Departement wil SAL ‘stabiliseer en kostes verminder’

Argieffoto

Die ministerie van openbare ondernemings het Sondag gesê sy onmiddellike prioriteit is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) finansieel te stabiliseer en deur middel van kostevermindering en kommersiële reoriëntasie seker te maak die lugredery is finansieel volhoubaar.

“SAL is ʼn goeie lugredery, maar dit word swak bestuur,” het die ministerie in ʼn verklaring gesê. “Swak besluite is geneem deur vorige raadslede en bestuur, insluitend om toe te laat dat korrupsie die lugredery lamlê.

“Die onlangse toewysing van R5 miljard in die mediumtermynbegrotingsraamwerk is ʼn verdere verklaring hiervan en verskaf ʼn mate van onmiddellike finansiële stabiliteit terwyl die lugredery se raad en bestuur voortgaan met die opdrag om die lugredery finansieel en operasioneel te herstel.

“Die ministerie sal ook die raad van die SAL en bestuur opdrag gee om met groter dringendheid en toewyding hul pligte uit te voer om onmiddellike ingryping te identifiseer en te implementeer,” lui die verklaring.

“Dit is noodsaaklik dat die uitvoerende bestuur fokus op die sake van onmiddellike belang, insluitend om die koste van die lugredery te verminder, alle bedrieglike kontrakte op te skort en siviele en strafregtelike stappe te doen teen alle persone te doen wat by korrupsie betrek word.

“Die SAL moet ook gereed maak vir ʼn strategiese aandeelhouer in die nabye toekoms.”

Volgens die ministerie sal dit die toekomstige volhoubaarheid van die lugredery en poste verseker om seker te maak die SAL is ʼn mededinger in die lugvaartbedryf – plaaslik en wêreldwyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

De Villiers ·

Dieselfde ou retoriek in al die departemente van die ANC: “Ons sál korrupsie beveg, beter bestuurspraktyke toepas, swak besluite, begrotings besnoei …”. Ons hoor dit nou al vir meer as 20 jaar by die ANC, maar, die geskiedenis herhaal homself met hierdie party. Leë beloftes, en waar daar nie ‘n wil is nie, is daar nie ‘n weg nie. Die eintlike groot probleme is die uitermate hoë salarisse van die topbestuur, onbekwaamheid en geen integriteit nie.

Kannemandannie ·

Het julle nog nie agtergekom nuus oor die ANC handel gewoonlik oor hierdie politikus het “dit gesê” en daai een het “dat gesê”, maar selde word berig dat iets werklik GEDOEN word…

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom het ALLES nou ‘n “omkeer strategie”? Dit het dan gewerk en was winsgewend? Moet die mense wat nie die vermoë gehad het om dit suksesvol te bestuur nie nou die “omkeer strategie” implementer? Hulle kon dan nie die besigheid winsgewend bestuur nie? En die alewige “blame game”…..”It was the previous board/CEO/Management”….WIE het hulle aangestel? Dis tyd dat hierdie landjie se belastingebetalers begin verantwoordbaarheid afdwing…

Mm ja nee ·

Wonder hoeveel hierdie keer weer in daai bodemlose put gegooi gaan word?

Jerry ·

Die verrotting in die SAL is net soos uitwissing en besoedeling, onomkeerbaar. Wanneer al die vrotappels in die SAL verwyder moet word, gaan daar nie een gesonde appel oorbly nie!

Neutraal ·

De Villiers
Miemand kan met jou veskil nie. SAL kan ook nie verkoop word nie want wie sal nou skuld wil koop.
Ons sien hierdie beloftes op alle gebiede en as hulle aangevat word raak hulle oornag stil soos die graf. Hulle verdwyn net eenvoudig

Grassie ·

Woorde – woorde – woorde ……. dit is al waartoe die ANC-kaders in staat is. “Kommersiële reoriëntasie”. “Onmiddellike finansiële stabiliteit”. “Onmiddellike ingryping te identifiseer” en nog meer. Woorde wat ons al jare hoor. Ek glo nie hulle weet wat die meeste daarvan beteken nie. Woorde sonder dade. Die beste wat ‘n mens dit mee kan beskryf is ‘verbale diarree.’
Die ANC wil nie erken dat hulle eie vrotsigheid die SAL gesink het nie, veral hier vlak voor die verkiesing. Hulle gaan nou hul eie onbevoegdheid probeer verdoesel deur nog baie, baie belastinggeld in daardie bodemlose SAL-put te stort. Hulle sal waarskynlik ook geld van die reeds half geplunderde staatsdienspesioenfonds daar “belê”. Daar is geen manier waarop hulle die SAL kan red nie, hulle stel net die onvermydelike uit maar teen ‘n geweldige koste vir die belastingbetaler.

Hansie Slim ·

Die SAL is nie meer wat hy was nie.
Dit word nou net gehou vir ministers en kie vir “freebies” en ons moet betaal. Jammer om te sê maar maak hom toe. Wie sal so iets wil oorneem.
Wonder hoe is hulle instandhouding deesdae? Miskien kan so iets ‘n bedekte seën wees….

Boertjie ·

Hoeveel mense betaal belasting? Ek sal graag die sommetjie wil sien. 1 two hundred millios and 75, 700 and ten thousand ???

Hendrik ·

Sal die stategiese vernoot, wat SAL uit te moeilikheid verlos, dalk ‘n Sjinese maatskppy wees?

Andre C ·

Dit sal goed wees as China hierdie entiteit oorvat .Niemand mag kwaad wees as hulle die korrupte spul afdank nie. Hulle is ten minste deel van die aangewese groep.

jakes ·

Die grootste rede vir SAL se benarde posisie is omdat daar byna 3000 mense daar werk wat 2000 te veel is. As daar in ag geneem word dat meer as 50% van hulle onbevoeg is om hul werk te doen dan skets dit n power prentjie. Die ANC sal ook nie werkers verminder nie want dit sal minder stemme vir hulle in die komende verkiesing meebring. Die SAL se treurmare is maar tiperend van alle staatsentiteite.

Gert ·

Hierdie is n klomp lee blikke. Elke jaar dieselfde storie en korrupsie gaan aan.

Move on ·

Count your losses and move on! You are wasting tax payers money (again)!

Jeremia ·

Die voorbrand is gemaak: die strategiese aandeelhouer is natuurlik lankal nader gehark. En die Chinese was hier en toe was CR daar.
En die manne met die breë glimlaggies gee eintlik net lenings en dan lê hulle heel vriendelik beslag op wat eens voor die ANC-regime se wanbestuur ‘n bate was.
Wie anders sal ‘n pakket onderhandel wat dalk soos volg lyk: miljarde se skuld en gepaardgaande gemors in ruil vir nog derduisende burgers?
Naas China is Indië die mees oorbevolkte.
Ons moet ons ook regmaak vir die gevolge van elke staatsentiteit wat deur DIE strategiese aandeelhouer oorgeneem (gaan) word.

Elsa ·

Voor jul SAL se deur toemaak, betaal eers die staat pensioen wat daar in belê is, terug.
So ook al die geld wat in “besigheid” belê is wat nie winsgewend is nie. SANRAL, African Bank, en te veel om op te noem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.