Die departement van gesondheid doen stappe om die tekorte aan sekere antidepressante en antipsigotika te takel.
Suid-Afrika ervaar tans ʼn tekort aan dié medikasie weens ʼn rits verskafferprobleme, insluitend ʼn tekort aan die aktiewe farmaseutiese bestanddele, verskaffingsprobleme en stakings by plaaslike vervaardigingsfasiliteite, het die departement in ʼn verklaring gesê.
Die produkte wat grootliks hierdeur geraak word, is citalopram (bv. Celexa), fluoksetien (bv. Prozac/Sarafem), haloperidol (bv. Haldol) en olanzapien (bv. Zyprexa). Die tekorte wat verband hou met amitriptilien (bv. Elavil), chlorpromazien (bv. Thorazine/Largactil), clonazepam (bv. Klonopin) en risperidone (bv. Risperdal) is in die kort termyn aangeroer.
Agt maatskappye is gekontrakteer om dié medikasie te vervaardig en hulle kan nie die hoeveelhede verskaf wat bestel is nie. Die maatskappye is Dezzo Pharmaceuticals, Biotech Pharmaceuticals, Aspen Pharmacare, Gulf Drug, Sanofi Pharmaceuticals, Cipla, Ranbaxy en Austell. Die tekorte word in alle provinsies beleef en kan ook ʼn impak hê op die privaat sektor.
“Ons het voorraad van ander vervaardigers geïdentifiseer en ons het aankope gedoen om die tekorte te takel. Hierdie maatskappy vervaardig egter ongelukkig nie die hoë volume wat die staat benodig nie en hulle het slegs beperkte voorraad beskikbaar,” het die departement bygevoeg.
Die departement bestuur die beskikbare voorraad sodat fasiliteite voldoende hoeveelhede beskikbaar sal hê vir pasiënte. “Ons bekom ook voorraad van ander lande waar dit beskikbaar is.”
Die departement het bygevoeg alle lande beleef soms ʼn tekort in medikasie. “Die verskaffingsketting is lank en ingewikkeld – van die vervaardiging van die basis chemikalieë tot die finale produk uiteindelik vervoer word van die verskaffer na ander lande. Probleme op enige plek in dié ketting kan tot tekorte lei.”
ag hukom erken die departement nie net dat dit onbevoegdheid is nie.
Dankie vir hierdie inligting. Hoe lank sal dit die situasie wees? Kan die publiek asseblief op hoogte gehou word van vodering?
Wag maar vir die NGV ….as dit nou al so pateties is !
En die NGV is nog nie eers in werking nie!!! Red nou ‘n volk…!!!
Baie baie gevaarlike situasie wat kan ontstaan, moenie dit onderskat nie!!
Die vlge is seker misdadigers wat die rede vir oortredings gaan aanvoer dat hulle tydelik onaanspreeklik was omdat hulle meds nie beskikbaar was nie
Die regering van die dag en die a en see maak dat baie meer mense in SA depressief is, so die anti-de-presant probleem gaan net al hoe groter word! Gelukkig help die Sirkus in die Groot Tent in die Kaap om mens se aandag van die erns van die situasie af te lei!! He-he-he!
Ek dink eerder hulle betaal nie nie maatskappye soos hulle moet nie en daarom wil hulle nie meer vervaardig nie. Enige depressant is vrylik aanlyn beskikbaar en kan van oorsee bestel word. So wat is SA se probleem skielik?
Drs skryf te vinnig voor. Dis blote hel om weer daarvan af te kom.
Hierdie nuus is baie depressing…
Niemand is so doof en blind soos hy wat nie hoor en sien nie en hier is een van honderde voorbeelde waarvan die regering moet kennis neem voor hulle hulle NGV-idee op die nasie loslaat. Mag hierdie onbekwaamheid en vinnige verskonings as net nog n argument dien hoekom die regering moet wakker skrik en verder as die stembus dink.
Kan ek net noem dat die helfte van die name wat julle hier gepubliseer het, nie in Suid-Afrika besikbaar is nie.
Celexa
Sarafem
Haldol
Elavil
Thorazine
Klonopin
Betaal Dept v Gesondheid sy rekeninge betyds? Klink soos “fake news”…