Departement sê oor plasings vir Gauteng-skole

(Argieffoto)

Die Gautengse departement van onderwys het Sondag meer inligting bekendgemaak oor die plasingsproses vir graad 1 en graad 8. Die plasingsproses het op 1 Oktober 2020 begin en eindig op 30 November 2020.

Ouers kon tussen 25 Junie en 25 Julie aansoek doen by skole en kon dokumente aanlyn of by die skole indien. “Ouers het gevolglik reeds vanaf 1 Oktober 2020 terugvoer ontvang oor plasing in skole. Waar die aanbod nie aanvaar is nie, het dit ná sewe dae van ontvangs verval,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Gebaseer op die kapasiteit van elke skool om leerders te akkommodeer is aanbiedings van plasing vrygestel.

“Altesaam 181 119 (81,48%) van aansoekers is tot dusver in skole geplaas. As mens in ag neem dat dit plaasgevind het onder druk van die Covid-19-pandemie en oorweldigende uitdagings, is dit ʼn trotse oomblik,” het Mabona bygevoeg.

Statistieke vir die provinsie: 

Grade 1 en 8
AansoekersGeplaasNog nie geplaas nie
222 275181 11941 156
81,48%18,52%

Tydens die aansoekperiode het die departement altesaam 222 275 unieke aansoeke ontvang (105 326 vir graad 1 en 116 949 vir graad 8). Altesaam 88 503 graad 1’s en 92 616 graad 8’s is in skole geplaas.

Graad 1Graad 8
AansoekersGeplaasNog nie geplaas nieAansoekersGeplaasNog nie geplaas nie
105 32688 50318 823116 94992 61624 333
84,03%15,97%79,19%20,81%

“Tydens die plasingsperiode en kragtens die plasingsregulasies, word prioriteit gegee aan aansoekers wat binne die skool se voergebied, naaste aan die skool woon. Die tweede prioriteit is sibbe en aansoekers wat tans in graad 7 is in ʼn naburige skool,” het Mabona bygevoeg.

Aansoekers van ouers wat naby aan die skool werk word slegs in die skool geplaas as plek beskikbaar word ná aansoekers binne die voergebied geplaas is.

Laastens, aansoekers wat verder as 30 km van die skool af woon word laaste geplaas.

Altesaam 280 skole (144 laerskole en 136 hoërskole) het reeds volle kapasiteit bereik en kan nie enige verdere plasings hanteer nie, het Mabona gesê. Die volgende gebiede is onder groot druk: Benoni, Alberton Johannesburg-Suid, Lenasia, Roodepoort, Bryanston, Midrand, Centurion en Akasia.

“Die departement neem kennis dat skoolhoofde in gebiede, waar daar groot druk is, vrywillig hul kapasiteit vergroot het om ʼn bykomende 2 117 leerders te aanvaar. Dit is belangrik om te noem dat 23% van leerders, wat nie by skole geplaas is waar ouers aansoek gedoen het nie, tans na skole met beskikbare spasie oorgeplaas word. Tot dusver is altesaam 17 902 leerders na skole oorgeplaas met beskikbare spasie. Van dié aansoekers het 2 210 die oorplasing aanvaar en 438 het beswaar aangeteken.”

Leerders wat nog nie geplaas is nie en leerders wat oorgeplaas moes word en die oorplasing aanvaar het, sal vanaf 7 Desember 2020 die geleentheid kry om ʼn keuse uit te oefen van ʼn lys van beskikbare skole. “Dié funksionaliteit sal tussen 7 Desember tot 11 Desember 2020 op die ouer se profiel beskikbaar wees. Ouers sal by https://www.gdeadmissions.gov.za/ met hul besonderhede moet inteken en op die tuisblad klik op die skakel vir beskikbare skole. Ons benadruk dat skole, wat reeds kapasiteit bereik het, nie op dié lys sal verskyn nie.”

Besware sal vanaf 7 Desember 2020 geprosesseer word. Ouers wat plasing van die hand wys, sal die geleentheid hê om ʼn beswaar in te dien binne sewe dae ná ʼn aanbod gemaak is. “Ontevredenheid met die uitslag kan opgevolg word deur appèl aan te teken. Die beswaar en die appèl sal binne 14 dae hanteer word. ʼn Beswaar of ʼn appèl teen ʼn plasing by ʼn skool, waarvoor die ouer aansoek gedoen het, sal nie aanvaar word nie.”

Die stelsel sal tussen 16 Desember en 21 Desember 2020 oop wees vir die 33 460 aansoekers wat nie enige dokumente ingedien het tydens die aansoekperiode nie. Dié aansoekers moet hul dokumente oplaai en dan ʼn skool kies uit die lys van beskikbare skole. Die dokumente sal geverifieer moet word en ʼn SMS sal uitgestuur word om plasing te bevestig. Altesaam 17 099 graad 1-aansoekers het nie dokumente ingedien nie en 16 316 aansoekers vir graad 8. 

Ouers wat nog nie aansoek gedoen het nie, moet kennis neem dat die aanlyn aansoekstelsel tussen 22 Desember 2020 en 22 Januarie 2021 beskikbaar sal wees vir laat aansoeke. Skole sal tussen 25 en 29 Januarie 2021 plasings ontvang en finaliseer. Ouers mag slegs een aansoek per leerder indien. Slegs skole met beskikbare spasie sal in dié tyd oop wees.

“Ons doen ʼn beroep op ouers om geduldig te bly. Amptenare werk onverpoosd om alle leerders te plaas. Ons versoek ouers ook om te alle tye aan Covid-19-regulasies te voldoen en word aangeraai om nie skole te besoek sonder vooraf afsprake nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stefan ·

Maar Curro het mos onderneem om leerders vir wie daar nie plek is in staatsskole in te neem.
Weet nie of hul aandeelhouers daar so bly mee gaan wees nie.

Werner ·

Ons wag nou nog vir briewe van department surkus glo nie dit is vanpas om komentaar te lewer wat ek Wil nie

Jacobus ·

Hier het hulle 8 maande gehad om hulle dinge reg te kry. Maar ai in die tyd het Mabona en sy baas Lesufi tyd gehad om noodvoedsel verspreiding te probeer beheer. Ons leer nooit!

Pieter J ·

Lesufi hou hom besig met goed wat niks met sy potefeulje te doen het nie soos die twee van Coligny wat vry gespreek is daarom is sy departement so in chaos.

Vrijburger ·

Vermoed eerder hy maak uitsprake oor Coligny ens om die aandag af te trek die gemors waarvan hy in beheer is. Ou-ou kader strategie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.