Departement verwerp wiskunde-verslag

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van onderwys het Maandag ʼn verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum oor die stand van die land se wetenskap- en wiskunde-opleiding verwerp.

“Die verslag is nie ʼn geloofwaardige of akkurate weerspieëling van die stand van onderwys in Suid-Afrika nie,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Volgens die WEF-verslag plaas die gehalte van die wiskunde- en wetenskap-opleiding in die land Suid-Afrika laaste uit 148 lande.

“Ons verwerp hierdie bevinding, aangesien dit op menings en persepsies gebaseer is,” het die departement gesê.

Aldus die Wêreldwye Inligtingstegnologie-verslag van 2014 is die gehalte van Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskap-opleiding onder die “vaardigheid”-sub-kategorie swakker as Haiti, Lesotho, Tsjad, Zimbabwe, Nigerië en Kenia.

Die gehalte van Suid-Afrika se onderwys plaas die land in die 146ste plek.

Die verslag maak van ʼn netwerk-gereedheidsindeks (NRI) gebruik om die stand van die lande se inligting- en kommunikasietegnologie te bepaal. Suid-Afrika is 70ste op die NRI, wat uit 10 verskillende sub-kategorieë bestaan.

Die departement het Maandag gesê die WEF-verslag baseer nie sy navorsing op enige toetse of assesserings deur leerlinge nie en die forum het nie met die leerlinge gekommunikeer nie. “Hierdie persepsie-indeks is gebaseer op onderhoude wat met hoofde uit die sakesektor gedoen is en reflekteer niks anders as hul persoonlike menings nie.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lawrance ·

Kinders voorskool sal ook dieselfde antwoord gee.

WEF: “Julle wiskunde wetenskap opleiding is baie swak.”
SA onderwys dept: “Isi, isi, isi, isi, isi, isi, ek gaan vir nr. 1 vertel julle jok en julle is rasisties en julle kroek en julle laat ons sleg lyk en julle het dit verkeerd gedoen en ons speel nie meer saam nie.”

Ver verby belaglik.

Melissa ·

Natuurlik gaan hulle dit verwerp, want hulle wil niks aan die saak doen om dit te verbeter nie!!

Brenda ·

Hulle dink: “Ignore and it will go away”. Verrassing, verrassing…toe nou nie!!

Ek hoef nie my kommentaar op “enige toetse of assesserings deur leerlinge” te skoei nie….gesonde verstand se dat as 1 miljoen graad 1’tjies hul skoolloopbaan begin en 12 jaar later is net bietjie meer as 300 000 leerlinge oor van die oorspronklike groep, dan het ons erens ‘n drastiese problem!!!
Maar as dieselfdes, wat nie eers hul matriek kon voltooi nie, nou in die Departement van Onderwys sit, dan SAL hulle dit nie verstaan nie en dan sal hulle die verslag verwerp……

Henrietta Klaasing ·

Wat op aarde hoop die Dept van Onderwys om te bereik deur die aanhoudende jaar na jaar verwerping van die uitslae van objektiewe navorsing? Van 1994 af word daar deurlopend navorsing gedoen deur verskillende instansies ( ook internasionale instansies soos die VN), en jaar na jaar word tot dieselfde gevolgtrekking gekom: Onderwys in SA is ver benede standaarde selfs in ander sub-Sahara- lande.

Wanneer iemand wat aan kanker ly, aanhoudend mediese verslae verwerp sonder om aandag aan die probleem te gee, kan die persoon sterf aan sy of haar siekte. Om iets aanhoudend te ontken, was nog nooit ‘n oplossing nie.

Of is die mislukking van die stelsel JUIS hul oogmerk? ‘n Swart kollega ( intussen oorlede) het enkele jare gelede vir my gesê die regering WIL ‘n dom, afhanklike massa kweek om as stemvee te dien. Dis mos presies wat in keiharde kommunistiese lande gebeur het.

Elizabeth ·

Dis ook nou nie die eerste keer dat daar bevind is ons wetenskap en wiskunde-opleiding is so swak nie! Die hele onderwysstelsel in ons land is basies ‘n grap. Dis in elk geval nie eers nodig dat daar navorsing oor gedoen word nie, almal weet dit. Ek voel jammer vir die kinders wat onder hierdie swak stelsel moet ly.

huisvrou ·

Ten spyte hiervan, wil die dept en regering nou ook tuisonderwys oorreguleer en verseker dat die standaard van tuisonderwys verlaag word tot hul patetiese staatstandaard deur ons te verplig om hul kurrikulum en materiaal te gebruik.

Dit terwyl die wêreld se materiaal, waaronder Singapore Maths, tot ons beskikking is!

gertjie ·

Waar kan ek die boeke van Singapore Maths kry.
My kinders maak nou graad 3 en 5 klaar.
Boeke van graad 4 en op sal dus werk.
Het ge-google maar miskien is daar gebruikte boeke beskikbaar wat iemand verkoop.
Of nuut dan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.