Departement steun OVK oor adresse op kiesersrol

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die direkteur-generaal van samewerkende regering en tradisionele sake het Dinsdag aan LP’s gesê die regering het ʼn sterk argument voor die konstitusionele hof geplaas waarom Suid-Afrikaners, wat nie hul adresse by die OVK geregistreer het nie, moet kan stem.

“Die kans is groter dat miljoene mense nie sal kan stem nie, indien die hof die benadering aanneem dat, indien jy nie ʼn adres het nie, die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geen manier het om te weet of jy daar bly of nie,” het Vusi Madonsela, direkteur-generaal van die departement, gesê. “Ons het ʼn sterk argument voor die hof geplaas wat ernstige oorweging verg oor die risiko’s wat verbind word met die moontlikheid dat mense se burgerregte ontneem gaan word.”

Madonsela en Andries Nel, adjunkminister van die departement, het aan LP’s gesê minister Des van Rooyen het ʼn verklaring by die konstitusionele hof ingedien. Dié hof sal op 9 Mei betoë aanhoor ná sy uitspraak verlede jaar dat adresse van kiesers, of voldoende inligting oor hul woonplek, op die kiesersrol geregistreer moet wees. Van Rooyen se verklaring ondersteun die OVK se posisie.

“Aan die een kant is die argument wat ons voor die hof sal hou om seker te maak dat die verkiesing vry en regverdig en geloofwaardig sal wees, en om seker te maak dat nie ʼn enkele Suid-Afrikaner verhinder word van sy of haar reg om te stem nie,” het Andries gesê.

Ongeveer 7,9 miljoen Suid-Afrikaners se adresse is nie op die kiesersrol nie, en nog 8 miljoen mense het slegs generiese adresse.

Nel het gesê alhoewel stappe gedoen is om die adresse van “geografiese identifiseerders” van Suid-Afrikaners op die kiesersrol te registreer, is dit onwaarskynlik dat die proses afgehandel sal wees voor Van Rooyen ʼn afkondiging maak oor die verkiesingsdatum van 3 Augustus. Sodra die afkondiging in die staatskoerant gepubliseer is, sluit die kiesersregistrasie.

“Ongeveer twee derdes van ons meer as 25 miljoen kiesers op die kiesersrol het nie adresse nie, of het slegs generiese adresse. Ons dink nie twee maande is genoeg nie,” het hy gesê.

Madonsela het gesê dit sal jare lank neem om die adresse van die kiesers op die kiesersrol in te sluit. “Die hof moet bewus wees van die feit dat nie almal op die verkiesingsdatum ʼn adres gaan hê nie. En nie almal wat adresse het, se adresse is geverifieer nie. Die vraag wat die hof moet beantwoord, is wat die OVK moet doen met diegene wat op die kiesersrol is, maar nie ʼn adres het nie. Die OVK kan nie self besluit of dié persone mag stem of nie. Die hof moet ons lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Bielie ·

Sien al die Ooskaap stembriewe wat oor die grens in Weskaap se stemlokale opeindig

Anton ·

Elke person wat ‘n bankrekening of selfoon het moet van tyd tot tyd FICA of RICA (bewys van woonplek is die basis). Hoe is dit dan dat die regering nie dieselfde tipe aksie kan neem nie, veral vir iets so belangrik soos ‘n verkiesing?

Theuns ·

Anton behalwe vir jou kommentaar wat korrek is is die polisie instaat om binne enkele minute met n apparaat wat in die hand gehou word vastestel wie jy is,waar jy woon, of jou selfoon gerika is, of jy die eienaar van die motor is en of jy enige kriminele oortreding began het Al wat die polisie nodig het is een van die volgende. Jou sellfoon nommer, of jou ID Nommer, of jou motor registrasie nommer. Dit is duidelik dat die OVK en die ANC nie begeerig is om ‘n verkiesing te hou nie. Dit is ook duidelik dat hulle miljoene buitelanders wil laat stem en mense aantery om in wyke te stem waar hulle nie gemagtig is om te stem nie. Daarhet ook nou skielik miljoene stemme van die kieserslys verdwyn? Die OVK skarel nou terug en se dat niemand het van die kieserslys verwyn nie? Het die ANC twee lyste? Die regte een en die een wat gedokter is? Ons sal moet lig loop vir ongekende korupte bedrywighede!

Johann ·

Hahaha. Wens ekt insae gehad in díe proses. Ek bedoel,,,, komende van Des Die Dubai Dagbesoeker se Departement?

Johann ·

Ek sien al Zuma se “generiese” adres. ORALSALTYDALLESMYNE (behalwe as ek in die buiteland is). Of moet hy kies tussen sy menigvuldige vrouens se adresse? Of vul iemand VIR hom die dokument in….ek bedoel daar ís numeriese elememte betrokke…

Jakes ·

Ons soek juis ñ regverdig verkiesing vir ons eie landsburgers , nie mense met vals identiteitsdokumente en bogus adresse nie

Jan maak n Plan ·

Dis net nog ‘n slenter om seker te maak dat die ANC aan bewind bly. Die antwoord is enitlik baie maklik. Laat almal digitaal stem dan is die storie afgehandel.

Henk ·

Rica en Fica is net daar om die wets gehoorsames te irriteer…

alida ·

Henk jy is reg dit het my NIKS gehelp toe ek “gesmash & grab” is nie. Twee selfone, beursie, ID boek ens. Dit is nou 2 jaar later en die afspraak wat ek met die SAPD gehad het om vir hulle inligting te gee het tot vandag nog nie opgedaag nie. My seun in die UK het die skelm binne 30 minute opgespoor en dit is inligting wat ek vir ons SAPD wou gee. Maar nou-ja wat sal ons sê.

jaco ·

registreer almal wat ID nommers het outomaties op die kieserslys. dis mos baie makliker. in 1994 kon mens stem bloot as jy n ID gehad het. registrasie is net n ekstra omslagtigheid. niemand is lus om in n queue te staan nie. Kieserregistrasie het wel een voordeel vir die ANC: wit kiesers wat voor 1994 nie hierdie ekstra registrasie moes doen nie, is nie gewoond daaraan nie en ook nie lus daarvoor nie. So hulle registreer eenvoudig nie en hulle stem nie. Bitter min van hulle steun die ANC, so as hulle nie stem nie, is dit minder stemme vir die opposisiepartye en bly die ANC net langer aan bewind.

ELSABE ·

Die beste van alles is dat ons het al gerigestreer in ‘n gebied nou dat ons weer moet registreer is ons adresse af . wat het van die goed geword hoeveelkeer moet ons dit nou nog doen. bly al 16 jaar by die een adres????????????????????????????????????

tamboti ·

SA se: “””””onafhandlike””””” verkiesings kommissie, is die vrotste spul korrupte leuenaars – reels is net daar om die opposisie te hinder. ONS SAL NOOIT WEER ‘N ORDELIKE, REGVERDIGE EN VRY verkiesing beleef met ‘n korrekte uitslag solank die spul dit beheer nie. Hulle sal wederegtelik alle adresse van geregistreerde kiesers (Wit) verwyder of verander.
Die wyke is so gemanipuleer dat die opposisie geneutraliseer word en waar hul dit nie kon regkry nie word kieser aangery van oral. Ek gaan stem, maar ek weet die regerende party sal nie luister na minderhede of ooit mag afstaan nie. Kyk maar na ons Afrika bure – ware demokrasie in Afrika is onmoontlik.

Elreza ·

Wil net weet hoe jou adres “verlore” is as jy al 14 jaar of langer op dieselfde plek bly. Ons het gaan registreer, beampte het nie geluister toe ons sê ons het net ons bestuurslisensies daar nie, vorms ingevul en toe weggewys, moes weer gaan, vorm was net middeldeur geskeur…….onaanvaarbaar

Grassie ·

In sekere lande mag net belastingbetalers stem. Wanneer ‘n kieser by die stembus opdaag moet hy sy vorige jaar se belastingsertifikaat toon of hy word weggewys. Ek dink dit is ‘n baie regverdige stelsel. Daar is dan geen adresprobleme nie en spookstemmers word uitgeskakel. Dit sal egter nooit hier toegepas word nie want dan verloor die ANC byna al sy ondersteuners asook sy geleentheid om grootskaalse verkiesingsbedrog te pleeg. Ek glo dit is onbillik dat miljoene werk-sku “grant”vretende leeglêers wat in die luilekker la-la-land woon en geen bydraes tot die ekonomie maak nie, die land regeer en besluit hoe die fondse in die staatskas, waartoe hulle nie bygedra het nie, bestee moet word.

Piet Boer ·

Grassie
Ek gaan daai beskrywing nie gou vergeet nie!
…. baie lekker gelag! Ongelukkig is dit 100% die waarheid!

Riaan ·

Ek stem saam dat hulle mos FICA of RICA kan gebruik. Ek is een van die mense wat nie my adres bevestig het nie want ek bly nou al meer as 12 jaar op selfde plek. My adres is nie reg nie maar my vrou sin is, my pa sin is nie maar my ma sin is???? Toe ek hulle bel gister laat weet hul ek moet dit kom uitsorteer anders kan ek nie stem nie. Die ergste is dat jy nie eers ‘n bewys van adres nodig het nie net jou ID?

humor ·

Grassie stem saam. Jy slaan nou die spyker met n geweldadige hou op sy kop.

Net dalk ·

Ek wonder rustig by myself….

Indien ek nie werk nie en desvolgens nie belasting/ PAYE betaal nie [omdat ek bemagtig word deur almal wat vir my geld gee…want ek bedel] of omdat ek net bloot te ruggraatloos is of gemaksugtig is en die las te wil vermy om elke dag om 07:00 – 17:00 op kantoor te moet wees en my salaris te moet verdien – ek verwys geensins na diegene wat fisies nie kan werk verrig nie – of ek is ‘n krimineel [dalk in die tronk of dalk is ek nog net nie gevang/ gevonnis nie]…..hoekom het ek enigsins ‘n kwansuiste reg om te mag “saam” besluit oor wie die land/ provinsie regeer?

Myns insiens dra ek mos immers dan tot niks [konstruktiefs] by nie…..

John ·

Nkandla no 2. Kan enige inligting sommer net verdwyn? Nee. Iemand dokter die rekenaarstelsel. Hier kom moeilikheid. Dalk is daar ‘n party wat angstig is, of wat ‘n meerderheidsregering begeer. Maar nou ja, mens se net ‘sorry’, ons wou nie die grondwet oortree nie. Vergewe ons tog! Wie kan nou waarborg jou stem word vir die regte party getel as die adresse sommer uitgevee of totaal anders voordoen as ‘n week gelede, dan praat ek nie eers van die vreemde roetes wat die lorries dikwels in die verlede met die stembriewe gery het om die spulletjie iewers te gaan stort nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.