‘Departement sloer met plasings vir gesondheidspraktisyns’

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Solidariteit het vandag in ʼn skrywe Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid en die departement van gesondheid, op terme geplaas om te voldoen aan hul statutêre verpligtinge om gemeenskapspraktisyns vir hul verpligte gemeenskapsdiensjaar te plaas.

Dít volg nadat Solidariteit verskeie klagtes van sy lede én van die publiek ontvang het dat daar steeds ʼn groot aantal gesondheidspraktisyns is wat nog nie deur die departement van gesondheid geplaas is nie.

Die klagtes sluit onder meer in dat van die praktisyns wat wel geplaas is, se plasing teruggetrek is. “Dit het ook aan die lig gekom dat die departement nog nie eens met die tweede ronde plasings van niebeurshouers begin het nie,” het Anton van der Bijl, die hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, gesê.

Volgens Van der Bijl blyk die departement se versuim om studente te plaas die nuwe norm te wees. “Solidariteit het vroeër vanjaar sukses in die hof behaal om die departement van gesondheid te verplig om Dane Hertz vir haar gemeenskapsdiensjaar te plaas. Dit is egter duidelik dat die departement en die minister van gesondheid hulle min steur aan die gesondheidspraktisyns, terwyl wyd en syd verkondig word dat ʼn ernstige tekort aan gesondheidspraktisyns ervaar word,” het Van der Bijl gesê.

Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, monitor die vakbond tans die situasie. “Die huidige situasie is onaanvaarbaar en ons sal nie huiwer om ons weer tot die howe te wend indien daar nie ernstige ingrypings plaasvind nie,” het Botha gesê.

Gesondheidspraktisyns wat probleme met hul plasing vir gemeenskapsdiens ervaar, kan hul klagte by [email protected] aanmeld om terugvoer te ontvang en ingesluit te word by ʼn kollektiewe proses om die departement te dwing om sy statutêre plig na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Yster ·

Solidariteit monitor die situasie. Nee ek dink hulle kan maar n hofbevel kry om die dept.te verplig om dit binne n sekere tyd afgehandel. Hierdie gemors is elke jaar vir die laaste 6 jaar. Hoe moeilik is dit om die mense te plaas. Daar is oral so n groot te kort. Maar nou ja. Ons ken mos maar dieselfde ou storie. Onbevoeg . Maar o wee moet dit tog nie sê nie. Dan is jy n rasis

Yster ·

Ha ha ha. Selfde ou storie elke jaar. Dis al wat ek kan sê. Anders word ek weer gesensor.

Hansie slim ·

Die plasing van wit dokters is uiters onregverdig. In onderhoude word ‘n groot persentasie gegee vir ras. Hoeveel dink jy kry ‘n wit dokter in daardie kategorie?

Pieter ·

En dan wil hy ‘n nuwe gesondheidsplan (National Health Plan) inisieer wat volledig deur die staat beheer sal word. Gewaarborgde ramp!!

Frikkie Geld en huis ·

Ek hoop, as Cyril president word, hy onmiddellik van die dr Aaron sal ontslae raak. Met sy NGV en al. ” #AaronMustFall”. Hy’s ‘n verleentheid vir alle medici.

Johann ·

Presies Pieter. Maar dis als deel van Zumaikie Kader wat die massas wil inkiop met net NOG leë beloftes van verniet dit en dat. Ter wille van die ANC se legacy…ten kiste ban n nasie wat letterlik voor en in hospitale by die hordes gaan heengaan want daara nie oogeleide verandwoordelike nekwame.personeel.of werkende stelsels…of geld nie. ANC LEGACY VAN VERWOES EN AFBREEK…staat van anargie.

PJC ·

Wag tot hierdie studente vowaardige dokters is en in staatshospitale werk. Hier word hulle aan die ergste rassisme en aallerhande goed blootgestel en dit is die rede hoekom so baie van ons kinders in diebuiteland werk waar hulle dienste waardeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.