Departement takel tekort aan skoolbanke in Oos-Kaap

Werkers stel van die skoolbanke wat reeds vervaardig is, ten toon. (Foto: ANA)

Die departement van onderwys in die Oos-Kaap wil die tekort aan meubels by skole in dié provinsie takel wat geïdentifiseer is as een van die hoofkwessies wat onderrig in skole negatief beïnvloed.

Volgens die departement is daar tans ʼn tekort van meer as 10 000 skoolbanke en stoele vir leerders met onderwysers wat meer as 10 000 tafels en 16 000 stoele vir skole in die provinsie benodig.

Die departement het noodgedwonge ses vervaardigers aan boord gebring om meubels te vervaardig en aan skole te voorsien. Sommige van dié meubels is splinternuut terwyl ander net opgeknap en herstel word.

Jack Jetty, die stigterslid van een van die vervaardigers, het gesê sy maatskappy gaar gebreekte stoele uit verskillende distrikte op waarna die metaalpype van die stoele herstel en nuwe hout dikwels gebruik word om tafels en stoele op te knap.

Die departement het gesê die betrokke vervaardigers sal help om die tekort aan meubels te takel en het ʼn beroep op skoolhoofde en ander belanghebbendes gedoen om meubels dan uit te kies wat aan hul betrokke skool se vereistes sal voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

johan ·

In die verlede het gevangenes meubels in die tronk gemaak. Dan was hulle produktief en spaar die staat geld.

Jacques ·

Johan – Dit was voor die mense menseregte gahad het . Nou hou hulle vakansie in die trok op ons onkoste . Dit is darem lekker !

piet piet ·

Ek hoop lezufi neem kennis en leer dat daar belangriker ding is in Gauteng se skole soos nuwe skoolbanke ,opgradering van skole ,bou van nuwe skole en nie net diskriminasie teen afrikaans sprekende kinders nie.

John ·

…ons moet darem ook die klompie Indièrs in die land ‘n kans gee om ‘n broodjie te verdien. Hierdie is die ideale geleentheid. Hoeveel ou skoolbanke is daar in die land? Wanneer al die leerders van nuwe tablette voorsien is, het hulle sekerlik ook nuwe skoolbanke nodig om dit op neer te sit en waarop hulle hul gratis voeding kan uitpak. Nee, ek stem vir hernuwing… veral ook omdat wit Afrikaanse skole sulke ou skoolbanks gekoester het… byna soos antieke oudhede…. dit selfs gepolitoer het… Watter nonsens. Viva alles nuut!

Ja ja ·

Vernielsugtigheid!!!! Ek het as n verteenwoordiger van skoolbanke in die Oos-Kaap gewerk vir n hele paar jaar. Lewer vandag skoolbanke af, binne n maand is daar nie veel van oor nie. Die hout gedeeltes word binne dae van die staal raamwerk af geruk, nee, ek het nie veel simpatie nie. Onderwysers moet aanspreeklik gehou word vir hul klas meubels. Tydens besoeke het ek gesien hoe kinders op die lessenare spring terwyl meneer en juffrou in die klas is.

SjN ·

Die persone wat werkloosheid per maand ontvang en in die rigting werksaam was kan mos daarvoor aangewend word teen vergoeding, hul het dit mos op rekord.

marous ·

Ons skool se banke is al ouer as 50 jaar . Daar is nog baie met plekke vir ink potte . Waarom hou dit ? Want daar word nie gebrand en gespring nie .

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.