Departement moet opdok na motorfietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Richardsbaai moet deur die KwaZulu-Natalse departement van vervoer vergoed word nadat sy in ʼn motorfietsongeluk beseer is.

Lourika Boisson het Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangevoer dat haar hospitaaluitgawes R60 000 beloop en dit R43 000 sal kos om haar BMW-motorfiets te herstel.

Boisson was in Maart 2008 in ʼn ongeluk by ʼn spoedwal in Stanger betrokke. Volgens Boisson was die waarskuwingsteken, wat aandui daar is ʼn spoedwal, agter ʼn boom se takke weggesteek en was die spoedwal nie geverf nie.

Boisson het na die ongeluk nekrose, wat tot erge weefselverlies kan lei, opgedoen en moes ʼn veloorplanting ondergaan. Haar knieg is permanent vermink.

Adjunk-regterpresident Gregory Kruger het gelas dat die departement 50% aanspreeklik is vir die ongeluk. Die bedrag wat aan Boisson betaalbaar is, moet nog vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

david, is jy op die regte bladsy ou maat, die vrou moet hul roer vir nalatigheid, hoop sy word vergoed nav die ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.