Die departement sou die media Vrydag toegespreek het oor die hooggeregshof in Pretoria se bevel dat Derby-Lewis op mediese parool vrygelaat moet word. Die ministerie het kort ná die hofuitspraak gesê hy sal gronde vir appèl ondersoek. Die mediakonferensie is egter gekanselleer, sonder dat enige redes verskaf is.
Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die departement, het by navraag aan Maroela Media gesê die departement hoef nie redes vir die afstel van die konferensie te verskaf nie. “Vra julle altyd vrae as ʼn mediakonferensie gekanselleer word?” het hy gesê. Mhaga het geweier om enige vrae verder te beantwoord en gesê ʼn verklaring sal later deur die departement uitgestuur word.
Roelof du Plessis, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het Vrydag aan Maroela Media gesê die departement is steeds besig om die paroolvoorwaardes vir sy kliënt te finaliseer. “Ons het geen insae in die samestelling van die paroolvoorwaardes nie. Ons sal slegs in kennis gestel word wanneer dit gefinaliseer is, maar al die stappe is aan die gang,” het hy gesê.
Hy het gesê hoewel Derby-Lewis nog nie amptelik vrygelaat is nie, behoort die proses binnekort afgehandel te wees. “Hy is nou in die hospitaal en kan in elk geval eers ontslaan word wanneer die dokters so besluit,” het hy gesê. Du Plessis wou nie kommentaar lewer oor die redes vir die mediakonferensie se kansellasie nie.
Die hooggeregshof in Pretoria op 29 Mei gelas het dat mediese parool aan Derby-Lewis toegestaan word. Derby-Lewis dien lewenslange tronkstraf uit vir sy aandeel in die sluipmoord op SAKP-leier Chris Hani in April 1993. Sy aansoek om mediese parool is voorheen herhaaldelik afgekeur.
Derby-Lewis is terminaal siek weens longkanker. Hy is verlede jaar gediagnoseer terwyl hy behandeling ontvang het ná ʼn mesaanval in die tronk.
Hoe is dit moontlik dat Shabir Shaikh Parool gekry het en hy loop rond blakend gesonder en speel golf maar lyk my die man gaan nog dood gaan in die hospitaal. Die regs stelsel werk net vir anc maatjies en dan wonder hulle hoekom ons rasisties raak. Maak my die m0er in.
Dit lyk my om jakkalsdraaie te loop gaan ook deur as deursigtigheid soos in die grondwet omskryf.
Dit is maar die selfde poeding net n ander sous, Die ANC regime sal tot die oortreffende trap optree om so obstruktief as moontlik te wees vergelyk die geval van Clive net met die van Dr Wouter Basson,Ek vermoed hulle kan as parool voorwaarde hulle holrug geryde eis dat Clive alles moet openbaar weer gebruik.Miskien moet Clive maar iets fabriseer wat hulle graag wil hoor.
Hulle was bang dat hulle nie antwoorde sal he op intelligente vrae nie.
Hulle speel vir tyd, korrup verby!!! daar is geen rede hoekom hy nie vrygelaat kan word nie hulle wil dit netnie doen nie dis al. Die mediakonferensie is uitgestel…..want hulle planne sou aan die dag gele word en groot oproer veroorsaak!
Regter het gese 5 Junie…wat gaan aan????!!!!!
DKD het vanmiddag aangekondig dat hul nie die hofbeslissing gaan teenstaan nie en dat mnr Derby-lewis vrygelaat word. Sy regspan is ook tevrede met die vordering. Waaroor gaan al die negatiwiteit.