Departement skerp gekritiseer oor ‘lykshuis-skandaal’

Argieffoto

Die VF Plus het skerp gereageer op die Gautengse departement van gesondheid se jongste skandaal in dié provinsie.

“Ten spyte van die feit dat patoloë onverpoosd deur die langnaweek gewerk het, sonder enige bystand, is daar ʼn geweldige opeenhoping van lyke. Dit het reeds opgehoop tot meer as 200 en die agterstand raak al hoe groter,” het Philip van Staden, die VF Plus se LPW in Gauteng gesê.

Volgens Fazeela Fayers, woordvoerder van Hospersa, word daar deur die departement van gesondheid aan personeel, onder andere skoonmakers wat oor geen opleiding in hierdie veld beskik nie, opdragte gegee om liggame oop te sny en outopsies uit te voer wat glad nie toelaatbaar is nie.

“Hulle weier ook nou om dit te doen aangesien hulle geen vergoeding daarvoor ontvang nie.  Verskeie families moes reeds die hooggeregshof nader om die departement te dwing om die outopsies af te handel sodat liggame aan families beskikbaar gestel kan word vir begrafnisse,” het van Staden gesê.

Van Staden meen Gauteng het verval tot ʼn provinsie van skandes en skandale en dat die LUR van gesondheid, Gwen Ramakgopa, nie telefonies opgespoor kan word om die jongste tragedie te bespreek nie. “Nie een van die LUR se kantoornommers is tans in werking nie. Die kantoor van die speaker in die Gautengse wetgewer probeer ook nou om Ramakgopa vir my in die hande te kry,” het Van Staden bygevoeg.

“As jy lewend na ʼn staatshospitaal in Gauteng gaan, kom jy dalk nie lewend daar uit nie. As jy tot sterwe kom in Gauteng, gaan jy vir weke bo-op of onder iemand anders lê en wag vir ʼn outopsie terwyl families maar geduldig moet sit en wag totdat daar eendag mense is wat wél die werk kan verrig. Dit is ʼn skreiende skande dat inwoners van hierdie provinsie so behandel moet word – lewend of dood. Die LUR het ʼn reusetaak om ʼn departement reg te ruk wat totaal en al in duie gestort het, maar die VF Plus spreek die hoop uit dat hierdie saak die hoogste aandag sal geniet en uitgesorteer sal word sodat families nie weke hoef te wag om geliefdes te begrawe nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

MCH ·

Heer,
Wanneer gaan U ons kom haal,
die aarde het totaal verval.
Ons lees van oorloë en aardbewings en brande en boerehaat.
Dis al so laat.

Charlene ·

Hoe baie het ek dit nie ook al gesê nie…. my hart breek!!!

Johann Marx ·

MCH……ek het dieselfde vraag gevra…en toe is die antwoord,… “Net sodra julle die gemors wat julle geskep het sonder om MY in die saak te ken, opgelos en uitgesort het!!”

MCH ·

Dit gaan erger word Johann, baie erger. 27% van die Bybel is profesie waarvan die helfte gerig is op die eindtyd. Die enigste waarvoor jy kan bid is vir bewaring in die tyd. Soos in die dae van Noag sal dit wees. Mag die tyd tot Jesus se terugkeer drasties verminder word.

Elsabe Otto ·

Ongelooflik! Hoe gebeur hierdie dinge terwyl daar soveel mens sonder werk is. Hoekom lei die staat nie patoloe op nie Dis absurd

Dewald ·

Die probleem is nie te min pataloë nie. Dis die ouens wat hul moet assisteer wat die probleem is. Daar is wel genoeg, eintlik te veel volgens my. Die groot probleem is ‘n groep mense wat glo hul moet slegs doen wat direk beskryf word in hul “job description” as dit nie breedvoerig daarin gestel word nie, dan weier hul om dit te doen.

snoefie ·

jammer om te sê…., maar dis wat n swart, hebsugtige, wraakgierige, selfsugtige werksmag jou besorg. kry vir julle en mag n bose gees julle ry en kasty vir elke dooie wat op hierdie manier geminag en onteer word. dit bloot omdat hulle meer geld, medies, huise, karre wil hê. alles wat ander voor GEWERK het, wil hulle net hê.

Johan. H. ·

Die skuldiges moet krimeneel vervolg word, Dit is lykskending, en as die staat die goed toelaat is dit hoogveraad,, Vervang die top struktuur met kundige, en ja ons almal weet wie dit is!!

Laurika ·

Dit is hoogtyd dat die staat ‘n voorbeeld maak van diegene in die staatsdiens wat wil toi-toi. Span kragte bymekaar – jaag die sleg gemors weg en stel nuwes aan. Begin selfde tyd ‘n “learnership” wat nuwe hande leer hoe dit gedoen word. Sodoende skep ons werk, verryk mense wat voorheen minder bevoorreg was en raak ontslae van die sleg gemors wat nie WIL werk nie.

John ·

Afrika speel met alles. Selfs die dood van die naaste is ‘groot’ geld. Kyk hoe lyk die begrafnisse van arm mense en hul naasbestaandes betaal vir jare af aan hul eie dwase besluite en verwag weer dieselfde duur-kombers-behandeling vir hul reis na die ewigheid. Bygelowe is die verhoog vir teatrale opvoerings wat aanhou afspeel. Afrika glo in sy koningskap en ‘n Farao-agtige leefstyl wat meestal in die omgewing van rommelhope opeindig soos die’ van koning Mogabe. Wag en kyk hoe gaan sy begrafnis lyk want ons ook gaan help betaal… dis te se wanneer hy oor 300 jaar per ongeluk sterf en wat as moord deur die opposisie, opgedis sal word… vir die regte woede-effek en stemme vir sy party.

Alida ·

Vervang die HELE gesondheidsdepartement met opgeleide bekwame mense dan sal die hospitale ook weer wees soos dit was in die ou bedeling. Skoon, netjies en professioneel. Die Staatshospitale het in die 60/80’s nie een tree agteruitgestaan vir enige privaat hospitaal nie want die mense was opgelei.

Rita ·

Vervang die héle staat…. Kry die ANC uit ons land. Stem maar vir die DA; want ek weet nie of daar ‘n ander alternatief is nie? Begin dan heel eerste die Onderwys, en Tegniese vaardighede en Gesondheidsdienste te hervorm. Ai, dit is nag in ons land! Hoe kon ons so ver geval het?

Riette ·

My vriendin se man is amper `n jaar gelede oorlede. Haar man se liggaam is na die Belfast lykshuis geneem. Tot vandag toe het sy nog nie die nadoodse ondersoek dokumente ontvang nie. Die dokter wat dit uitgevoer het, het bietjie deurmekaar geraak met die liggame en dit was dit … Daar is menigmaal opgevolg en selfs die hoof van die departement gekontak, maar ook hy het niks opgelewer nie. Nou berus hulle maar. Uiters swak!!!!

edban ·

Hierdie dinge het nie plaasgevind toe die ‘lykshuise’ onder die beheer van die SAP was nie. Nadoodse ondersoeke was gedoen deur gekwalifiseerde snyers en profesionele pataloe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.