Dept. loof US oor ‘nuwe taalbeleid’

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die departement van hoër onderwys het die besluit deur die Universiteit Stellenbosch (US) om “toe te laat” dat onderrig in “Engels plaasvind” as ʼn “progressiewe stap” bestempel.

Die departement het Maandag in ’n verklaring gesê dat dit kennis neem van die “historiese skuif deur die universiteit om sy taalbeleid aan te pas en alle onderrig by die universiteit van Januarie 2016 in Engels te laat plaasvind”.

Die departement se verklaring strook egter nie met die verklaring wat ook Maandag deur die uitvoerende komitee van die US se raad uitgestuur is nie. “Aangesien die minimum-onderrigaanbod in Afrikaans en Engels slegs ná behoorlike beraadslaging deur ʼn raadsbesluit verander kan word, sal die taalspesifikasies soos reeds deur die senaat en die raad goedgekeur (en in die jaarboeke opgeneem) in 2016 in werking gestel word,” het George Steyn, US-raadsvoorsitter, gesê.

Die departement het intussen verder in sy verklaring gesê die “beleidsverandering” sal ʼn “beduidende uitwerking” hê om te verseker dat die deure van die universiteit oop is vir alle studente wat kwalifiseer én vir transformasie. “Die onlangse studentebetogings het gewys dat talle swart studente die taalbeleid by die Universiteit Stellenbosch beskou het as ʼn middel om hulle uit te sluit.”

Die departement het gesê hoewel Afrikaans die hooftaal is wat in die Stellenbosch-omgewing gepraat word en een van die land se amptelike tale is, is die universiteit ook ’n nasionale instelling en trek studente van oor die hele land. “Die visioenêre skuif sal ’n positiewe uitwerking hê op die sosiale en akademiese kulture van die Universiteit Stellenbosch.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

nico ·

Watch vir volgende jaar se verkiesing hoe dit gebruik gaan word wat die dept gaan doen en se verskil buiten dien van mekaar

J.Z ·

Hulle (die Dept) sal verheug wees want dit is weereens n oorwining oor die afrikaner en Afrikaans.die uitvoerend komitee van die US sal ook nog uitvind dat daar meer agter is as wat hulle dink.Die ANC se manier is om die helle hand te wil gryp en dan net een vinger te behou. net om volgende keer die hand te behou en so jy agterkom hy alles het.Die agenda is vernietig alles wat werk met transformasie.Indien nie saam stem met die stelling nie bewys my anders.

Johann ·

Transformasie: ‘n Proses waar die minderheid kan deelneem aan hulle ondergang…en goed voel daaroor….

Johann Marx ·

Flippie, en DIT….is wat blanke Suid Afrikaners nie verstaan nie. Ons klae en kerm oor regstellende aksie en diskriminasie……..maar die nuwe Suid Afrika is “nie-rassig”? Dis tyd dat ons by instansies instap en AANDRING om “nie-rassig” behandel te word. Ek stap by baie besighede in en dan klink dit so: “Good morning sir, can I help you?” “I don’t know if you can help me? Are you appointed because of your skills, or are you a BEE appointment because you’re black? If you’ve been appointed because you have skills, let’s see them…..but if you’re a BEE appointment please take me to someone that CAN assist me!!” Jy sal nie glo WAT se goeie diens ek kry nie……..en dit terwyl ek die grootste belediging uitdeel wat daar moontlik bestaan, deur direk vir ‘n persoon te vra of hy “useless” is oor sy ras?? Dis absurd….maar dit Afrika.

Gideon ·

Dis mos nou iets wat Solidariteit deur sy kundige regs-spanne kan aanvat. Stuur asb hierdie inligting deur na hulle.

HEVW ·

Dit wat aanleiding gegee het tot hierdie besluit is nie maar net die kleinere politiekgedrewe boewegroep nie,maar ook die ruggraatlose Afrikaner wat vroeer van die nasionaleparty n volksgod gemaak het en klakkeloos deur bedrieers in die afgrond meegesleur is. Die swyende massa dryf steeds weerstandloos saam en laat toe dat hul sito sito as volk vernietig word. Waar is die Afrikanerstudent, alumni, Afrikanergemeenskap,en die Afrikanerouerkorps en die universiteitsbestuur wat vir hierdie kosbare Afrikanererffenis in die bresse moes tree?????????????????????????????? Miskien te besig met maksimum eiebelang en gemaksug en handhaaf nog steeds die verlammende gees van voor 1994.

Gerhard Burger ·

Selfs ‘n matige ontleding van die aanloop en die heersende feite tot die taaldebakel aan die US sal uitwys dat daar ‘n politiek-ideologiese dryfkrag met ooreenkomstige doelwitte vorm aangeneem het. Nie van die rektor se kant nie, hy is as gevolg van ‘n duidelik afwesige ervaring en ook insig in die klandestiene hand wat hier toegetree het in so ‘n mate hierby ingesuig dat hy homself (integriteit) en posisie (rektor) op naïewe wyse op die spel geplaas het. Hierdie politieke doelwitte het in die minister van Hoër Onderwys begin vorm kry en op grondvlak begin vergestalt. Ons weet dat Afrikaans, al word dit deur meer nie-wit as wit gepraat en Afrikaners tel onder die ideologiese doelwitte. Kom jy Afrikaans by, kom jy outomaties die Afrikaner by. En om besondere redes – wat ongelukkig weens spasie daar gelaat moet word. Gelukkig staan beduidende hoeveelhede Afrikaanssprekers vas. Van Mitchells Plein tot in Musina. Soos bekend, die US raad het intussen die de Villiers-voorstell gestuit. Dit blyk egter nou dat de Villiers hakke in die grond kap en die gesag van die raad uitdaag deur te verklaar dat hy voortgaan met inwerkingstelling van hulle planne. Die vraag is: wat gaan die raad, wat die uiteindelike bevoegdheid het, doen? Indien die jongste berig oor de Villiers waar is, behoort die raad ‘n mosie van wantroue in hom te hanteer. Hierdie saak is baie ernstig en omvangryk, beide in terme van belange en regte en de Villiers en sy span se bedenklike hantering daarvan kan op geen manier regverdig word nie. Al swaai die minister – wat net hy weet waarmee hy sy dagtaak omkry, gat om tussen gelyke status vir Afrikaans en Engels ‘n rukkie terug tot die huidge verwelkoming van Engels as verstektaal, met verskaffing van dieselfde drogredenasie as de Villiers en sy span.

HEVW ·

Gedeon, srem, maar die swyende massa swyg steeds.Daar word teveel op die twee perde Solidariteit en Afri-forum gery en teruggesak in die gemaksones. Die volk, die totale gemeenskap moet op die voorgrond tree en baie duidelik hul stem dikmaak. Iewers in die gemeenskskap moet plek plek met vergaderings begin word en op bepaalde modusoperandi besluit word wat duidelik die boodskap dra tot hiertoe en niks verder nie.!!!!!!!!

Winston ·

Wens die land het meer mense van julle kaliber gehad. Dit sal beslis n boodskap oordra.

vermeende ·

Ek is glad nie moedertaal onderrig nie maar hoe kom die US daarby uit dat Engels die onderrig taal moet wees.
Hoe het dit gebeur dat Engels nou die dominante moedertaal in SA is.
Ek wonder hoeveel van die studente praat engels by die huis?
Duidelik is dit ‘n politieke aanval op Afrikaans!

Anna ·

Dit is defnieif polities van aard. Wim is ‘n pion.
Sy tydsbereken was ook so dat dit die studente wel leer met sy aankondiging moes ontstel.
Hoop die studente het kopgehou.
Sou hulle hierdie ding verder wil vat hoop ek die borge spring in en se hulle sal dit stop – dan sal jy darem ‘n ander storie sien.
Dalk het dit klaar gebeur – noudat hulle so skielik omgeswaai het en dit teruggetrek het.
Wonder hoe voel sy mede-kollegas. Kry hulle jammer.
Ons moet egter nou saamstaan want dit gaan nie stop nie.
Ek gee ‘n “link” vir die wat dit wil gebruik om ‘n petisie te teken.
Ek weet nie of mens dit hier mag doen nie, maar ek sal maar ‘n kans vat.

http://praag.co.za/?p=35097

Anna

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.