Departement sê oor skoolvakansiegerugte

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het gerugte verwerp dat die skoolvakansie weens Mandeladag-vieringe verleng gaan word.

“ʼn Fopboodskap word op sosialemediaplatforms versprei wat aandui dat skole nie op 17 Julie vir die derde kwartaal gaan open soos op die skoolkalender aangedui is nie,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, gesê.

Die fopboodskap is oënskynlik deur die presidensie uitgestuur en aan alle kringbestuurders, hoofde, adjunkhoofde, departementshoofde, onderwysers, ouers en leerders gerig.

Die boodskap lui dat die heropening van skole weens Mandeladag-vieringe [op 18 Julie] tot 19 Julie geskuif gaan word aangesien “daar baie dinge gaan gebeur”.

“Die departement wil beklemtoon dat die boodskap nie amptelike kommunikasie van die presidensie af is soos voorgehou nie. Die mense wat die valse boodskap geskep het, wil net angstigheid en onsekerheid skep. Die departement sal nooit sulke belangrike inligting deur sosiale media bekendmaak nie en het amptelike kanale. Skole sal op 17 Julie heropen soos op die skoolkalender aangedui word,” het Mhlanga bygevoeg.

Die departement raai almal wat die boodskap ontvang het aan om die persoon wat dit aan hulle gestuur het, in te lig dat dit fopnuus is om verdere verwarring te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Watse dinge... ·

Nou wonder n mens watse dinge gaan gebeur….? Of eerder wat hulle “dalk” beplan. Ek wonder of hulle mens nie so saggies probeer inlig dat iets aan die kom is, waaroor ons blanke volk versigtig moet wees of met een oog oop slaap…..

Alida ·

Het jy nie werk om te doen nie? Hou op om altyd die slegste te voorspel. Die land is in ‘n gemors dit weet ons almal en die ANC kan nie vertrou word nie dit weet ons al vir die afgelope 25 jaar.

jaco ·

Skoolstandaarde is so laag dat ‘n paar extra af dae nie die slaagsyfer aan die einde van die jaar negatief gaan beïnvloed nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.