Departementele beamptes vas vir bedrog met motors

Drie beamptes van die departement van vervoer is vasgetrek vir korrupsie (Foto: Verskaf)

Drie beamptes van die departement van vervoer in die Wes-Kaap gaan eersdaags in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie. Hulle is verlede Vrydag deur lede van die polisie se voertuigmisdaad-eenheid in Bellville en lede van die provinsiale misdaadintelligensie-eenheid vasgetrek.

Dié drie beamptes was glo deel van ʼn sindikaat wat onwettig ingevoerde voertuie op bedrieglike wyse geregistreer en polisiegoedkeuring hiervoor gekry het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, sê twee van die beamptes, ʼn 41-jarige man en 46-jarige vrou, is by die departement van vervoer se kantore in Dorpstraat in Kaapstad in hegtenis geneem. Die derde verdagte, ʼn 46-jarige man, is by sy huis in Lower Crossroads in Kaapstad vasgetrek.

Van Wyk sê die inhegtenisneming vorm deel van ʼn uitgebreide ondersoek teen 13 verdagtes wat eersdaags in die Bellville-landdroshof op aanklagte van bedrog, vervalsing en korrupsie gaan verskyn. Dié 13 verdagtes sluit onder meer beamptes van die polisie en die Kaapstadse voertuigregistrasie-eenheid in.

“Die ondersoek duur voort in verskeie ander provinsies om korrupsie en bedrog te bekamp en só meer skuldiges vas te trek,” sê Van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

So ry die sous trein – tjoooo tjoooo , of stop hy vir somiges . Dankie .

Fedup ·

Their extended families will be placed in those now open positions.
Musical chair.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.