Departement van water is ‘onwillig, onbekwaam’

(Foto: pixabay)

AfriForum het vandag sy bekommernis uitgespreek oor die gebrek aan politieke wil by die departement van water en sanitasie (DWS) om plaaslike oplossings te vind vir die voortslepende water- en sanitasieprobleme waaronder die land gebuk gaan.

Die burgerregteorganisasie se kommer volg op minister Lindiwe Sisulu se antwoorde op ’n reeks parlementêre vrae oor die vergoeding, kwalifikasies en verpligtinge van 25 Kubaanse ingenieurs wat aangestel is.

Volgens Lambert de Klerk, bestuurder van omgewingsake by AfriForum, het AfriForum onlangs omvattende voorstelle vir oorweging aan die minister en haar span gestuur. “Soos die meeste staatsdepartemente, is die DWS verlam en eenvoudig onbekwaam om volhoubare ingrypings in die land se munisipaliteite te bewerkstellig om water- en sanitasiedienste te lewer waarop gemeenskappe geregtig is. AfriForum se voorstelle vir ingrypings op verskeie vlakke is werkbaar, maar die DWS se dawerende stilte daaroor is veelseggend,” sê De Klerk.

“AfriForum se onlangse betrokkenheid by die bestuur van die water- en rioolwerke in Koster deur middel van die Pionier Dienstemaatskappy het dit baie duidelik gemaak dat gemeenskappe en plaaslike kundiges gewillig én bekwaam is om volhoubare ingrypings te bewerkstellig. Regsruimtes bestaan vir byvoorbeeld gemeenskap/openbare-vennootskappe, maar die wil van munisipaliteite en staatsdepartemente ontbreek.”

De Klerk voeg by plaaslike oplossings vir plaaslike probleme is ’n werklikheid. “AfriForum se 155 takke landswyd staan gereed om die DWS en munisipaliteite te ondersteun en die kundigheid wat Sisulu nou ten duurste invoer, is onmiddellik in ons ledebasis en netwerk beskikbaar.”

Ongelukkig is munisipaliteite en munisipale bestuurders as onaantasbaar deur die ANC verklaar. “Staatsdepartemente is te bang om die ingewikkelde netwerk van ontplooide kaders tot verantwoording te roep. Terwyl die minister Kubane aanstel en klaarblyklik nóg sulke aanstellings beplan, vloei daar riool in ons damme, riviere en strate. Gemeenskappe sit sonder water. Dit is ’n kwade dag wanneer die hand wat oplossings bied, weggeklap word om gevestigde belange en uitgediende ideologieë te bevoordeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Yvonne ·

Dit blyk na n kwessie van ‘cut your nose to spite your face’….hoe erg moet dit nog word met besmette of geen water nie etc….

Mallie ·

Dit gaan oral so. Nie een van hulle is opgewasse vir hulle take nie. Wil nie werk nie, maar wil die geld he.

Nie Verbaas ·

100% korrek. Hulle wil meer geld he vir totale onbevoegdheid en tekort aan belangstelling.

Snowball ·

Departement van Water IS die spreekwoordelike d… in die drinkwater.

Anel ·

En wie ly die ergste? Hulle eie our people!!! Maar nou ja, kom stemdag dan werk ‘n t-hemp en kfc maar weer im die onbevoegdes te bevoordeel. Ai, ai, ai.

RS ·

Omdat mense aangestel word net omdat hul aan n sekere party hoort. Die wat bekwaam is word oorgesien omdat hulle nie aan die regte party behoort nie.

Anoniem ·

Waarom moet daar Ingenieurs ingevoer word as ons land oor genoeg Ingenieurs beskik wat bo alle twyfel beter is. Is dit omdat ons beste Ingenieurs se velle dalk wit is?

David ·

Tydens ‘n lesing deur ‘n Skotse water ingenieur, het hy gesê dat SA se water netwerk is gebou oo die mees gevorderde wiskindige model wat hy in die wereld gesien het, behalwe Sjina waar hy nog nie werk gedoen het nie.
Dit was genoodsaak omdat SA ‘n “arid” land is.
My vraag aan hom was die :
a. onderhoud van die water infrastruktuur
b. behoud van die hoë vlak kundigheid om die infrastruktuur te onderou
Op vraag (a) was hy nie baie positief oor die saak nie
Vraag (b) het hy nie beantwoord nie.
Tydens ‘n later, tweede lesing het dieselfde kotse water ingenieur gepraat oor die onderhoud en verliese van die water netwerk.
Omdat die regerings beamptes te onbevoegd was om die water verlies tempo te verstaan nie, het hy dit in die hoeveelheid Mercedes Benz kaare gelykstaande aan die verlore water waarde.
Toe verstaan hulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.