Departement waarsku oor aanlyn slenter

Argieffoto

Die departement van landbou, bosbou en visserye het Vrydag homself gedistansieer van ʼn brief wat aanlyn op sosiale media gedeel word dat die departement glo op soek is na stoorfasiliteite in die Vrystaat.

“Die departement stel dit onomwonde dat hy niks te doen het met dié bedrog nie. Die departement wil die publiek en alle diensverskaffers maan om bedag te wees en nie enige goedere af te lewer of betalings aan enige diensverskaffer of vervaardiger te maak indien die geldigheid daarvan nie by die departement bevestig is nie.”

Volgens die brief is die departement op soek na store in die Phumelela- plaaslike munisipaliteit (Memel/Vrede-gebied) in die Vrystaat.

Die departement het gesê diensverskaffers wat slagoffers was van dié slenter, word aangemoedig om ʼn klag van bedrog by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig te maak. “Die departement sal ook die saak by die polisie aanmeld vir verdere ondersoek.”

Die departement het diensverskaffers gewaarsku dat hy nooit selfone as ʼn medium van kommunikasie sal gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.