondheid sal binnekort die datum en kriteria vir aanvullende (booster) dosisse van die Pfizer-entstof teen Covid-19 bekendmaak.

Die departement sê hy word oorval met navrae sedert die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) die gebruik van ʼn bykomende en opsionele derde dosis van dié entstof vir die volwasse bevolking goedgekeur het.

Kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 jaar oud kan ook intussen vir hul tweede dosis van die Pfizer-entstof aanmeld. Die departement het Donderdag sy elektroniese inentingsdatastelsel (EVDS) in dié verband oopgestel en SMS-boodskappe aan mense gestuur wat nou vir hul tweede inenting kwalifiseer.

Volwassenes wat nou 18 jaar oud is, maar 17 was toe hulle die eerste entstofdosis ontvang het, word ook by dié groep ingesluit.

Maroela Media het vroeër berig dat Sahpra goedkeuring gegee het dat ʼn derde dosis van die entstof aan diegene 12 jaar en ouer, wie se immuunstelsel ernstig verswak is, toegedien kan word. Die derde dosis moet minstens 28 dae ná die tweede dosis toegedien word.

ʼn Formele aankondiging sal na verwagting Vrydag gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kokerboom ·

Die inentingsage is verwarrend. Hoeveel inentings gaan Phizer nog vrystel of is dit nou vir altyd en teen watter koste? Hoekom het I&J net een ?

Kokerboom ·

Jammer vingerfout (lag)..J&J..maar ‘n goeie begryper het ‘n halwe woord nodig!

Colombo ·

Daar bestaan nie iets soos n tikfout nie.Dit is n nasien fout.

tweeling ·

J&J het net een want die entstof is deur ander navorsers ontwikkel. Solank as wat die virus buite verband muteer sal daar nuwe entstowwe wees.

kaplyn ·

Verkeerd, J&J het al in NOV maand hulle tweede vax aan gesondheidswerkers toegedien wat daar, heel aan die begin, hulle eerste J&J vax ontvang het.

SwartBees ·

En solank as wat die ant-vaxers nie die jab vat nie sal daar altyd mutasies wees gevolg met n nuwe entstof.

Erik ·

Dink gou saam met my…

Volgens vorige berigte op MM is slegs ongeveer 25% van Covid hospitaalopnames vir mense wat ingeënt is. Gestel 10% van daardie gevalle is ernstige ICU gevalle en 1% van hulle sterf.

Nou draai dit bietjie om. 75% van alle hospitaalopnames is dus mense wat nie ingeënt is nie. 90% van ernstige gevalle (ICU) is mense wat nie ingeënt is nie en 99% van Covid sterftes is dan onder mense wat nie ingeënt is nie.

Moet ek meer sê?

Julia ·

DIT sal nou afhang van wat jy glo: “propoganda” of “vals nuus” Dalk sal dit beslis hoe jou syfers klop.

SwartBees ·

Doen jou self die guns en gaan na jou naaste hospitaal en vra vir die syfers….jy gaan op jou rug val.

Erik ·

SwartBees, dis presies wat ek gedoen het. Of eerder, my vriend werk in die Covid ICU.

VaalDonkie ·

Ja, jy moet vir ons vertel dat 75% van Suid-Afrikaners nie ten volle ge-ent is nie, so die nommers beteken eintlik maar dat die spuit jou nie uit die hospitaal gaan hou nie, maar dalk wel uit die graf.

Erik ·

Vaaldonkie, en dit is genoeg vir my. Ek stem wraggies saam met jou!

Hennie ·

Wat spandeer hierdie swartgallige regering aan hierdie entstowwe. Meer nog, hoeveel kickback kry hulle van die aankope?

Blomme ·

Die Vaksiene storie raak nou regtig vervelig. SA het seker nie ander sake wat aandag geniet nie..

John ·

“The current population of South Africa is 60,378,511 as of Wednesday, December 8, 2021, based on Worldometer elaboration of the latest United Nations data. South Africa 2020 population is estimated at 59,308,690 people at mid year according to UN data.” van die Web afgehaal…..
3,093,452 gevalle is aangemeld. 2,870,329 het herstel. Dit is 93 % . Daar is 90,000 sterftes en 23000 nuwe gevalle……dit meen 5 % van die bevolking is geraag en vir arguments onthalwe is 4.9% herstel.
Wat is al hierdie drama oor Vaksiens voor,,,,, meeste vn hierdie het plaasgevind voor vaksiens…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.