Departement vat 58 plase terug ná SOE-ondersoek

Argieffoto (Foto: goumbik/Pixabay)

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Vrydag gesê hy het, ná verdoemende bevindings in ʼn verslag deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) oor twyfelagtige grondooreenkomste, 58 plase teruggevat en van die betrokke personeel het bedank, afgetree of is sanksies opgelê.

Die departement het reageer op mediaberigte dat daar nog nie opgetree is sedert die verslag in Maart 2018 aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is nie. Volgens die departement het hy bedrieglike ooreenkomste gekanselleer en stappe is gedoen teen personeel onder sy jurisdiksie.

“Wat betref plase wat verbeur is deur die bedrog en korrupte aktiwiteite, is 58 plase ter waarde van R150 miljoen aan die staat teruggegee en ʼn verder 37 is onder kuratorskap hangende ondersoeke wat nog afgehandel moet word. Sodra die proses afgehandel is, sal dié plase ook aan die staat teruggegee word,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Toe die SOE-verslag aan Ramaphosa oorhandig is, is dit verwys na die departement met aanbevelings dat stappe gedoen moet word teen amptenare wat na bewering betrokke was by wangedrag, bedrog en korrupsie.

Die departement het gesê dissiplinêre stappe is in verskeie stadiums en meeste is reeds afgehandel en stappe is gedoen teen die amptenare.

“Agt amptenare is afgedank, vyf beamptes kon nie gedissiplineer word nie omdat die departement nie jurisdiksie oor hulle het nie; twee amptenare het afgetree en een het bedank. Finale waarskuwings is uitgereik teen vyf amptenare,” aldus die verklaring. Een van die persone is medies ongeskik verklaar en ses sake duur voort. Een van die beamptes dien reeds 10 jaar tronkstraf uit vir bedrog en korrupsie.

Die departement het ook onthul dat die program, waaronder hierdie bedrog en korrupsie plaasgevind het, in 2010 opgeskort is en ʼn nuwe beleidsraamwerk is intussen reeds ingestel.

“Die departement is deurgaans besig om sy interne beheer te assesseer, te monitor, te evalueer en te versterk, insluitend om beleide te verbeter om seker te maak dat die grondhervormingsproses meer doeltreffend raak,” het Phuti Mabelebele, woordvoerder van die departement, gesê.

“Die departement wil dit graag benadruk en die publiek verseker dat hy ten volle gereed is om wettig en regverdig op te tree wat betref grondhervormingsprosesse.”

Mabelebele het gesê die departement behou die reg voor om verder kommentaar te lewer oor sake wat nog sub judice is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

BlinkStephaans ·

Ag pragtig man. As dit nou nie genoegsame bewys is van wat gaan gebeur na die grondhervormingswet deurgedruk is weet ek nie. Die soeke is nie na grond.. dis na geld.. geld wat kom sonder om die werk te doen wat n boerdery vra.

Dafer ·

Verkeerd Stephaans! Die soeke is na die verwydering van die blankes van die plase af.
Dit werk sover!

Chris ·

Ek sien Rapport berig, baie mense is dood in wie se name die plase is, ander was nog nooit eens op ‘n plaas nie en weet nie dat hulle ‘n plaas besit nie.

Elene ·

So ons, die burgers van SA gn nou nie meer hoor wat verder met hierdie plase gebeur nie! Die staat behou die reg om inligting te veskaf inverband met hierdie bogenoemde 58+ plase! Oulik!!

Skroef ·

Wat ons, die belastingbetaler graag wil weet is, WAT WAS DIE TWYFELAGTIGE ooreenkomste? Dan ook, hoeveel van die begunstigdes, was al voorheen begunstig? Niemand behoort n tweede, derde of meer kere uit belastingbetaler se sakke begunstig te word nie. Eintlik moet hulle soos hulle groei, terug betaal wat hulle mee begunstig was. Dan kan ander dáármee begunstig word.

Skote Petoors ·

In die kol. N briljante idee
Logika vir ons klomp maar vir begunstigdes n growwe belediging.

David ·

Dis slegs verkiesings reklame – die regering het mos nou opgetree teenoor korruptes, maar die groot visse dien nog almal in die parlement, ry in hulle luukse begeleide motors en kry vet salarisse elke maand. Dan word Zuma se hand ook nog styf vasgehou…. Niks het verander nie.

Ek hoop net die massas kan ook daardeur sien.

Gert ·

Weet nie hoeveel dit help nie, die 58 plase gaan nou waarskynlik net onbenut bly en in staatsbesit, of andersins gaan dit aan ander onregmatige begunstigdes gegee word wat dit ook gaan onderbenut. Die logiese stap, nl. om dit op die mark te sit en toe te laat dat die bevoegdste boere dit kan bekom, sal nooit gebeur nie.

Peter Holmes ·

Ek wed al wat van daai plase oorgebly het is net die murasies en fondamente. Trekkers en ander implemente gestroop en verkoop vir scrap iron. Al die vee opgeeet. Net soos Zimbabwe en meeste Afrika lande.

Kfn ·

Ja, in ‘n regte sirkus is daar darem orde te midde van al die Narre ???

Piet Pompies ·

Goeie werk, hou so aan, verwyder die vrot appels. Crime does not pay!

Boet ·

Een ou sit in die tronk wat van die ander. Korrupsie, diefstal, staatskaping en jy gaan maar net aan of niks gebeur het nie.

SjN ·

Bewys dat hul onbevoeg en korrup is ,van die admin tot produksie, hul is nie grondbone nie maar wel geldhonger, kyk na bossasa

Salomé Malherbe ·

Hoeveel van ons as Afrikaners het nog enige mag of beheer oor in ons land?
Hoeveel beweeg nog in kringe waar mag en invloed saak maak? .. min, minder as min
Die met bàie geld beweeg in elke geval op n vlak vèr bo die middelklas se gesprekke hul daaglikse sturm en drang.
Sò baie het al die land verlaat en tog… steeds bly ons n volk in ons eie land.. geminag bedreig en sistematies van reg en voorreg ontneem maar terwyl ons saam bid, kuier en saampraat bly ons lewndig. Nou wil ek vir julle net dit sê… word wakker en sièn die groter prentjie!!!
Wat bedoel ek.?
Ek verwys na die Tekens vd Tye orals om ons.. as jy enigsisns insig het of begeer sal jou oë tot die afgryse v ons wêreld oopgaan. Nou so ànders as ooit tevore.!!!
Wanneer die Jode hul Tempel in Jerusalem bou is 2,000 jaar v kerk en genade tyd verby en dan bly net OPENBARING se erge vloeke, die Antichris en die Wederkoms oor…
die ANC gaan ingesluk word!!! Hoekom..
The Whole Earth lies in the power of the Wicked One… 1 John 5:19
HY GAAN ALLES ONTEIEN geliefde

Anoniem ·

Dit is die wegtrek en dit lyk so, die einde dan lyk dit soos die President van Zimbabwe wat Sy land vir ‘n pot lensiesop aan Rusland verkoop ! Suid-Afrika is ‘n halwe meter agter ZIM ! Ai toggie tog Mnr Die Suid-Afrikaanse President wat presies verstaan Jy nie van die Zim – situasie nie (dit is so eenvoudig soos – moenie, moenie daardie afdraai vat nie ! Doen wat Edel, regverdig en volhoubaar is ! ?

Jeremia ·

Skokkend, nóú eers wakker geskrik ná al die jare oor hierdie wanpraktyke.
Wonder of daar ‘n verkiesing aan die kom is.
Klink nogal na ‘ n ou paar plasies wat opgemors is, nê. Geen wonder kos raak al skaarser en duurder nie.
Die politieke elite sal uiteindelik kos vir hulself moet invoer om in kondisie te bly.
Zimbabwe herhaal hom oor en oor in Afrika.

Paul ·

Die kruks van die storie is dat Piet Retief se ooreenkoms met Dingaan was wetlik, die traktaat is bewys daarvan.

Sê maar net 1 ·

So kraaie pik toe wel mekaar se oë uit…
Hierdie grond gaan in staatsbesit bly nes al die ander grond wat hul van voorneme is om “terug te vat”.
Kommunisme kry die oorhand

Niklaas ·

Dis verkiesingsjaar , onthou. Na die verkiesing raak dit weer stil. Soos in Zim , sal paar politici begin plase “wen” , en als sal vergaan daar , al word dit bewoon deur haweloses.

John ·

Verkiesings in SA is ‘n klug… soos in Venezuela. Om partye met ‘n paar % steun in die parlement te he, beteken bloot ‘n paar lekker jobs vir ‘n paar en ‘n kassie om vanaf te skreeu. Ons help bloot die eenpartystaat om akkreditasie in die wereld te bekom. Praat en vingers vol blou-vitrioel gaan niks help nie. Dis tyd om vir ingryping van Bo te bid… vir verandering en reen. Sonder hulp van Bo is dit tickets met die Afrikaners.

A Mac ·

Dis nie meer die oortjies van die seekoei nie, dis nou die hele kop. Nou wag ons net vir daai lyf om uit die water van diefstal, bedrog, korrupsie en Vader Tyd te kom om te sien of daar ooit iets van gaan kom. Maar met verkiesing op hande is hierdie goeie publisiteit vir verskillende partye, maar is die kruisies klaar getrek en getel, wel, dan sak die seekoei terug in die water.

aj ·

Alles leuens!

Wat nou as “nuwe inligting” en as “tugstappe” aangebied word is ALLES PROPAGANDA.

Dit wat gebeur het met die plase was alles deel van die “oorspronklike plan”!

Slegs ons (die paar naïwe Wiites) weet nie van die plan nie. Ons begin nou maar eers die ‘oortjies van die seekoei sien’ … soos iemand bó tereg opmerk.

Die “nuwe inligting” wat nou bekend gemaak word is net ‘n aandag afleier van die GROTER PLAN!

Chinese missiel stellings in Zimbabwe … en talle besoeke aan Rusland ….. (Mabuza ook!) … dui aan waarvandaan die PLAN in werking gestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.