Departement veroordeel boelie-voorval

(Argieffoto ter illustrasie.)

Die departement van onderwys in Mpumalanga het ʼn boelievoorval veroordeel wat Vrydag by die Elukhanyisweni Secondary School in Emalahleni plaasgevind het.

In ʼn video van die voorval wat wyd op sosiale media gedeel is, slaan ʼn meisie ʼn ander leerder verskeie kere totdat ʼn omstander ingryp en die vermeende boelie begin terugslaan.

“Die departement veroordeel dié voorval ten sterkste. Die beheerliggaam van die skool moet almal aanspreeklik hou wat by die voorval betrokke was,” sê Jasper Zwane, woordvoerder van die departement.

Die departement het beamptes ontplooi om berading beskikbaar te maak aan die slagoffer en ander leerders wat negatief geraak is deur die voorval.

“Die departement sal verwikkelings by die skool baie streng monitor.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marius ·

Die kinders kry ‘n baie goeie voorbeeld by hul ouers. Nou doen hul maar dieselfde.

Sean ·

Hulle vat dan messe en wapens skool toe Daar is geen beheer by sommige skole

Catherina ·

Hoekom moet daar beheer wees? Leerders is daar om te leer en personeel nie daar om babysitting te doen nie

Blikkies ·

Hoekom moet almal nou aanspreeklik gehou word. Vat die Boelie vas!

Waarnemer ·

Skors die boelie en sommer terselfdertyd moet kinders se sakke en tasse vevisenteer word vir gevaarlike wapens.

Swerwer ·

Soek die optrede van die boelie by sy ouerhuis of plek van opvoeding en woning. Dit is voorbeelde wat aan ‘n boelie gestel word of sy gedrag afwyking wat veroorsaak dat hy ander boelie. Dit is ‘n aggressie binne die persoon wat uiting moet kry. 99,9% lê dit by die opvoeding van so ‘n persoon. Voorbeelde van optrede teenoor die “boelie” tydens sy vormings jare.

Johnny ·

Mense baklei. Kinders ook. Dit was nog altyd so, en sal altyd so wees.
Maar deesdae is ieder en ‘n elk wat handgemeen raak ‘n boelie. En al wanneer mens eintlik van “boelie” kan praat, is wanneer daar ‘n duidelike wanbalans is, bv. op grond van ouderdom of grootte. Let wel – nie verskil nie, maar WANbalans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.