Departement waarsku leerders oor Guy Fawkes

Vuurwerke-en-Guy-Fawkes

Argieffoto: Learnenglishteens.britishcouncil.org

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het leerders gewaarsku dat onverantwoordelike optrede tydens vanjaar se Guy Fawkes-viering nie geduld sal word nie.

“Ons ontvang elke jaar klagtes oor leerders wat onverantwoordelik optree op Guy Fawkes-dag. Verlede jaar het kinders sykouse vol verf na verbygaande motors geslinger of ander leerders met verf besmeer. In vorige jare het hierdie optrede selfs veroorsaak dat onskuldige leerders of omstanders seerkry,” het Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys, Sondag in ʼn verklaring gesê.

Guy Fawkes word elke jaar op 5 November (eerskomende Dinsdag) gevier.

“Weens hierdie onverantwoordelike gedrag is daar ook ʼn toename in afwesigheid by skole dié van die jaar omdat leerders eerder in hierdie skadelike en potensieel gevaarlike aktiwiteite wil deelneem,” lui die verklaring. “Ander gaan nie skool toe nie omdat hulle bang is hul klasmaats teiken hulle.”

Schäfer sê haar departement het die polisie en die Stad Kaapstad se wetstoepassingsowerhede gekontak en hulle gevra om hul sigbaarheid, veral rondom skole, in hierdie tyd op te skerp.

skool-skoolskoene-onderwys

Argieffoto.

Ouers is ook gevra om verantwoordelikheid vir hul kinders te neem deur:

  • Seker te maak hul kinders gaan Dinsdag skool toe.
  • Hul kinders te ontmoedig om aan enige onverantwoordelike aktiwiteite deel te neem op dié dag.
  • Seker te maak iemand hou toesig oor hul kinders nadat die skool uitgekom het.
  • Toe te sien dat kinders nie vuurwerk of verf saamneem skool toe nie.

“Ons gr. 12-leerdes skryf ook Dinsdag Geografie en dit sal baie jammer wees indien die eksamen ontwrig word,” sê Schäfer. “Hierdie onverantwoordelike optrede moet nou tot ʼn einde kom.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Way gaan ek nou met daai groot vuurpyl maak wat speciaal gebou is om Julius Malema en Andile Mngxitama, op ‘n een rigting rit Hel, ekskuus, Maan toe te stuur?????

Lou ·

O fawkes JohanR jy het nou n groot probleem met di rocket vir di guy’s

Cherokee ·

Julle praat kaf op groot skaal, Lou probeer selfs om een enkele karakter (‘n e) uit die Afrikaanse alfabet te sny sodat hy minder data (kan jy dit werklik gló..!) kan gebruik, en ons lieflike taal op te neuk! En môre oormôre juig jy Lou, weer vir die VF+ wat vir Afrikaans in die bresse tree! Jy hoort nie in hierdie forum nie.

Cherokee ·

Stem EFF, Lou, hulle het net so min respek vir Afrikaans soos jy.

skurweberg ·

Ek het nog nooit van hierdie geleentheid gehoor nie. Het die naam verander of waaroor gaan die lopery nou eindelik? Kan iemand my help. Ek voel nou soos “Rib van Winkel”

Jean ·

Remember, remember the 5th of November.
Google mar net Guy Fawkes, hy wou engeland se parlament opblaas

Chris Ws ·

Die Guy Fawkes ding het NIKS met ons te doen nie.Ek verstaan nie waaroor mense in die’ land dit sal wil “vier” nie.Dis dieselfde as wat jy vir ‘n Brit se hy moet nou Erfenisdag of Krugerdag dag vier!Dis net so betekenloos vir hulle as Guy Fawkes dag vir my.

Tong-innie-kies ·

@Chris – Dit het baie met ons te doen. Hy sou ‘n held in ons land ook gewees het indien hy geslaag het. SA sou dalk ‘n heel ander tipe plek gewees het.

Maljan ·

Heng, Ek moet in die Kaap gaan verf koop. Lyk of dit daar spit goedkoop is.

madels ·

Eintlik moet die regering verantwoordelik gehou word vir “ons” kinders, hoekom moet die ouers? Want die regering wil mos “ons” kinders besit, vir hulle vertel wat hulle moet en nie moet doen nie, sex onderrig in klein kindertjies se kele afdruk, vir ons kinders vertel wat reg en wat verkeerd is… nou hoekom moet die ouers nou skielik verantwoordelikheid neem vir HUL kinders? Die regering wil mos selfs huisgesinne regeer en ouers vertel hoe hulle “hul” kinders moet grootmaak. Dis hoe siek die samelewing begin word het met wetteloosheid en geen dissipline in skole en huise nie. Kry vir julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.