Departement van kleinsakeontwikkeling laat vaar raskwotas

(Foto: Love South Africa/Facebook)

Solidariteit sê terwyl die departement van kleinsakeontwikkeling terugkrabbel oor ras, gaan die departement van toerisme oënskynlik steeds nie afsien van sy plan om ras as kriteria vir die verskaffing van hulp tydens die staat van algehele afsondering toe te pas nie. Solidariteit pak laasgenoemde op 28 April na die Noord-Gautengse hooggeregshof hieroor. Die departement staan die aansoek teen.

Die departement van kleinsakeontwikkeling het in hofstukke wat onder eed onderteken is, teenoor Solidariteit onderneem om nie voort te gaan met die gebruik van raskriteria wanneer hulp aan ondernemings toegeken word nie. Volgens die departement is die vrae wat in verband met ras op hulle aanlyn aansoekvorm gevra word, slegs vir statistiese boekhouding.
Solidariteit sê in teenstelling daarmee het die departement van toerisme, ook in hofstukke, aangevoer dat hy steeds ras as maatstaf vir hulp gaan gebruik.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, lyk dit of die regering verdeeld is oor die gebruik van ras as maatstaf vir hulp tydens die Covid-19-krisis.

Solidariteit het albei departemente reeds by die Menseregtekommissie verkla en met regstappe teen hulle begin.

(Foto: pixabay)

“Die feit dat die departement van kleinsakeontwikkeling afstand gaan doen van ras as maatstaf is ʼn taktiese oorwinning. Dit is behaal danksy die kombinasie van openbare druk en regstappe,” sê Hermann.

“Solidariteit gaan ʼn streng waghondrol speel om toe te sien dat die departement van kleinsakeontwikkeling nie ras steeds as maatstaf in praktyk gebruik nie. Solidariteit het nou ʼn onderneming onder eed en kan onmiddellik hof toe gaan as ras steeds as maatstaf gebruik word.”

Die organisasie gaan intussen voort met sy hofsaak teen die departement van toerisme.

“Ons stryd teen rasgebaseerde hulp sal eers suksesvol wees as al die regeringsinstellings van hul raskriteria vir hulpverlening afstand doen,” sê Hermann.

Solidariteit sê die departement erken in sy opponerende hofstukke dat ras as kriteria gebruik word. Die departement voer aan dat hy ingevolge swart ekonomiese bemagtigingsregulasies hulp op grond van ras mag toeken.

“Dit is skokkend dat die departement van toerisme in hierdie krisistyd ʼn groter verbintenis met sy rasse-ideologie as met die nood van alle Suid-Afrikaners het. Wat hulle vergeet, is dat werknemers, ongeag hulle ras, die swaarste getref gaan word deur hierdie besluit,” sê Hermann.

Solidariteit doen ʼn beroep op ondernemings wat op grond van ras nie hulp kry nie, om hom dringend te kontak.

Dr. Dirk Hermann. (Foto: Reint Dykema)

“Die virus diskrimineer nie en die nood is nie as gevolg van ras nie. Die departement van toerisme het egter besluit om, anders as die virus, op grond van ras te diskrimineer,” sê Hermann.

“Die korona-krisis het nie plek vir rassediskriminasie nie. Die pandemie raak almal; ons kan nie toelaat dat hulp nie aan almal beskikbaar is nie,” sê hy.

Die organisasie Sakeliga het minister Ebrahim Patel intussen die afgelope naweek ook versoek om ʼn onderneming te gee dat hy sy uitsprake oor die produksie en verkoop van “voorbereide”, “warm” en “gekookte” kos terugtrek. Indien hy dit nie doen nie, sal Sakeliga hom tot die hof wend.

“Ons is geadviseer dat daar geen regmatige beperking op die produksie van ‘warm’, ‘gekookte’ of ‘voorbereide’ kos is soos wat die minister en sy departement aandring nie. Amptenare hou aan om hierdie arbitrêre direktiewe in mediakonferensies en twiets uit te vaardig, maar geen sodanige regulasie is gepromulgeer nie,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê.

Patel het tot vandag (Maandag) 09:00 gehad om te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elsa ·

Die nuus op tv sal gevolg word, ek sal sien of die blank nedersettings nou ook gehelp sal word.
Onthou daar is 3 net in Pretoria Noord alleenlik.

Remondo ·

Solank die vrae van ras inbly is daar geen waarborg dat ras nie gebruik word nie

Rodger17 ·

Dept van toerisme is elk geval n useless dept en die mees rassistiese dept

Jaco ·

Ek smeek wit besighede om nie regeringshulp te vra nie, selfs al word raskwotas nou tydelik geskrap. Kry nou hulp en oor ‘n jaar dan dwing daardie selfde regering jou om allerhande BEE en regstellende aksie in jou besigheid toe te pas. Uiteindelik vat hulle jou besigheid af. Bly weg van staatshulp. Jy kan hulle nooit vertrou nie.

Hannes ·

Dit word net al hoe duideliker dat ons blankes baie meer vyande in SA het as wat ons besef. Ons onderneming met 50 werkers, almal anderskleuriges kry nie hulp nie met die gevolg dat hulle almal sonder werk gaan sit. Mense wat eintlik deur die drakoniese regering bevoordeel moet word.
Geen logika kan dit verduidelik nie, behalwe dat die regering te alles koste witmense wil bykom.

Ansie ·

Die minister van Toerisme is hardkoppig, rassisties en stiksienig. Het sy enige idee hoeveel swartmense vir wit toerismebesighede werk? En dis almal mense wat hulle werk kan verloor. Nee, daar is regtig geen medisyne vir domgeit nie.

Michael 1 ·

Hoe onnosel moet n mens wees om te glo dat die anc regering en sy leier die huidig benaadeelde minderheid dieselfde voordele sal gun as sy ” our people waarvan hy altyd praat.

Willem ·

Moet hulle nie vertrou nie. Geen blanke onderneming sal n sent ontvang nie. Al neem hulle die ras vraag weg jou van gaan jou weg gee

Piet parys ·

So is dit nie tyd dat ons mense net vir ons mense bevoordeel wat ons mense geskenk het nie . If you cant beat them join them . Speel dieselfde spel .

Peetjie ·

Ek stem saam… Dis tyd dat ons vir ons, van ons begin voorsien. Al die insamelings word ondersteun maar net sekeres trek voordeel l daaruit…

Jacobus ·

As die geveg teen Covid 19 soos die president beskryf word as ‘n oorlog, dan word sekere soldate in die rug geskiet. Mr die Pres onthou hierdie klein insidente, hulle gaan jou nog aan die hak kom byt. Jy en jou uitgevrete kabaal het nie vaagste benul van patrotisme. Die “fault lines” in ons land het julle sederd 1994 geskep.

Jaco ·

ek wil 2 goed weet:
1. wat word van swart werkers van ‘n wit besigheid wat vou omdat dit weens BEE nie gehelp is nie?
2. wat gebeur met BEE besighede wanneer die regering se wonderlike hulpfonds leeg/op is?

Kruger ·

Rupert en kie moet onafhanklike organisasies aanstel om hulle skenkings te hanteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.