Die provinsiale departement van gesondheid het gesê die twee video’s van Sindiswa Gomba, LUR van gesondheid in die Oos-Kaap, waarin sy glo ’n wind in die een laat en ’n rassistiese opmerking in die ander maak, is geredigeer.
Die onderskeie video’s is vandeesweek wyd op sosiale media versprei nadat Gomba Maandag ’n televisieonderhoud met SABC News gedoen het. Die betrokke onderhoud is gevoer kort nadat Kubaanse dokters na die Oos-Kaap gestuur is om gesondheidwerkers by te staan wat oorval is met Covid-19-gevalle.
In die een video kla die LUR glo dat die provinsie nie “wit” Kubaanse dokters soos Noordwes ontvang het nie. Nog ʼn video is later versprei waarin Gomba gedurende ʼn TV-onderhoud oor haar woorde struikel en blykbaar ʼn wind in die proses laat. Sy vra dan om verskoning aan die persoon wat die onderhoud voer.
Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement, het egter Dinsdag in ʼn verklaring gesê dié video’s is gemanipuleer en word deur die departement veroordeel.
Volgens Kupelo het Gomba in werklikheid om verskoning aan die premier gevra omdat die dokters nie korrek aangetrek was vir die geleentheid nie; hulle het daarna wit doktersjasse gekry.
“Om die video te wysig om by ’n sekere narratief te pas, is kwaadwillig en is bedoel om die LUR as ’n rassis voor te stel wat nie verder van die waarheid kan wees nie,” het Kupelo gesê.
Wat die tweede video betref, het Kupelo gesê die kameraspan kan daarvan getuig dat Gomba nie gedurende die onderhoud ʼn wind gelaat het nie, maar om verskoning gevra het nadat sy haar verkeerd uitgedruk het.
Volgens Kupelo is die klankeffek in die video wat op sosiale media versprei is, geredigeer.
Die departement bestempel die video’s as ʼn aanval op die LUR se karakter in ’n poging om haar uit haar amp te verwyder.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
As ‘n poep begin nuus raak dan het ons groter moeilikheid as wat ons dink…..
Gedokter of nie, dis nogal snaaks.
To poep or not to poep that is the question! The wind in the willows! Gone with the wind! Sy het net ‘n doek nodig dan kan sy President Nkosazana Dlamini Zuma wees. Waar kry die ANC hulle? Noudat sy ‘n groot wind gelaat het, het sy seker nou ‘n groot kans om eendag president van Suid Afrika te word?
Nou het ek alles gehoor (behalwe die wind). Ek het lanklaas so lekker gelag. Soos iemand gesê het …. “blêrrie vorspot!!”
Hahahahaaa, maar dit is glad nie onwaarskynlik nie. Dood moet n oorsaak hê. Heheheee