Departement waarsku opnuut oor sprinkane

Bruinsprinkane op ’n plaas in Aggeneys tussen Pofadder en Springbok in die Noord-Kaap. (Foto: Verskaf)

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het boere opnuut gewaarsku om op hul hoede te wees vir sprinkaanswerms in die Karoo.

Dele van die Karoo in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap gaan sedert September gebuk onder ʼn sprinkaanplaag wat boere se gewasse en weiding teiken. Die groot hoeveelheid reën wat in Augustus hier geval het, het grotendeels bygedra tot dié probleem. Die departement het reeds in November gewaarsku dat die plaag groot skade kan aanrig indien daar nie gou gespring word om dit te bekamp nie.

“Die departement moedig boere aan om sprinkaanswerms aan te meld, veral op plase wat nie beset word nie. Die departement het reeds opgeleide kontrakteurs aangestel in alle gebiede wat deur die plaag geraak word en hulle is toegerus met insekdoders, spreipompe en beskermende kleredrag wat hulle in staat sal stel om hierdie plaag kan bestry.”

Luidens ʼn verklaring deur die departement is die grootste uitdaging dat die voorkoms van sprinkaanswerms nie aangemeld word nie. “Hierdie swerms groei en rig aansienlike skade aan weiding en landbougewasse aan. Van die sprinkane is nou al groot genoeg om na ander provinsies te beweeg.”

Daarom vra die departement dat boere hul plase sal besoek in die geval waar hulle nie self daar woon nie om seker te maak daar kom nie sprinkane voor nie en dat lede van die publiek ook die voorkoms enige sprinkaanswerms aan die departement of landbou-unies sal deurgee.

Die laaste uitbreking van dié soort het in 2010 voorgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.