Departement verbreek stilte oor kleuterskole

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, gedurende vanoggend se mediakonferensie (11/05/2020) Foto: Verskaf

Sentrums vir vroeëkinderontwikkeling sal tot verdere kennisgewing gesluit bly gedurende vlak 4 van die koronavirus-afsonderingstydperk. Só het Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, Maandagoggend tydens ’n mediakonferensie gesê. Dit sluit in kleuterskole, crèches en dagsorgsentrums.

Zulu het gesê haar departement sal met die relevante rolspelers oorleg pleeg om die heropening van sentrums te verseker sodra die veiligheid van kleuters verseker kan word.

Die minister het ook gesê haar departement hou die departement van basiese onderwys fyn dop vir leiding rakende sy besluit oor die heropening van skole. Maroela Media het verlede week berig talle kleuterskole en ouers is gefrustreerd omdat hulle geen tyding vanaf die departement kry rakende die heropening van kleuterskole nie. Baie sentrums ly ook erge finansiële verliese omdat hulle in dié tyd gesluit moet bly.

Kinders van geskeide ouers

Volgens Zulu sal die kinders van geskeide ouers nou toegelaat word om eenmalig tussen ouers vervoer te word wat in verskillende provinsies, metrogebiede of distrikte woon. Dít mits die ouers beskik oor ’n hofbevel, ’n permit van ’n landdros of ’n ooreenkoms of ouerskapsplan wat by ’n familie-advokaat geregistreer is.

Landdroste mag slegs ’n permit uitreik indien hy of sy verskaf word van ’n kind se geboortesertifikaat en skriftelike redes waarom die kind tussen ouers vervoer moet word.

Zulu het benadruk dat die vergunning slegs op ’n eenmalige grondslag toegelaat word. Dit beteken dat ’n kind van een ouer na ’n ander ouer in ’n ander provinsie vervoer mag word hoewel die kind nie sal mag terugkeer gedurende vlak 4 van die afsonderingstydperk nie.

Rehabilitasiesentrums, jeugsorgsentrums, ouetehuise

Diegene in rehabilitasiesentrums of halfweghuise wat gedurende vlak 4 van die afsonderingstydperk in aanmerking kom om te kan terugkeer huis toe, sal toegelaat word om huiswaarts te keer op aanbeveling van ’n maatskaplike werker.

Dié vergunning geld ook vir die slagoffers wat tans in sentrums vir geslagsgebaseerde geweld skuil, asook jeugdiges in jeugsorgsentrums.

Volgens Zulu bly ouetehuise egter gesluit vir besoekers gedurende vlak 4, weens inwoners se kwesbaarheid vir Covid-19.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, gedurende vanoggend se mediakonferensie (11/05/2020) Foto: Verskaf

Maatskaplike werkers

Die minister het gesê haar departement het nog 1 809 maatskaplike werkers aangestel om hand by te sit gedurende die afsonderingstydperk. Die maatskaplike werkers sal aanvanklik vir drie maande aangestel word.

Die verspreiding van dié maatskaplike werkers per provinsie lyk so:

Oos-Kaap171
Vrystaat92
Gauteng676
KwaZulu-Natal266
Limpopo166
Mpumalanga128
Noord-Kaap33
Noordwes81
Wes-Kaap246

 

Maatskaplike toelae

Die nuwe goue Sassa-kaart. Foto: Sassa

Tydelike maatskaplike toelae aan gestremdes wat tussen Februarie en Maart verval het, sal hernieu word en tot die einde van Oktober vanjaar uitbetaal word, het Zulu gesê.

Dié vergunning geld ook vir maatskaplike toelae vir pleegkinders en diegene van sorg afhanklik.

Die betaling van hierdie hernieude toelae sal voor die einde van Mei plaasvind, het Zulu bevestig.

Volgens die minister het die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) teen einde April sowat 80 000 aansoeke vir maatskaplike verligting van nood ontvang, waarvan 57 763 aansoeke vir hulp in aanmerking kom.

Diegene wie se aansoek goedgekeur word, sal vanaf Mei tot Oktober noodverligting van R350 ontvang. Sowat 30% van Sassa se werknemers word intussen toegelaat om terug te keer werk toe om te help met die uitbetaal van toelae.

Volgens Zulu het haar departement tot op hede meer as 34 000 kospakkies versprei. Die departement het intussen nog 580 vrywilligers ingespan om kospakkies onder behoeftiges te help versprei.

Zulu het egter gesê die departement se begroting van R407 miljoen vir die maatskaplike noodverligting gaan moontlik nie genoeg wees om in al die nood weens die Covid-19-pandemie te voorsien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Fae Fubar ·

Op vlak 4 heers daar steeds ‘n verbod op die verkoop van hare…

Lizanda ·

Burgermeester, as jy ‘n hoed dra hoef jy nie brains te he nie, jy moet net die hoed he!

Danie ·

Ek is nou gatvol vir hierdie kinderagtigheid. My lewe behoort aan my Skepper en aan myself. Ek gaan nie meer ingehok sit soos n budgie nie. Dit sal my mal maak man.

Willem ·

Elke keer as ek haar sien probeer sy deur haar kleredrag n man wees

koos10 ·

Geagte minister, wat dan nou van ouers wat moet gaan werk (jy weet daai ding wat sommige van ons moet doen om aan die lewe te bly) op level 5 en 4. Waar moet hul kinders heen? U sien in die stad het ons nie die gerief om ons kinders by ons bure te los nie, want dis nie meer aldag lekker veilig nie, en die inperking tel mos vir kinders ook, nie waar nie? Nou moet u ook nog bietjie verder help asb. Kleuterskole ens, word mos ook net gehelp op BEE basis, nou wat as die instansies moet toe maak weens bankrotskap? Waar gaan my kinders na die lockdown dan heen?

Anel ·

Nou as die skole oop maak, gaan almal weer grense kan oor gaan want hoeveel van die kinders gaan daagliks in ander provinsies skool? Verder is ek nou moeg om geiselaar gehou te word. Ek het ook regte. Ek is nie ‘n komunis wat wag dat daar vir my besluite gemaak moet word nie.

Scalla ·

Sassa se goue kaart, hoe word die finansiele status/katagorie bepaal, by banke gaan die status oor inkomste, bates ens, hoe meer kinders jy het speel seker n rol, almal gaan dan vir goud, Platinum het in die hek geduik, brons en silwer seker ander opsie.

Erik ·

Weet ons nou enigsins iets meer as voordat sy hierdie wyshede met ons gedeel het?

Yolandie ·

Die besluit oor die kleuterskole is ook nie mooi deurdink nie. Waar moet ouers wat werk hulle kinders los as hulle gaan werk……of moet die werke nou ‘n kleuterskool beskikbaar hê……twyfel of dit gaan gebeur. Meeste besighede probeer om kop bo water te hou in dié stadium. .

Anel ·

Nou waar kom die maatskaplike werkers ewe skielik vandaan en hoe word hulle so vinnig opgelei? En wat gaan na 3 maande van hulle word? En waar kom die geld om hulle te betaal nou ewe skielik vandaan?

RB ·

Ek is bereid om te wed nie een van hulle is blank nie, wat sê nog blank èn Afrikaans!

Aan einde van 3mnde word die reling seker permanent want hulle kan mos nie die mense net laat loop nie.

Geld? Geen probleem! Ons China maters gee geld en ons gee net wat hulle soek. Die res vat ons van die mense wat reeds kreun onder belastings!

marius ·

Hulle het geen idee wat om te doen nie . Gaan kyk wat gaan in die strate aan !

Fedup ·

Apart from the maximum minimum change that you are so willing to give to people, can someone please give that women a mask and a bit of fashion advice. The specific amount off R407 million should be efficient, IF the anc can keep their long fingers off it.
No one can argue that we have the best government that money can buy.

Pieter J ·

Ja Burgermeester dit lyk vir my ook of hulle iets het om weg te steek onder daardir hoed wat hul so graag dra. Dalk skaam vir iets?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.