Departement wil van emmertoilette ontslae raak

Argieffoto Foto: milkwood.net

Argieffoto Foto: milkwood.net

Die departement van water en sanitasie het Vrydag sy toewyding bevestig om van die emmer-toiletstelsel ontslae te raak.

“Die departement is bewus van en aanvaar dat toegang tot waardige sanitasie ʼn basiese menslike reg is,” het Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “In hierdie verband het die departement twee toelaes wat die agterstand van sanitasie in die land wil aanspreek.” Die departement het die Plattelandse Huishoudelike Infrastruktuur-toelaag en die Emmer-uitwissingstoelaag ontvang.

Volgens Ratau sal die departement fokus op huishoudings wat steeds in formele gebiede van emmertoilette gebruik maak en dit teen Desember 2015 vervang met watersanitasie.

“Die departement ontwikkel ook ʼn plan wat die informele dele in die volgende finansiële jaar, 2016/17, sal aanspreek,” het hy gesê. “In die plattelandse dele fokus die program op die formele dele. Munisipaliteite hou vol met hul verantwoordelikhede vir water en sanitasie-behoeftes in informele dele totdat die formalisering van die gebiede of hervestiging van die gebiede bevestig is.”

Provinsies met ʼn groot agterstand in sanitasie is die Vrystaat, Oos-Kaap, Limpopo, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap. Die geraamde koste om die algehele sanitasie agterstand in te haal, beloop ongeveer R50 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Daar moet ernstig besin word oor hierdie projek. Water is n ernstiger probleem as wat besef word. Bou eers n aanleg om water te herwin vir spoel stesels alleen.

Johann Marx ·

Winston? Jy redeneer nou soos ‘n regte reg-denkende witmens met nie net ‘n bekommernis oor die toekoms nie, maar ook ‘n verstaan dat die watersituasie ‘n oorlewingskrisis gaan word gouer as wat ons dink. Die persone wat hierdie “projek” na 20 jaar se bewindoorname nou skielik wil prioritiseer verstaan nie jou argument nie. Hau…there will always be water mos? The clouds she is raining……what is your problem?

Nic Grobler ·

Daar is altyd soveel “toewyding” en planne wat “ontwikkel” word voor verkiesings.

Peet Schabort ·

“Toegang tot waardige sanitasie”. Wonder hoeveel van ons ‘bevoorregtes’ het grootgeword met die emmerstelsel ? Daar word so gehamer op die “dehumanising of the people” dat mens al kan skree daaroor. Dit is ‘n perd só holrug gery dat hy nie eens die nagkar sal kan trek nie.
Magtag ! Sal die gesanik daaroor ooit einde kry ?
Ek en ander wittes het NIKS daarvan oorgekom deur die emmerstelsel se gebruik. In die winter op die hoëveld was dit nogal ‘n ding om vroegoggend kaalpoot oor die dik laag ryp jou ding daar buite te gaan doen. Die ryp het so ‘girrts-girrts’ onder die voete gemaak terwyl jy so hier en daar grond vat . Spinnekoppe aan die binnekant van die plank waarop jy sit was egter die grootste vrees en daar is altyd eers met ‘n takkie al in die rondte gevee aan die plank se onderkant. Dit geld vandag nog wanneer jy ‘n staptog aanpak en ‘n ‘longdrop’ moet besoek.
Ek het ook vir die eerste keer met elektrisiteit te doene gekry op hoërskool. Ook het ek grootgeword op BOORGATSOUS en daardie windpomp is opgesit en betaal en onderhou deur my pa. ‘n Stukkende windpomp het beteken GEEN water en dit is dit.
Dit is by al die sogenaamde ‘gebrek aan geriewe’ ‘n tyd in my lewe wat my in geen stadium laat voel het dat dit onmenslik was. Inteendeel was daar selfs pret met daardie buite kleinhuisie (dis nou deesdae ‘n toilet) wat ek eerder sal verswyg anders sneuwel my kommentaar dalk.
Om ‘n kruisie by ‘n stembus te gaan maak en te dink dat alles sommer net reg gaan loop is seker een van die grootste versinsels wat iemand jou kan belowe. Ek beskou daardie misbruik van iemand se vertroue in jou as gelykstaande aan ‘n misdaad om dinge te belowe wat net nie oornag en selfs nooit, kan waar word.
Jy sal net gehelp word indien jy van jou kant ook bereid is om ‘n bydrae te lewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.