Departement van Onderwys hof toe gesleep oor gestremde kinders

skool-skoolskoene-onderwys

Argieffoto.

Die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede (NRPG) gaan regstappe doen teen die Departement van Basiese Onderwys (DBO) om hulle te dwing om die ongeveer 600 000 gestremde leerders in die skoolstelsel te akkommodeer. Hierdie kinders gaan nie skool nie omdat daar óf nie plek in ʼn spesiale skool is nie óf omdat gewone skole nie behoorlik ingerig is vir gestremdes nie.

Volgens André Kalis, spesialis van beleid en kindersake aan die NRPG, het die organisasie geen ander keuse meer as om hul na die hof te wend nie, aangesien verskeie pleidooie aan die departement op dowe ore geval het. “Ons het verskeie voorleggings aan die DBO gedoen en ons selfs tot die Menseregtekommissie gewend vir hulp, maar in die meeste gevalle erken hulle nie eens ontvangs van ons skrywes nie,” sê Kalis. “Ons is in die middel van ʼn krisis en die departement sleep sy voete.”

Volgens die departement se verslag oor die implementering van die Witskrif op Onderwys tussen 2013 en 2015, was 72% (597 953) van gestremde kinders tussen die ouderdomme van vyf en 18 jaar nie in die skool nie. “Dit lyk boonop of hierdie syfer selfs hoër kan wees as die syfer wat die departement voorhou,” sê Kalis.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. (Foto: ANA)

Luidens die verslag is die meeste gestremde leerders wat nie skoolgaan nie (137 889) in KwaZulu-Natal. In Gauteng gaan 93 405 gestremde leerders nie skool nie en in Limpopo sit 85 123 gestremde leerders by die huis.

Kalis sê gestremde kinders se beperkte toegang tot onderwys kan direk verbind word met die werkloosheidsyfer van 70% onder gestremdes in Suid-Afrika. “Alle Suid-Afrikaners het ʼn grondwetlike reg tot basiese onderwys en die regering is by magte om hierdie reg te laat realiseer. Daarom kan hulle nie langer hiermee sloer nie,” sê Kalis.

Volgens Kalis kan hierdie leerders nie in hoofstroomskole funksioneer nie, aangesien klasse oorvol is en onderwysers nie behoorlik opgelei is om gestremde leerders te hanteer nie. Indien die departement al hierdie leerders wil akkommodeer, sal 2 300 nuwe skole gebou moet word.

Die DBO het ontvangs van die navraag oor bogenoemde stellings erken, maar het nog nie reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frikkels ·

Ek sien Noord Wes word nie ingesluit nie. Hier het ons met dieselfde probleem te kampe. My eie seun moes ook 2 jaar gelede toe ons na noordwes verhuis, sy skoolloopbaan vaarwel toeroep.

Maria ·

Moooi man!!! uiteindelik!!! vir jare lank oud en nuwe SA!!! Waar die beloftes nuwe SA aan gestremdes ???en vir hoelank nog gaan teen gestremdes diskrimineer??? . My hartbreek(ek self probeer help opgegee lank terug oor 4oo dowes op wag opsoek werk) en gatvol( (onreg werk word aan jong ver geleerder mense gee as gestremdes wat nie kan verder leer nie asook Absa “ou” volkasbank het jare vir dowes gesorg werk aangebied nou kry gestremde pakkete om te loop) en moedeloos (daar nie voorsien vir gestremdes keurses, opleiding,beurs ens nie vir papier nie )maar die gebede werk ….om alle gestremde deure kan oopmaak dankie Here en Andre Kalis.

Krummel ·

Maar nee, Mnr Lesufi vind dit belangriker om Afrikaans skole te intimideer, as om fasiliteite vir gestremdes daar te stel.

dolphin ·

sjoe 2300 skole moet nog gebou word en daar is ook bitter min wat gestremdes skole in 9 provinsies in pretoria ,Durban ,kaapstad ens daar is ook prinshof vir blindes,transoranje skool vir dowes in pretoria en hardhorende vir sonitus en nuwe hoop skool as ook by meerhof vir gestremdes kinders in die skool.hoop vind dit uit en sterkte .

piper ·

meer skole word afgebrand en gevandaliseer as wat nuwes gebou word. hoe nou?

Bekommerde ouer ·

Die probleem is dat daar kinders met spesiale behoeftes ook is wat nie geakommodeer kan word nie net soos kinders met gestremdhede. Ons moet dan ons kinders na privaat skole stuur wat ons nie kan bekostig nie en allerhande planne maak om hulle daar te laat skoolgaan. As die staat sulke privaat skole kan subsudieer sal sal dit nie nodig wees om nog skole te bou en onderwysers aan te stel nie. My seun is hoog funksionered outisties en die spektrum van outisme is so wyd dat ek dink die staat huidiglik nie vir elke unike behoefte sal kan voorsien nie, wat van ouers wat nie kan planne maak nie, wat nie familie en vriende het wat hulle finansieel kan ondersteun nie, waarheen gaan daardie kinders? Mense besef ook nie altyd dat daar niks met die kinders se IK verkeerd is nie, en hulle kan nog steeds ‘n groot bydrae tot die werksplek bied.

DVL ·

Dis hoekom ons ons autistiese seun in graad 2 uit die skool sisteem verwyder het. Hy is heeltmaal in staat en intelligent genoeg (meer as) om te kan leer maar leer op n ander manier maar ondat hy nie in die boksie pas van “normaal” nie was hy geboelie deur kinders en onderwysers. Hy is al 14 en het beter algmene kennis as meeste volwassenes en kinders van sy ouderdom. En hy “leer” elke dag op sy eie stoom maar die skool sisteem het nie plek gehad vir ‘n kind soos hy nie. En die privaat plekke is te duur en die skool waar ons hom wou insit is nie in ons provinsie nie en die wag lys was oor die 2 jaar.

Wonder net ·

Sleg om te lees van soveel kinders wat reeds ‘n agterstand het en dan faal die onderwys hulle ook nog.
2300 Nuwe skole?
Kan nie eers die wat daar is in stand hou nie.
Waar gaan hulle bevoegde personeel kry om die leerders te onderrig?
Die krises word al groter.

Leon ·

Wat het geword van die gespesialiseerde skole wt die regering lukraak toegemaak het toe hulle oorgeneem het? Laat daardie ministers uit hulle sakke betaal om die skole weer te heropen

Spook op thaba ·

Net buite Thabazimbie is so skool vir kinders met spesiale behoeftes. Dit n privaat nie winsgewende skool. Ek sien gereeld as ek daar verby ry hoe rustig dit daar lyk. Wil nog eendag daar gaan inloer

Reynete ·

Dis nie noodwendig net die regering wat hier misluk nie. Ek moes tot by hoër gesag baklei om my dowe seun in ń skool vir dowes te hou. Die skool se sielkundige het hom verkeerd geevalueer en die skool het besuit hy moet na ń ander skool gaan….

se net ·

Eerlik my kommer is meer oor die situasie dat die onderwysers nie opleiding het om sulke kinders te hanteer en hul reg te behandel nie. Dalk moet daar eerder n aparte skool of klasse gebou word vir sulke kinders, waar hul nie in die hoofstroom suksesvol kan wees nie, eerder tegnies en in n kuns rigting gestimuleer kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.