Departement waarsku Suid-Afrikaners wat Kerstyd oorsee reis

New York se gewoonlik besige Grand Central-terminaal is weens die Covid-19-pandemie bykans verlate. (Foto: Spencer Platt/Getty Images/AFP)

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, Naledi Pandor, het Suid-Afrikaners wat in dié tyd beoog om internasionaal te reis gewaarsku om te verseker dat hulle nie êrens in ʼn vreemde land gestrand raak nie.

Pandor het Maandag gesê talle lande in die Noordelike Halfrond ondervind in hierdie stadium ʼn tweede vlaag van die Covid-19-pandemie. Suid-Afrikaners moet waaksaam wees sodat hulle nie oorsee in ʼn moeilike situasie beland wanneer afsonderingsregulasies byvoorbeeld verskerp word nie.

Sy het ook gesê daar bestaan boonop die kans dat internasionale vlugte op kort kennisgewing gekanselleer kan word.

“Neem asseblief kennis dat jy op jou eie risiko na die lande reis en die huidige omstandighede en onsekerhede oor die pad vorentoe besef,” het die minister gesê.

Sy het ook ʼn beroep op reisigers gedoen om te verseker hulle het voldoende reisversekering. “Talle Suid-Afrikaners het geen of onvoldoende reisversekering vroeër vanjaar, tydens die piek van die pandemie, gehad om onder meer verlengde hotelverblyf of nuwe vliegkaartjies te dek.”

Pandor sê een van die departement se grootste uitdagings die afgelope jaar was die repatriasie van burgers wat weens die afsonderingstydperk wat in verskeie lande ingestel is, in ander lande gestrand was.

Meer as 30 000 Suid-Afrikaners wat op alle uithoeke van die wêreld gestrand was, is sedert Maart, nadat die land se afsonderingstydperk in werking gestel is, op 350 repatriasievlugte huis toe gebring. Die syfer sluit nie die duisende mense in wat padlangs deur ʼn grenspos tot in Suid-Afrika gereis het nie.

“Die ondervinding het weereens die belangrikheid benadruk om te verseker Suid-Afrikaners wat in hierdie tyd oorsee reis, is toegerus met die nodige inligting sodat hulle nie gerepatrieer moet word omdat hulle gestrand is nie.”

Pandor het Suid-Afrikaners wat oorsee reis, gevra om by die ambassades van die lande wat hulle besoek te registreer en naasbestaandes in te lig oor presies waar hulle hul gaan bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Wie wil nou terugkom? Dis in meeste vreemde lande waarskynlik selfs snags op straat veiliger as in dié misdaad-besmette anti-wit Suid-Afrika. Onthou ook, strafkamp toestande onder kwarantyn wag vir diegene wat terugkom. En daarna is dit beurtkrag, regstellende aksie, swak of geen munisipale dienslewering ens ens. Regtig, ek wonder wie wil nog terugkom.

Jakes ·

Ek stem Jaco. Ek het familie wat al 20 jaar in die buiteland bly en SA word in baie gevalle as die muishond van die wereld beskou, veral sedert 1994.

Alet ·

Maar nou hoe so? Was die res van die wereld nie so vreeslik kwaad vir SA voor 1994 nie? Toe word daar gedoen wat hulle wou gehad het en nou is hulle ook nie happy nie. So wat wil die hoogagtende res van die wereld hê moet ons nou doen?

Eend Bessinger ·

Wel, jy het een uiteindelik net twee keuses: ry met Jan Tuisbly se karretjie of emigreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.